Sielkundige waarneming vir pa wat glo seun aan die brand steek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa wat van moord aangekla word nadat hy glo sy 31-jarige seun in ʼn kamer in Tzaneen in Limpopo toegesluit en aan die brand gesteek het, moet sielkundige waarneming ondergaan.

Die verdagte, Jan Shingange (65) is verlede Vrydag in hegtenis geneem.

“Die pa en seun het vermoedelik verlede Donderdag begin stry, waarna die pa verdunner in die seun se kamer gegooi het,” het kol. Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. “Die seun was nog in die kamer toe die pa glo die brand gestig het.”

Die seun kon uit die brandende kamer ontsnap en is na die hospitaal geneem met ernstige brandwonde. Hy het egter Sondag in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die man moet weer op 20 Junie in die Ritavi-landdroshof verskyn.- SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Is daar iewers n grens tussen barbarisme en sielkundige gestremdheid ?

Elizabeth ·

Ek verstaan glad nie meer die wêreld nie. Die mens se optrede raak erger en enigiets kan dit “trigger”. Geweld blyk ‘n oplossing vir absoluut enigiets te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.