Sibanye vra nog ʼn hofbevel teen stakers

Amcu is al van die vier vakbonde by Sibanye-Stillwater wa nog staak. Foto: Amcu, Twitter

Amcu beskuldig Sibanye-Stillwater daarvan dat dié mynmaatskappy die vakbond se staking wil verbied en voer aan die maatskappy het uit die staanspoor onderduimse taktiek gebruik om die vakbond arbeidsoptrede in ʼn slegte lig te stel.

Sibanye-Stillwater het Dinsdag ʼn aansoek by die arbeidshof in Johannesburg ingedien vir ʼn hofbevel wat lede van Amcu sal verbied om hul vier weke lange staking voort te sit.

Nagenoeg 15 000 Amcu-lede het op 21 November by Sibanye-Stillwater se goudmyne in Suid-Afrika begin staak. Die staking word deur geweld en intimidasie gekenmerk. Drie mense is dood en talle beseer by die maatskappy se Beatrix-, Kloof- en Driefontein-myn.

Sibanye het 32 200 mense in diens by sy Suid-Afrikaanse goudmynbedrywighede. Amcu verteenwoordig 43% van dié werknemers.

Die vakbond beskuldig Sibanye se top-bestuur daarvan dat hulle lede van opponerende vakbonde werf om Amcu se bedingingsmag te verminder.

Die maatskappy voer aan Amcu verteenwoordig nie meer die meerderheid van die werkers by sy goudmynbedrywighede nie omdat Num, Uasa en Solidariteit nou altesaam 49% verteenwoordiging in die bedingingseenheid het.

Uitspraak in die arbeidshof is voorbehou en die staking duur voort. Sibanye het in November ʼn hofbevel verkry om geweldpleging deur Amcu-lede stop te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.