Sibanye-Stillwater stel nuwe direkteure aan

Die Marikana-myn. (Foto: Sibanye-Stillwater)

Die mynreus Sibanye-Stillwater het Woensdag aangekondig dat hy twee nuwe nie-onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure aangestel het. Dié aanstellings tree op 1 Januarie in werking.

Die maatskappy het in ’n verklaring gesê Wang Bin en Lu Jiongjie is aangestel kragtens ʼn samesmeltingsooreenkoms wat in Augustus 2013 tussen Sibanye Gold en Gold One International Limited aangegaan is vir die verkryging deur Sibanye Gold van Gold One se Cooke en Ezulwini Operations.

Luidens die verklaring het Wang Bin meer as 20 jaar se ondervinding in ingenieursbestuur, operasionele leierskap, projekontwikkeling en korporatiewe sakeontwikkeling in die mynbou- en metaalbedryf. Hy is tans die adjunk-hoofbestuurder van Baiyin Nonferrous Group Co. Ltd waar hy aan die hoof van die oorsese beleggings en batebestuur is.

Baiyin is een van die voorste mynbouondernemings in China.

Lu Jiongjie is tans hoofbestuurder van Baiyin International Investment Ltd wat hy in 2013 gestig het as Baiyin se platform vir oorsese belegging en bestuur.

Luidens die verklaring het dié maatskappy gegroei tot die huidige grootte van ongeveer $ 400 miljoen se beleggings onder bestuur en skuldfinansiering onder Amerikaanse bestuur van $ 800 miljoen, namens die Baiyin-group.

Jiongjie het voorheen gewerk as ʼn medewerker en direkteur van Long March Capital waar hy aan verskillende myntransaksies deelgeneem het, waaronder ʼn belegging van $ 635 miljoen deur ʼn Chinese konsortium in 2011, gelei deur Baiyin, om Gold One te bekom.

“Die direksie verwelkom Bin en Jiongjie in die maatskappy en sien uit na hul waardevolle bydrae,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

…. werklik? So kry liefste Sjina ‘n houvas-wurgreep op ons mynboubedryf… van een kaping na ‘n ander. Koebaai SA..

jean ·

Sien ek weer dat die Chinese bedrywig is?……Hulle besit in elk geval amper die hele land…

Thinus ·

En so word die land stuk-stuk aan China oorgegee. Als te danke aan ‘n onbevoegde sosialistiese vryheidsbeweging wat nie’ n clue het oor hoe om’ n land te bestuur nie. Wonder hoeveel geldgierige ANC vingers is weer in daai paai.

Albert ·

Vat die land oor sonder om n skoot te skiet nie, as hulle die beheer oor ons myn bedryf kry is dit koebaai Meraai

pietie ·

die Chinese besit grootste deel van SA se myn bedryf dink julle our people bele in die mynbedryf… julle moet wakker skrik as julle wou kla daar oor…..

F du Bruyn ·

Wanneer begin die vervanging van plaaslike arbeid met Cjinese?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.