Sielkundige waarneming gevra vir pa wat dogter glo verkrag, vermoor

Die staat het gevra dat die man, wat glo vreemde gedrag toon, vir sielkundige waarneming gestuur word. (Foto: Nasionale Vervolgingsgesag)

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

ʼn 27-jarige Oos-Kaapse pa wat daarvan beskuldig word dat hy sy tweejarige dogter verkrag en vermoor het, bly agter tralies nadat hy vir ʼn tweede keer in die hof verskyn het.

Die man van Zwelitsha het verlede Maandag vir die eerste keer verskyn, nadat inwoners hom in hegtenis geneem en aan die polisie uitgelewer het. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy 20 maande oue dogtertjie verkrag het. Die peuter is ná die beweerde voorval na ʼn hospitaal gehaas, waar sy dood is.

Die aanklaer het verlede week gevra dat die man vir sielkundige waarneming gestuur word, omdat hy aggressief is en vreemde gedrag toon. Dit sluit in dat hy hom in die aanhoudingselle met ontlasting besmeer, sê Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap.

Die man het boonop Maandag aan die hof ʼn ander naam verskaf.

Aanklaer Justice Tsala het gister aan die hof gesê die plaaslike gesondheidsentrum het gevra om ʼn brief aan die Mthatha-streekhospitaal te stuur, sodat hy daar sielkundige waarneming kan ondergaan.

Nadat die beskuldigde van sy regte ingelig is, het hy aanvanklik gesê hy wil sy eie verdediging behartig omdat sy “geloof nie toelaat dat iemand namens hom lieg nie”. Terwyl ʼn tolk besig was om hierdie stelling te vertaal, het die man van plan verander en gesê hy het nie geld nie, maar benodig die dienste van ʼn “behoorlike en eerlike prokureur met ʼn bewese geskiedenis”.

Landdros Fika Mgudlwa het die saak uitgestel sodat die man regshulp kan bekom. Die hof het geen bevinding oor die sielkundige waarneming gemaak nie.

Volgens Tyali moes die polisie die beskuldigde daarna na die aanhoudingselle terugsleep, nadat hy geweier het om die hofsaal te verlaat. “Hy het daarop aangedring dat ʼn regsverteenwoordiger dadelik beskikbaar gestel word sodat sy saak afgehandel kan word.”

Volgens die NVG het die beskuldigde voor die dogtertjie se dood glo gewelddadig teenoor familielede opgetree en na bewering selfs probeer om sy ma te verkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Porseleintjie ·

Laat almal dan maar verkrag en vermoor en kruip ook agter een of ander afwyking weg. Dis tyd dat die regte strafstelsel vir sulke dade terug gebring word. SA is n moord hool sonder geregtigheid.

Racheltjie Debeer ·

Ek stem saam. Bring die doodstraf terug, want hierdie soort mense behoort gehang te word. Hoe siek en sadisties moet jy wees om ‘n kind te verkrag.

Misky ·

So hy het reeds erken hy wil en gaan lieg, wil dit net self doen. Siek vent en baie van sy soort daar buite.

Erika ·

N PA wat sy eie DOGTER verkrag …Dit is absuluut siek Dit is Suiwer Boosheid
Bring doodstraf terug

Sheree ·

Oh nee jitte… Hy het nie net hulp nodig nie.. Die ou is van sy loodjie getik.

Miena ·

So lank as wat die MRK in SA bestaan – sal hierdie tipe gedrag en aktiwiteite net voortduur en daar sal net na die “Reg van die mens” (oortreder of vermeende oortreerder) omgesien word. Maar die “Reg van die aangetaste persoon” word agterwee gelaat en min tot geen hulp vir daardie ene wat nie kan (of mag) praat nie – dit sluit kinders (babas, peuters, kleuters), bejaarde mense en diere in. Ek se mos nog altyd Elkeen vir homself en die duiwel vir almal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.