Siekte oorsaak van vertraging by King Shaka

Minstens tien vlugte kon nie betyds van die King Shaka-lughawe vertrek nie. Foto: Verskaf

Dinsdagoggend se groot vertragings op die King Shaka Internasionale Lughawe, noord van Durban, was weens die ongesteldheid van personeellede van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se tegniese afdeling (SAAT).

Collin Naidoo, King Shaka se senior bestuurder van korporatiewe sake, het Dinsdagoggend gesê toe die eerste vlugte van 06:00 moes begin opstyg, is vasgestel daar is geen ingenieur van die SAL op die lughawe om seker te maak die Boeing 737-800’s voldoen aan veiligheidsvereistes nie.

SAAT het 24 ingenieurs wat in Durban gebaseer is om vliegtuie te inspekteer voordat hulle opstyg. “Hierdie inspeksies is om seker te maak dat die vliegtuie in ʼn lugwaardige toestand is om beplande vlugte te onderneem,” het Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, by navraag aan Maroela Media gesê.

Hy verduidelik ingenieurs het verskillende lisensies wat hulle in staat stel om uitlopende soorte vliegtuie te sertifiseer.

Dit was die gevolg van ʼn ongelukkige situasie waar die span onverwags weens siekte ʼn tekort aan personeellede ervaar het.

“Vanoggend se voorval, die eerste van sy soort vir ons tegniese span, was die gevolg van ʼn ongelukkige situasie waar die span onverwags weens siekte ʼn tekort aan personeellede ervaar het, ten spyte van gebeurlikheidsplanne om so iets te vermy,” sê Tlali.

“Dit het daartoe gelei dat ʼn gelisensieerde tegnikus nie beskikbaar was om twee lugrederye se Boeing 737-800’s af te teken nie. Die SAL se eie vlugte is egter nie beïnvloed nie omdat ons nie met Boeing 737-800’s vlieg nie.”

SAAT lewer dié tegniese diens aan twee ander lugrederye wat Boeing 737-800’s gebruik.

Ons het vinnig ʼn gelisensieerde ingenieur vir die betrokke soort vliegtuie na Durban gestuur.

Tlali sê hulle is opreg spyt oor die ongerief wat passasiers Dinsdagoggend moes verduur. “Ons het vinnig ʼn gelisensieerde ingenieur vir die betrokke soort vliegtuie na Durban gestuur, wat teen 07:00 daar was om die vertragings te verlig en die situasie reg te stel.”

Hy sê die ingenieurs is nie aan die staak nie. “Wanneer ons operasionele vertragings verwag, doen ons die nodige stappe om ons kliënte, belanghebbendes, vennote en die breë publiek daaroor in te lig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Niklaas ·

Ek wonder nou net….het al 24 ingenieurs in Durban saam siek geraak ?

Slaan jou naam met n plank ·

Lees weer die berig. Die keer behoorlik. Nie alle ingenieurs mag alle vliegtuie afteken nie.

Willehond ·

Enige iemand in die land kan so n ou papiertjie afteken! Dis mos n papiertjie! Kry die hekwag, eks seker hy sal nie omgee nie.

O aarde ·

Dis toevallig! Almal gelyk siek? Daar is seker erens weer ‘n vakbond betrokke oor een of ander kwessietjie wat niks met die voorvlug inspeksie te doen het nie.

Hendrik van George ·

Korrek. Die SAAT werknemers is laaaankal gat vol…..

Janneman ·

So terloops …. dit was Bonus uitbetaling die 27 ste ….. ;)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.