Sien die goeie in SA, vra Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa (18 Februarie 2021) (Foto: GCIS)

Mense moet die positiewe in Suid-Afrika en Suid-Afrikaners raaksien eerder as om heeltyd op die negatiewe te fokus, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag in sy repliek op die debat oor die staatsrede gesê.

Hy was in Kaapstad tydens die debat, maar het die eerste Suid-Afrikaanse president in die geskiedenis geword om hom nie te verwerdig om die debat oor sy eie staatsrede by te woon nie.

Hy het ook nie ‘n enkele verwysing na enige van die sprekers in die debat of enige spesifieke insette deur enige sprekers in die debat gemaak nie, sodat dit glad nie ‘n repliek op die debat was nie, maar ‘n tipe tweede toespraak.

Ramaphosa se kernboodskap was dat Suid-Afrikaners “moet terugsit en die koffie inadem”, besef wat goed is aan en in die land, en staat maak op die land se krag om die land se swakhede te oorkom. Hy het gesê vordering in die oorkoming van uitdagings beteken nie bloot onophoudelike vooruitgang nie, maar ook om struikelblokke baas te raak.

Hy het voorts twee aankondigings gemaak in die toespraak, wat ‘n uur geduur het. Eerstens gaan Suid-Afrika ‘n “Platinumvallei” vir navorsing en verwerking van onder meer platinum en waterstof vestig, in klaarblyklike navolging van die Amerikaanse Silicon Valley in die deelstaat Kalifornië.

Tweedens het hy aangekondig dat ‘n taakspan onder leiding van die minister van hoër onderwys en opleiding, dr. Blade Nzimande, aangestel is om ‘n groep Suid-Afrikaanse wetenskaplikes byeen te voeg om entstowwe vir hierdie en toekomstige pandemies hier te lande te ontwikkel.

Ramaphosa het Suid-Afrikaners gemaan om nie grondhervorming en verhoogde landbouproduksie as wedersyds uitsluitend te sien nie. Die een moet volgens hom lei tot die ander.

Voorts het hy lank stilgestaan by die feit dat die eerste inentings in Suid-Afrika teen die koronavirus Woensdag in die Kaapse voorstad Khayelitsha plaasgevind het, waar hyself ook ingeënt is.

Hy het mediese personeel gehuldig, en gesê die Suid-Afrikaanse regering het die land se inwoners gehelp deur die gesondheidsrisiko met inperking te beperk en deur ondernemings met toelaes te ondersteun.

In ‘n teken dat opposisielede se insette tot die debat wel impak gehad het al kon die staatshoof nie so ver kom om dit te beantwoord nie, het Ramaphosa gesê die opposisie was beledigend en dat selfs ‘n dwaas terugskouend wys kan wees.

Hy het Suid-Afrikaners versoek om nie die land se bates te vergeet nie, waarvan die inwoners die grootste bate is.

So byvoorbeeld het Suid-Afrikaners reeds ventilators en beskermende mediese toerusting begin vervaardig, wat tans uitgevoer word.

Ramaphosa het onderneem dat entstowwe behoorlik versprei sal word en dat die wyd voorspelde chaos en wanpraktyke nie sal voorkom nie.

Die staatshoof wil spesifieke aandag gee aan die teleurgestelde jeug. Hy het onderneem dat die fokus op vroeë kinderontwikkeling nie verslap sal word nie.

Voorts het Ramaphosa gesê die klem op Covid-19-entstowwe sal nie minder klem op antiretrovirale middels beteken nie.

Meer staatstenders sal aan vroue toebedeel word, het hy belowe.

Toerisme is volgens hom belangrik en die uitbreiding van e-visums sal hierdie sektor help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Werner ·

Die dag as die ANC waai en nie meer daar is nie sal daar eers weer iets goeds wees om te sien.Ons is nie almal onnosel nie.En as ons ons self weer kan regeer.

Cherokee ·

Jy hoop. Mense het gedink as Mugabe uit die prentjie is, sal Zimbabwe herstel. Hierdie is Afrika. Die groot gros stemme is te dig om uit Afrika te leer. Polities gesproke sal dit slegs erger gaan.

Werner ·

Ek is nie so naïef om te glo dat enige swart regering ons goedgesind gaan wees nie.Ons gaan ook nie ons onafhaklikheid deur politiek of onderhandeling kry nie.Ek stem 100% saam met jou.

Werner ·

Stem 100% saam.Politiek se dae is getel en ons is op ons eie.

Dirk Mostert ·

Ons toekoms lyk duister, maar Siener van Rensburg het hierdie tye gesien en ook dat die wiel gaan draai. Eers moet daar in Europa politieke veranderings na regs intree (die migrante help fluks daarmee).

Jack ·

Mens sal ‘n baie sterk vergrootglas nodig om die goeie in ANC wanregering raak te sien

Estelle ·

Wat is jou goed Ramaphosa? Die ekonomie is op die rand van ineenstorting (jou sakke is dalk vol geld, maar dis omtrent net die kaders wat geld het, o ja en die ministers). Daar is honderde moorde elke dag, (sommige gruwelik soos sommige van die plaasmoorde) die paaie is vol slaggate, ons water is besmet met riool, Eskom op rand van bankrotskap, ens ens. Vertel vir ons wat maak jou positief Ranaphosa -jou bankbakans?Of jou sekuruteit?

annie ·

CR moes ‘n skoolhoof geword het. Toe dagga mode word wil ons daggaplantasies plant en plant en nou gaan ons mosterd na die maal entstoflabs oprig wat nie min geld gaan kos nie in blye afwagting op die volgende pandemie(s)… beman deur? Drie raaie? En grondhervorming; nog ‘n rugbyveld vir die skool se eerstespan na sy goeie prestasies oor die afgelope 25 jaar… danksy die flinke onderhandelinge deur julle weet wie. Dit alles voor afwesiges in groot getalle. Wag tot volgende week as die spaarvarkie omgekeer word, vir daai skeelhoofpyn…

Jaco ·

Waarom is ramaphosa dan so lelik met wit mense? Ek wens eintlik hy wil net klaarmaak met ons wittes wat alles so “ongelyk” maak en ons deporteer na Europa, Amerika, Kanada en Australië. Eerlikwaar, eks bereid om met niks en op ouderdom van 53 heeltemal van vooraf in enige van daardie lande te begin. Hoe Biden, groot vriend van ramaphosa, is nou in beheer van Amerika en hy hou van oop grense, oop immigrasie en hy praat selfs onwettige immigrasie goed. So ramaphosa kan sommer met sy vriend Biden onderhandel om asseblief al ons wit mense te vat. Daarna sal alles dan mos gelyk wees in SA. So ‘n aksie sal ook dien as bewys van hoe besorg Biden oor menseregte is.

Nie Verbaas ·

Ek sal gemaklik in enige Europese land oor begin. Suid Afrika sal dieselfde roete as Zimbabwe gaan as al die wittes weg is uit die land. Ons is alreeds op pad soontoe. Vordering sal net baie vinniger wees.

Johanncb ·

Is daar enige “goeie punte” waarop die President kon klem lê?

Mariana ·

Laat my dink aan destydse advertensie van Disprin, die hondjie van kef en kef en wat hoofpyn gee. Hy is regtig pateties en het seker net met our people gepraat, dis al wat hy doen praat en swak besluite neem. Hy en sy ANC swem in die geld van hardwerkendes se belasting en dan wil hy steeds sê ons moet positief sien, nee regtig. Hy sien nie die mense van die land se swaarkry elke dag nie

Aikie ·

Dit help nie jy kyk na die goeie op die horison terwyl die diewe en moordenaars jou goed om jou wegdra nie. Jy begin by die goed wat onse liewe pressie graag wil ignoreer. Ek dink ons Solidariteit het die regte idee. ONS SAL SELF!

Anel ·

Nou wonder ek net wat rook hy? Moet sterk hallusinasies veroorsaak!!

Rentia ·

So… Die regering kan opneuk en weereens moet privaat maatskappye diep delf om te help. In soveel woorde TERS moet ophou so privaat maatskappye moet begin instaan Hoe doen mens dit as jou besigheid VIR jou gesluit is? Waar moet jy die geld vandaan kry as 3 miljoen sonder werk sit, danksy jou besluite CR? Verseker was die eerste vlak 5 baie nodig. Die res is debateerbaar. Veral die “advanced level 3” tans…
Entstowwe vir toekomstige pandemies? Right… Jy het dan in droomland geleef tot jy MOES begin besluite neem CR.. Waar gaan jy begin en waarvoor ontwikkel? WIE gaan die grappie befonds? Teleurgestelde jeug? Wat het jy anders verwag?

Dirk Mostert ·

Miljoene dosisse entstof vir H1N1 is deur regerings aangeskaf en nooit gebruik nie. Maar hulle leer nie.

Truthful ·

President jy skuil agter die covid 19…ons gee nie meer .n duiwel om oor die virus…als om ons Tuimel in…ons het hoop verloor in jou lankal…praat is al wat jy doen…ons mense in SA moet vir al die kakkas wat anc doen kurupsie betaal..krag gaan op met 16%…hoe positief???? SAA is nie .n winsgewende lugredery nie…mense word met tax geld betaal..ons geld..urrgggg

AJ ·

Dis baie moeilik om positief te wees as jou land op die randjie van bangkrotskap staan…

Nie Verbaas ·

Verduidelik asseblief vir ons wat is nog goed in Suid Afrika nadat ANC absoluut alles verwoes het en nog steeds aangaan om te verwoes meneer Ramaphosa.

Truthful ·

En as oud president Zuma ka. Wegkom met korupsie so kan elke suid afrikaner..ons is so teleurgesteld in ons howe….eish!!!!!!!!!

Kokerboom ·

Op watter planet leef die man? Verwyder die ANC regime en NIEMAND sal meer negatief wees!!!

Tipper ·

Dat n geleerde man so twak kan praat, thirty percent pass rate.

Gert ·

Die probleem is – wat vir my goed is en wat vir hom (soort) goed is verskil dramaties.

Alleen Wolf ·

As jy donker van gedagte is kan jy dalk die positiewe van CR in SA raaksien

Wielspore ·

CR kan die voortou neem met sy stelling en dit aan die res van SA en die wêreld duidelik maak dat wit mense in SA net so belangrik is vir die toekoms van SA as die res van enige ander ras. Die tyd en gerief om wit mense te blameer vir alles wat verkeerd loop dra nie meer water en die ANC kan gerus ophou om dit as propaganda te gebruik en rasse spanning te verhoog.
Hou op om te praat en begin sake doen.

Anti-Verkramp ·

Sal dit nooit doen nie. Die rassekaart is hul troefkaart vir dinge soos stemwerwing ensovoorts. Herinner Our People aan die verlede en siedaar, jy het jou stem (waterdigte troefkaart om veral die minder opgevoede kieser te trek). Dis ‘n magtige troefkaart wat hulle vir baie lank (altyd) aan bewind sal hou, hoekom sou hulle dit nie wou gebruik nie?

jzjz05 ·

Ramaposa,Hy moet eerder by hom self begin en ophou wittes te probeer onderdruk teen hulle te diskrimineer.as hy eerder saam met blankes werk sal hy vordering kry met die ekonomie plan, so nie is sy planne niks werd nie.

OW ·

En Mugabe se nalatenskap vir die mense van Zimbabwe,met sy grondgrype en al,minder as 0%.

Stefaan ·

Ek sien nogal die goeie in SA. Die saamstaan van Blankes in krisis tye en die feit dat ons ons nie gaan laat onder kry nie. Miskien is dit nie wat hy bedoel het nie.

Baardman ·

Ons probeer regtig hard om die goeie te soek, maar jy en jou bende stel daagliks teleur

Pieter ·

Ons sien elke dag die goeie en ons kies om die goeie te sien!
Vir jare sit ons terug / hou ons terug en wag dat dinge verbeter. Vir jare sien ons egter mense kom en gaan en niks verander. die land en sy mense boer agteruit.
Jy vra vertroue; dat ons terug sit en wag sodat die lepel pap in ons monde gesit word… Jy sal seker ook vir ons kou. Wel Jammer, maar jou pap is uintlik gif wat ons dood maak. Dis hoe min ek jou vertrou want daar is geen rede hoekom ek jou moet vetrou nie. Soos al in 1838 reeds bewys is.

In kort kan ek ook se dat Jy geeeeen idee het hoe geduldig ons is nie. Jou toespraak is ‘n klap in die gesig aan die een kant en help absoluut NIKS. Jy toets ons geduld verder!

Ek gaan ook van nou af terug sit en vir al my probleme se… Sien die goeie eerder!!! Sal sien hoe lank ek my werk hou of hou lank ek getroud bly hahahaha.

Dirk Mostert ·

CR het ambisieuse planne vir ‘n bankrot land. Wat is daar om te sien wat goed is. Ek ervaar die verdrukking van my volksgroep (CR se paddas).

RS ·

Gee ons goeie goed om te sien in SA dan sal ons die goeie sien in SA.

Ria ·

Dis vir my sleg dat ek so galbitter geraak het, maar die goeie in ons land word verdwerg deur die slegte

Elmarie ·

Soos Mnr John Steenhuisen tereg opgemerk het, die Beatles liedjie is van toepassing op die pres: He’s a real nowhere man, sitting in his nowhere land, making all his nowhere plans for nobody. Kan nie aan ‘n beter vergelyking dink nie!

Regverdigheid ·

Hul mag mos. hahaha ons land is n grap vir ander lande.

Nick ·

Wat is goed, as ons die dag opstaan en julle is almal weg,nou dit sal n goeie dag wees!!!!!!

Cecilia ·

Daars niks meer mooi in SA nie. Nie eers ons pragtige natuurskoon nie want daar waar n stuk grond is rig Kaders hul plakkershutte op en doen n land claim omdat hy dink 500 jr trug het sy voorvaders se bees teen n boom geblerts! Plakkers bemors alles en is onooglik vir ons pragtige natuurskoon waarop SA so roem.
Al wie iets goeds in d land sien is d klomp kaders wat hul geldsakke prop vol stop.
Maar d ongeletterdes bly vir d Kaders stem want hul word kospakkies gegee net voor d verkiesing en omdat d ANC blykbaar freedom gegee het. Bid j dit aan!

KB ·

Miskien moet hy begin stilbly…hy en sy ANC, en Zuma se ANC, en hulle rooi speelbal…
Dán sal ons weer “iets goeds” kan begin raaksien…op hierdie stadium is daar niks te soeke/te kyke nie.
Die enigste positiewe is God se verhouding met Sy (God se) navolgers/gelowiges.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.