Sibanye verbind hom tot veiligheid

Argieffoto

Sibanye-Stillwater het Woensdag erken dat die agteruitgang van veilige werksomstandighede by sy ondergrondse bedrywighede nie aanvaarbaar is nie, en het homself verbind om veiligheid te verbeter en te herstel.

ʼn Gedenkdiens is Woensdag gehou vir vyf mynwerkers wat gesterf het as gevolg van blootstelling aan gas en hitte by Sibanye se Kloof Ikamva-myn nadat hulle verlede week ʼn verlate skag betree het.

Die departement van minerale hulpbronne het die waarnemende hoofinspekteur van myne opdrag gegee om ondersoek in te stel oor Sibanye se veiligheidstandaarde, aangesien 20 mynwerkers reeds sedert Februarie vanjaar in nege voorvalle gesterf het.

Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye, het gesê die maatskappy is “ontsteld” oor die verlies van hul werkers die afgelope paar maande. “Dis vir ons almal baie sleg as ons werknemers beseer word of sterf as gevolg van veiligheidsvoorvalle. Alhoewel ons nie die skade kan herstel wat plaasgevind het nie, sal ons steeds die families na die beste van ons vermoë bly ondersteun in hul rouproses,” het hy in ʼn verklaring gesê.

“Die veiligheid van ons werknemers bly ons primêre doelwit en, as dit nie veilig is om te werk nie, verwag ons dat die toestande herstel sal word voor die bedrywighede sal hervat. Daar is omvattende bewyse dat goedgeorganiseerde werksplekke veilig en produktief is; en dit is ons doelwit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris Ws ·

As ‘n afgetrede myner vra ek weer HOE kon daai werkers wat oorlede is ‘n uitgemynde area wat volgens wet afgeblok moes wees ,betree het?Werkers word opgelei on NIE in uitgewerkte areas in te gaan nie agv die groot gevare wat dit inhou.Iemand moet die skuld dra hiervoor.

DV ·

Vchris W S, ek stem volmondig met jou saam.
Maar jy weet hoe harthorend werkers kan wees. Iets om weg te steek.

DV ·

Chris W S, ek stem volmondig met jou saam.
Maar jy weet hoe harthorend werkers kan wees. Iets om weg te steek.

Andre ·

Ek is al amper 12 jaar in veiligheid. My advies, gaan kyk na hul finansiele boekke. Kans is groot dat daar bietjie ‘rowwe waters’ is. Ek gee nie om wat hulle probeer se nie, feit is dat daar altyd ‘n stoeiery sal wees tussen produksie en veiligheid. Mense is net jammer oor hul gevang is, nooit as hul daarmee wegkom nie.
Kwaliteit = Produksie = Veiligheid! As jy een meer waardig probeer heg gaan jy verloor…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.