“Siek” Selebi doen inkopies in PTA

Jackie-SelebiJackie Selebi, voormalige polisiehoof en veroordeelde misdadiger wat in 2012 op mediese parool vrygelaat is omdat hy glo kritiek siek is, is Sondag afgeneem waar hy in Pretoria inkopies gedoen het, het Beeld Maandag berig.

Hy het in sy luukse BMW 6-reeks rondgery en ʼn sentrum in Monumentpark besoek waar hy ʼn Sondagkoerant gekoop het. Selebi het met ʼn paar mense gesels voordat hy sy koerant gekoop het.

Volgens Beeld het hy sonder enige ondersteuning geloop en wil dit voorkom of hy gesond is.

Toe verslaggewers hom ʼn paar uur later gebel het om navraag te doen oor sy gesondheid, het hy gesê hy voel bietjie beter en hoop dat sy toestand verder sal verbeter.

Selebi het gesê sy siekte hou hom by die huis en verhoed hom om self te bestuur. ʼn Jong man het sy motor bestuur.

Die mediese paroolraad het besluit om Selebi op 20 Julie 2012 vry te laat, aangesien hy glo aan onomkeerbare nierversaking, hoë bloeddruk en diabetes ly. Sy skielike agteruitgang het onafhanklike dokters destyds verbaas. Hulle het gesê nierversaking is gewoonlik ‘n siekte wat ʼn lang aanloop het. Sibusiso Ndebele, die minister van korrektiewe dienste, het tóé gesê Selebi word huis toe gestuur omdat daar nie geriewe in die gevangenis is om terminaalsieke gevangenes te versorg nie.

Selebi is op 3 Augustus 2010 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy omkoopgeld van die veroordeelde dwelmhandelaar, Glenn Agliotti, ontvang het.

Hy het in Desember 2011 by sy huis ineengestort na sy finale appèl misluk het.

-SAPA

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

annette ·

nog n shabbier scheik op ons hande. netnou raak hulle genuine siek en sal hulle nie ontslaan word nie. ek kan nie glo ons mnse is so gullible nie. is daar dokters notas

Meneer ·

Sy skielike agteruitgang het my glad nie verbaas nie. Die simptome is tipies van veroordeelde kriminele. Maar gelukkig geniet hierdie mense puik mediese sorg en herstel gewoonlik wonderbaarlik nadat hulle op mediese parool vrygelaat word. My voorstel: maak die hospitale toe en bou nog tronke. Dink net hoeveel ongeneeslike siektes kan wonderbaarlik genees!!

Amy ·

Hy lyk baie gesond vir my. Stuur hom maar terug tronk nie. Wat goed is vir ander, is goed vir hom. Maar nou ja, hy is mos Zuma se aangenome boetie. Hy sal vry bly.

Eben ·

As die Waterkllof manne kon terug gaan kan die perd ook terug?

Kyk ons as blankes kan skree/vloek/gil en mal raak maar niks gaan gedoen word. Soos die anc regering sal doen is dat al die lawaai oor sal wees oor n week dan skree/vloek/gil ons weer oor iets anders. Die man weet meer as wat ons vermoed van die anc en zumie en dis hoekom daar niks sal van kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.