Siekte verhoed Ramaphosa om na DRK te reis

President Cyril Ramaphosa
(Oktober 2018) Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die presidensie het Dinsdag laat hoor dat pres. Cyril Ramaphosa ʼn reis na die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) uitgestel het nadat hy met boonstelugweg-infeksie gediagnoseer is.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê Ramaphosa en pres. Joseph Kabila van die DRK sal in ʼn latere stadium ooreenkomste bekragtig wat tussen die twee lande gemaak is tydens die 11de sessie van die binasionale kommissie (BNK) wat tans aan die gang is in Kinshasa.

“Die president sou Maandag 15 Oktober na Kinshasa gereis het, maar is deur dokters aangeraai om eers van ʼn boonstelugweg-infeksie te herstel voor hy so ver reis. Die president ontvang mediese behandeling en herstel goed,” het Diko gesê.

Volgens Diko is die Suid-Afrikaanse regering in gesprek met die regering van die DRK rakende die verandering in Ramaphosa se skedule.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

linda ·

liefste Rama,
waar stuur ons vir jou ‘n vrugte mandjie en blommies?
asseblief!

IK ·

Moenie siek word nie, SA het jou nodig.
Ek wonder net waar sit mens se onderstelugweg?

Hansie ·

Ek is seker hy was nie in n staatshospitaal of by buitelandse dokters nie

humor ·

IK praat jy nou van sy uitlaatstelsel. Jy met jou hoe IK behoort tog te weet.

Nou ja Toe. ·

Zupta het dié mister goed geleer.
Sodra die land brand…is hy óf in die buiteland….óf hy trek n Schabir Shaike.

Jax ·

Ek wens meer mense wil by die huis bly as hulle siek is! Boonste lugweg-infeksie is nie sommer iets waarmee jy kan speel nie. Dit is aansteeklik en kan jou lewe baie vinnig in gevaar bring! Baie rus, goeie medikasie en baie vloeistof is die beste!
Sterkte aan almal wat nou daarmee sit. Ek het self deurgeloop en sukkel nou al vir 2 maande om die gehoes af te skud! Daar is mense wat al baie langer ly.
Ramaphosa se dr het hom goeie raad gegee!
Goeie gesondheid is uiters belangrik – ek wens mense kan besef hoe vinnig dinge kan versleg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.