Sigarette op weermagvoertuig versteek

Die sigarette is in die wasgoedpoeierbokse versteek. (Foto: SA Weermag)

ʼn Weermaglid is in die Seshego-omgewing in Limpopo aangekeer en ʼn reusebesending sigarette is in die weermagvoertuig wat hy bestuur het, gevind.

Die persoon is Sondag in hegtenis geneem ná ʼn wenk dat die voertuig gebruik word om sigarette tydens die afsonderingstydperk te smokkel, het kol. Ronald Maseko, weermagwoordvoerder, gesê.

Die verkoop van sigarette word ingevolge die vlak 4- én vlak 3-afsonderingsregulasies verbied.  Suid-Afrika het Maandag na vlak 3 oorgeskakel.

Lede van die militêre polisie het die wenk opgevolg en die verdagte opgespoor en in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik onwettige sigarette.

Maseko het gesê die verdagte moet nog in die hof verskyn.

Talle wetstoepassers is die afgelope paar weke by die beweerde smokkel van drank en sigarette betrek en duisende mense is vir oortredings van die afsonderingsregulasies in hegtenis geneem of beboet.  Die verbod op die verkoop van alkohol is intussen opgehef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

eksalnievergeetnie ·

My pa het altyd gesê: “show me a cop and I’ll show you a crook.” Geld seker deesdae vir Weermaglede ook…

Pieter ·

En dit als net om dat kop doek dink die land behoort aan haar. My tuinier het meer verstand as sy.

JohanR ·

‘n Weermag sonder enige trots. Die Kubane in Angola sou geen probleem met die huidige lot gehad het nie. Sou in alle geval seker eers moes van hulle unie permissie gekry het voordat hulle “border” toe is! Ook onthou dat die weermag soos hy nou bestaan, het uit ou Umkhonto we Sizwe (MK) uitgeloop, en hulle het nooit ‘n oorlog gewen nie, maar van baie af weg gehaardloop!

Stofdonkie ·

Vandag se weermag kan nie eers van ‘n oorlog af weghardloop nie, danlk weg rol, maar nie weg hardloop nie.

Jaco ·

Toe die Kubane nog maar pas in Angola was, het hulle reeds vir die Angolese weermag gese “bly asseblief van ons goed (kannonne, tenks ens) AF, want julle weet nie hoe dit werk nie en dan breek julle dit”.

Genis ·

Ja nee kyk, die grooste mafia in SA is SAPD, SANW en natuurlik die Metro Thjoto thjo to brigade…

Genis ·

Met MAQ was als nie so seepglad as wat hulle gedink het nie…lol

Fedup ·

For all i care he could have used a donkey cart.
Why waste any resources, now matter how pathetic they are, on hunting down cigarettes.
Rather concentrate on crime.
But then again, mad hatter is incompetent.

Jacobus ·

En dít behoord die einde te wees van díe belaglikke regulasie – en ek rook nie!

Elsie ·

Wens hulle wil die ban lig het nie meer geld vir Zuma vir haar duur sigarette nie. Gaan maar begin rooibos rook met dagga gemeng. Daai is mos wettig of hoe?

Sakkie ·

Nou jy sien !!!
Sal ook NOOIT weer van die saak hoor nie. Word net toe gesmeer.

Pappa Beer ·

Ha ha ha, en hierdie is beslis nie n enkele geval nie. Daar is BAIE ander sogenaamde “wetstoepassers” wat met presies dieselfde besig is. Dis maar net een van kopdoek en kie se sindikate wat besig is om te hardloop. Kry haar uit n posisie van gesag uit dan sal die slang se kop af wees. Moenie ondersoek van onder af begin instel nie, begin by die bo-punt en werk jou pad af na onder.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nee beslis nie die enkele geval nie. Ook nie ore van die ssekoei nie. Wat van die ore van die wildtuin

Sarel ·

Ek sal graag kommentaar wil hoor van Ministers oor die smokiel van sigarette
Is die man gearresteet en behandel soos wat daat met ‘n Burgrerlike te wetk sou gegaan het.

Aai ·

Daar het julle dit en die polisie vervoer drank hoe anderste word dit versprei.

Leon ·

Ek het ‘n neef gehad wat in die polisie se diamant smokkel eenheid was. Hy het meer polisie in hegtenis geneem vir diamant smokkel as die publiek. Wys jou net. Ongelukkig bestaan ons weermag uit mense wat nie gekeur is nie. Net aangestel word omdat hulle ‘n ANC Id kaart het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.