Sibanye-werkers veilig na oppervlak gebring

Argieffoto

Ongeveer 1 800 myners by Sibanye-Stillwater se Thembelani-skag in Rustenburg is veilig na die oppervlak gebring.

Die maatskappy het Woensdag in ʼn verklaring gesê verdere inspeksies “op die skag-infrastruktuur onder die 15de vlak sal nou volg ná alle werknemers veilig is”. Die werkers is van die 14de vlak af na die oppervlak gebring.

Maroela Media het vroeër berig dagskofwerknemers moes Dinsdag ondergrond bly ná ʼn spoor, wat ondergrond vervoer is, losgekom en in die skag afgeval het. Die maatskappy moes eers ʼn inspeksie doen om te bepaal of die skag strukturele skade opgedoen het voor die werknemers veilig na die oppervlak gebring kon word.

Geen beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.