Sigarette se lot in hof se hande, sê Ramaphosa

sigarette

(Foto: pixabay)

Die besluit oor die verkoop van tabakprodukte tydens die huidige vlak 3 van die afsonderingsperiode is tans voor die hof en daarom gaan hy hom nie daaroor uitspreek nie. Dit is hoe pres. Cyril Ramaphosa Donderdag ‘n parlementêre vraag deur die waarnemende DA-leier John Steenhuisen gesystap het oor die sinvolheid of sinnelossheid van die voortgesette onwettigheid van sigaretverkope.

Steenhuisen het aangevoer dat die afsonderingsperiode besig is om die ekonomie te vernietig.

Die geleentheid was die kans vir parlementslede om mondelinge vrae aan die president te stel, en die vraesessie is totaal deur die koronavirus en die gevolglike afsonderingsperiode oorheers.

Ramaphosa het in antwoord op ‘n vraag van Shelley Mashabela-Mashele, ANC-LP, gesê die uitdaging is nou om die ekonomie te herskep soos ná ‘n oorlog die geval is.

Op ‘n vraag van Mkhuleko Hlengwa, IVP-LP, het die president gesê hy is bewus van beweerde korrupsie met die uitdeel van kospakkies deur ANC-stadsraadslede, en dat die reg sy loop moet neem.

Op die soveelste versoek van die EFF dat koronavirus-sterftes in rasverband aangemeld moet word, het Ramaphosa gesê hy sal dit oorweeg.

Die president het aangekondig dat daar nou al 404 kwarantyngeriewe met 37 000 beddens landwyd beskikbaar is. Hy het ook aangekondig dat 163 dokters en 1 076 verpleegpersoneel reeds die virus opgedoen het.

Op ‘n vraag van die EFF-leier, Julius Malema, oor wie hom beïnvloed het om vlak 5 van die afsonderingsregulasies af te skaf (die EFF meen die land moes op vlak 5 gebly het), het Ramaphosa gesê 51 wetenskaplikes, asook premiers, burgemeesters, geestelike leiers, tradisionele leiers en sakelui is geraadpleeg. Ramaphosa het bygevoeg die land kon nie vir altyd op vlak 5 van die afsonderingsperiode bly nie, en dat die staat reeds ‘n geraamde R300 miljard aan belastinginkomste verbeur het as gevolg van die ekonomiese inperkings.

Op ‘n vraag van dr. Corne Mulder, VF Plus-LP, oor Malema se onlangse stelling dat die “wit ekonomie” vernietig moet word, het Ramaphosa gesê hy is nie ten gunste daarvan dat enige ekonomie vernietig moet word nie.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gevra of die president meen maatreëls soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging moet laat vaar word in belang van ekonomiese groei.

Ramaphosa het gesê swart ekonomiese bemagtiging is hier om te bly, en dat “Groenewald en sy soort” (Groenewald and his ilk) eerder die wandade van die verlede moet probeer regstel as om struikelblokke in die pad te rol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Herman ·

Ja, en as die hof eendag besluit sigarette mag verkoop word gaan NDZero appeleer net om die saak te laat sloer sodat sy en haar ILK mos nog kan skep. Sy moet vir Jacob help met sy hofsaak, en dit gaan n duur storie wees. En Pres. CR gaan net stil bly want hy is mos nie die president nie.

PieterP ·

Ek dink Ramaphosa moet op senter gaan speel, magtig die man het ‘n lawwe systap aan hom!

Althes ·

Ek dog Ramaphosa is ñ Christen, en dat hy vergifnis en vrede sal nastreef. Dat dit juis is wat SA nodig het om ekonomies en emosioneel vooruit te beweeg.
Gooi ons Dingaan wie Piet Retief en sy manskappe so wreed vermoor het voor hom? Nee.
Ek is ñ my vroeë 50’s en was baie jonk toe Mandela vrygelaat is en die samesprekings aan die gang was.
Maar vandat ek my volwasse jeugdige verstand gekry het, word politieke rassisme teen wittes gebruik en dit hou eenvoudig nie op nie.
Indien julle weet wat wit bevoorregting beteken, laat my weet asb.
Ek het arm grootgeword, my ouers het nie geld gehad vir my vir naskoolse kwalifikasie nie. Wat ek tot stand gebring het, moes ek hard voor werk.

Janneman ·

Net so. Ons moes “struggle ” vir wat ons het. Het nie eers skoene gehad in winter skool toe nie. En moes nog skool toe loop ook.

pokkel ·

Ek is nie, maar ek stem saam, die “vooraf benadeeldes” sal beter wees as die regte persoon met die regte vaardighede aangestel word i.p.v. die regte gesiggie

christo ·

“Groenewald en soort”. Baie goed vir nasiebou Ramaphosa.
Ramaphosa se uitspraak is uit-en-uit rassediskriminasie.
Ek probeer sovêr moontlik om verdraagsaam te wees, maar dis duidelik dat rasse onderdrukking die witmense se voorland is. Dis ‘n feit dat die regering wit besighede probeer kelder. Die ANC het gedink witmense sou geknak word nadat hulle nie meer welkom is in die staatsdiens nie. Meneer die President, witmense kan en het suksesvolle klein besighede begin.
Na Covid-19 gaan van die besighede weer begin om te herstel en as gevolg van Ramaphosa se uitlatings twee keer dink om ander mense aan te stel.
Baie huishoudings het agtergekom dat hulle sónder huishulpe kan klaarkom, veral waar van die broodwinners hulle werk verloor het en nie meer geld het om ‘n huishulp te betaal nie.
BBBEE hét SA gebreek. Ramaphosa se rassistiese houding gaan nie werk skep nie. Sy volgende toespraak moet begin met: ” My dear fellow BLACK South Africans….”.

Althes ·

Ramaphosa en die ANC onderskat die Afrikaner. Ons kon nog altyd aanpas, transformeer en weer op die been kom.
Dis net jammer as gevolg van hul rassistiese diskriminasie teen ons, verarm hul hul eie ‘my fellow black South African’ mense.

Johan ·

Absoluut,tog kry ek die swart vroue en -kinders baie jammer oor hul haglike lewensomstandighede,rondpendel en km’s stap om te oorleef,slaap in lewensgevaarlike hutte,honger en soms siek,terwyl die man êrens vir homself sorg. Ek bid vir hul welstand. LW,ek is nie rassisties nie,maar verafsku die totale politiekery van SA,want daar is geen liefde of respek vir armes of minderheidsgroepe nie. Is ons nog ń Christen gedrewe land?

Michael 1 ·

ramaposa en sy regime het nie die “know how” om n ekonomie op te tel nie die jare van bakhand staan en net wag vir iemand om jou iets te gee het sy tol geëis.

Pampoenboer ·

Sal nogal interesant wees om naby malema te wees as die covid syfers rasverband uit gegee word. Sy oe gaan so groot soos vleisborde word

koos10 ·

Hendrik, dit gaan weer die witmense se skuld wees, ongeag dat COVID 19 van China af kom, en dan is dit weer apartheid se skuld want na 25 jaar het die witmense nog steeds die land in hulle sak.

Pieter ·

Nee wat, hulle moet vasbyt en die twakkies 100% verban, dink net hoe gesond almal gaan wees………

koos10 ·

Maar my liewe land, CR. Die haarkappers is ook hof toe, maar hulle mag weer voort gaan????
Hoe onnosel dink jy is ons???? Jy kies weer opsies wat jou nog meer onbekwaam laat lyk!

pokkel ·

Ek het ‘n artikel op EWN gesien in verband met die FITA hofsaak, “Regering pleit met hof om saak terug te verwys na regering” of iets in daai lyn, nou sê Cyril alweer dit is in die hof se hande, hierdie is ‘n simpel ping pong wedstryd

Kokerboom ·

Die land sy ekonomie en bestuur is ‘n gebedsaak. Ons moet op ons kniee bly dat nugterheid , realisme en vermoee eendag sal seevier.

Peet ·

So Squirrel en sy soort moet dan volgens hom net eenvoudig voortgaan sonder gewete. Wonderlike staatsmanskap.

JohanR ·

Die ou het nou rerig ‘n grap geword! Jy is die president my maat. JY kan se dat sigarete weer verkoop kan word, want jy is die president my maat. Of het jy ook jou hand in die koekie houer?

Fedup ·

cyril and his entourage only regurgitate the past when they see fit.
Time for their skeletons to leave the closets.
As for the sigarette case’s outcome, the anc probably threatened or payed the judges long before the court case even started.

Persheks Adri ·

Ek stem 100% saam met jou! Hulle moet by kom regtig en bietjie ruggraat ook kry en gou ook ons is lankal gatvol verby

Jack ·

Dit is n tipiese bafana systap wanneer dit by sigarette kom maar dit sal ook onbillik wees om te verwag dat hy hom moet verbind gegewe dat die hofsaak in proses is en ook omdat hy al voorheen pak gekry het oor die teenstrydige maatreels oor die rokery. Hy het reg gehandel.

Magda ·

En hoelank gaan die “HOF” vat om die uitslag te gee – goeie hemel hoelank neem dit om n antwoord te gee op n saak wat ernstig is. Ek rook nie, maar die is ONWETTIGE RAMPS BESTUUR DEUR mense wat lekker geld maak met onwettige handel in Sigarette, sal graag wil weet hoeveel hulle maak want ons kan seker maar vir ons self dink in wie betrokke is met die Illegal Handel van dit, want jy kry Sigarette orals maar moet n plaas se prys daarvoor betaal. Dit word sommer op Facebook gedeel met Selfoon nommers en al, nou hoekom word daai mense nie gearresteer nie?

Johan ·

Ek ken heelparty rokers wie reeds erntige long en lewer probleme ondervind,het ook onlangs my broer verloor agv orgaanversaking(longe,lewer en hart). Almal kla dat die ‘nuwe’ rookgoed hul keel en longe laat brand,hoes vererger en beursies word leër! Asof ons nie genoeg probleme in hierdie land het nie…..plus alkohol,vir ń bonus.

Elsa ·

Ek weet nie of ek moet kwaad word of moet lag nie. Ek kan net nie al die “logika” verwerk nie

Persheks Adri ·

Sit net die sigarette terug op die mark en almal is gelukkig! Dis mos lekkerder om black market geld te maak en STEEDS word NDZ nie vervolg nie! Wat ‘n skande om nie eers te praat van die diskriminasie teen ons wit mense nie! Julle verloor miljarde rande daagliks aan sigaret verkope, maar dis mos ok solank NDZ geld maak. Weereens sal ek se: BAN DIE PAP, WANT ONS IS NIE 20 MENSE WAT UIT 1 POT MET ONS HANDE EET NIE!!! Ons het maniere en is skoon baie dankie en sigarette gee NIE Covid NIE duh dom regering

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.