Sieklike Suid-Afrikaner (92) geforseer om Brittanje te verlaat

Myrtle Cothill (regs) en haar dogter, Mary Wills. Foto: Steve Reigate via The Guardian Online

Myrtle Cothill (regs) en haar dogter, Mary Wills. Foto: Steve Reigate via The Guardian Online

Myrtle Cothill, ʼn 92-jarige weduwee wat in Suid-Afrika gebore is maar nou in Brittanje by haar enigste dogter woon, word moontlik deur afgedwingde deportasie in die gesig gestaar, ondanks haar swak gesondheid.

Volgens ʼn berig in The Guardian ly dié bejaarde vrou aan hartprobleme, sigverlies, gehoorprobleme en het sy geen familie in Suid-Afrika nie. Haar dogter, Mary Wills (66), versorg haar al sedert Februarie 2014 weens haar swak gesondheid.

Ten spyte van dié gesondheidsprobleme het Cothill onlangs ʼn brief van Capita ontvang wat haar ingelig het om onmiddellik planne te maak om die land te verlaat nadat haar visumaansoek nie geslaag het nie.

Capita is ʼn private firma in diens van die Britse departement van binnelandse sake met die opdrag om toe te sien dat mense wat langer vertoef as wat hul visum bepaal, voldoen aan visumvereistes.

Ann Widdecombe, voormalige Tory-parlementslid, het gesê dié besluit van die immigrasiekantoor is uiters harteloos. “In dié geval tree die reëls op as ʼn wrede baas eerder as iets wat die mense bedien en nuttig is.”

Saira Grant, beleidsdirekteur van die gesamentlike raad vir die welsyn van immigrante, sê weens nuwe wette sal Cothill so te sê moet kan bewys dat sy op haar sterfbed is om deportasie te verhoed. Sy sê Cothill se gevorderde ouderdom en swak gesondheid is nie genoeg om deportasie vry te spring nie.

Cothill se dogter het intussen gesê sy sal die beslissing teenstaan. “My ma het haar vingers tot op die been gewerk om vir my te sorg as kind. Hoekom kan ek nie vir haar sorg op haar oudag soos sy vir my gedoen het toe ek jonk was nie? Sy is nie ’n bedreiging vir enigiemand nie. Dit is verkeerd om ons te skei.”

Wills sê sy kan ook nie in Suid-Afrika na haar ma omsien nie, omdat sy nie wettiglik geregtig is om hier te woon nie. Boonop het sy ʼn siek eggenoot in Brittanje om na om te sien.

Cothill het aan The Guardian gesê sy wil nie na Suid-Afrika gedeporteer word nie omdat sy nie gesond is nie en niemand hier ken nie. “Ek wil regtig nie gaan nie. Ek ken niemand daar nie en is ook nie gesond om te reis nie. Ek is baie ontsteld hieroor – ek is 92 en siek. Ek wil by my dogter wees,” het sy gesê.

Wills het intussen ʼn petisie saamgestel om haar ma in Brittanje te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

SNEL ·

Ja, ek dink die gras lyk net altyd groener aan die ander kant van al die s….. Dit sal nou baie ongevoelig wees as hulle die tannie terug stuur waar sy niemand eers meer het nie. Wat gaan die besluit nie aan haar gesondheid doen nie?

Boertjie ·

Dit is hardseer , maar die feit bly staan sy is onwettig in n land en die regering doen hulle werk. Britanje het reels en as dit gevolg word sal daar nie probleme wees nie. Ek het self jare gesukkel met my visums etc. Persoonlik dink ek ouderdom het niks met die storie te doen nie 18 jaar of 100 jaar hier is reels en die dogter kon al jare terug die probleem uitgesorteer het aangesien sy nie in SA mag bly nie neem ek aan sy het n britse paspoort so daar was geen rede om die probleem te kan uitsorteer nie.

Berhalet Beukes ·

Persoonlik dink ek dat hulle empatie kan toon aangesien ons ou mensies ‘n lopende teiken in SA is. Hoekom deporteer hulle nie die SA studentjie wat so bekkig is nadat hy ‘n Rhodes beurs ontvang het om by Oxford te studeer nie?

Berhalet Beukes ·

Siende dat dit ‘n internasionale platform is en hulle vra waarom jy die petisie teken dink ek dis ‘n PUIK idee om mense van ons land se moorde bewus te maak!

Boertjie ·

Berhalet Beukes, jammer verstaan nou nie mooi nie ek is reeds teen die idea dat mense die petisie teken . Ek stem saam met jou oor die moorde spesifiek die plaasmoorde boere moet hulle families meer te kan beskerm teen ongewenste gaste.

Mike ·

NIKS WAT TEEN DIE VK GESE WORD PUBLISEER JULLE NIE MAROELA, SMAAK MY DAAR IS IETS WAT NIE LEKKER IS NIE?

Sune van Heerden ·

Dagsê Mike

Slegs kommentaar wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word afgekeur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peet Schabort ·

Mike, daarom is my kommentaar ook weggeskiet. Moes seker maar net gesê het Siriërs is welkom.

Gideon ·

Dit is verstommend!! My pa sou gesê het, wat beter kan mens van ‘n Engelsman verwag!!

John ·

Sy sal nie op ‘n vliegtuig toegelaat word nie. Sy is te oud.

SNEL ·

Dan sal hulle haar met die boot stuur, maar gaan sal sy moet gaan as daai klomp so besluit het.

Shannon ·

Ek kan werklik nie sien waarom die vrou nie ewe bekwame behandeling kan verwag in Suid Afrika nie. Die hospitale is van die beste in die wereld en bonop goedkoop. En sy sal tuis voel, tussen haar eie mense in haar eie land. Kom terug antie, ons mis jou.

albert ·

Die VK sal derduisende muslims inneem,maar vir n 92 jarige ou dame sien hulle nie kans nie???!!???

Jay Strauss ·

Gn wonder die mense wil van hulle ontslae raak nie, hulle is dan net n ou siek spul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.