Sibiya kry tweede kennisgewing van skorsing

valkeGenl.maj. Shadrack Sibiya, hoof van die Valke in Gauteng, het vir ʼn tweede keer ʼn kennisgewing van skorsing ontvang.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die kennisgewing is persoonlik aan Sibiya afgelewer en dat hy vyf dae het om daarop te antwoord.

Sibiya het Woensdag die arbeidshof in Johannesburg genader in ʼn poging om redes te kry vir sy eerste skorsingskennisgewing. Die saak is egter laat vaar nadat die Valke die kennisgewing teruggetrek het.

Volgens Mulaudzi is die eerste kennisgewing teruggetrek na aanleiding van Sibiya se antwoord daarop. “Die waarnemende hoof van die Valke het Sibiya se antwoord deurgewerk. Sibiya het gevra hoekom daar geen bewyse is nie. Die bewyse is in die tweede kennisgewing ingesluit.”

Die voorneme om Sibiya te skors hou glo verband met sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs.

Kol. Leslie Maluleke, ʼn senior lid van die Valke, het glo ook verlede week ʼn kennisgewing van skorsing ontvang terwyl Anwa Dramat, hoof van die Valke, op 23 Desember geskors is vir sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lillian ·

Het so gedink … hy is geskors omdat hy sy werk gedoen het!

Wanneer gaan hierdie slapgat regering in ons land besef dat dit die onwettige immigrante van oral in Afrika is wat ons land se misdaad so laat opskiet?

O ja, ek het vergeet, julle het mos hordes lyfwagte waarvoor ons landsburgers moet betaal, so julle voel nie misdaad soos ons gewone mense nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.