Sigaretverbod ‘sal talle onbedoelde gevolge hê’

sigarette

(Foto: pixabay)

British American Tobacco South Africa (Batsa) meen die verbod op die verkoop van sigarette tydens die afsonderingstydperk sal talle onbedoelde gevolge hê.

Batsa sê hy ondersteun die maatreëls deur die regering om die oordrag van die koronavirus te beperk en glo dit is wel nodig om die moontlik vernietigende uitwerking op mense en die ekonomie te stuit.

Die verbod op die verkoop van sigarette sal egter volgens Batsa 11 miljoen rokers dwing om buite hul woonbuurte te gaan soek na winkels wat bereid is om nié aan die verbod gehoor te gee nie.

“Dit sal tot meer beweging van mense en groter wisselwerking lei as wat die geval sou wees wanneer rokers sigarette by hul naaste wettige winkel kon koop terwyl hulle ander noodsaaklike goedere aankoop.”

Batsa meen die verbod sal ook onbedoeld bydra tot die onwettige handel van tabak aangesien rokers heel waarskynlik onwettige produkte gaan koop. Volgens Batsa sal dit ʼn jammerte wees omdat die regering die afgelope maande aansienlik vordering gemaak het met die bekamping van onwettige tabakhandel.

“Ons doen ʼn beroep op die regering om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef en die verkoop daarvan saam met ander noodsaaklike goedere wel toe te laat.”

Volgens Batsa is dit kommerwekkend dat daar besluit is om invoerbeperkings op nienoodsaaklike goedere op te hef terwyl die plaaslike vervaardiging en verkoop van sigarette steeds verbied word. “Om vrag oor Suid-Afrika se grense toe te laat word die deur oopgemaak vir die smokkel van onwettige tabak.”

Batsa het gesê hoewel hy die nodigheid ondersteun om voortgesette handel te fasiliteer, is hy baie bekommerd dat die toelating van invoer van vrag, terwyl plaaslike vervaardigers soos onder meer BAT juis verhoed word om hul eie produkte te vervaardig of verkoop, plaaslike vervaardigers verder sal penaliseer tot voordeel van onwettige invoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
JC Venter

Ek stem, en dan moet die man met die Klassiek Fedora hoë kwaliteit vilthoed , die tuig neerlê, hy befomfaai die moraal van die mense met die manier waarop hy soos ‘n diktator met hulle praat.

Boortor

En wat van onwettige drank verkope?! Mense sal enige iets doen om een of altwee in die hande te kry. Hier by ons stook hulle die mees onaardse konkoksies om te drink. Skelm drank is wel beskikbaar teen n hewige prys en die mense betaal dit sonder om n oog te knip. Kan nog steeds nie verstaan hoe die verbanning daarvan die virus help beheer nie. Dink daar gaan meer siek word van tuis gemaakte drank as ooit tevore!

Jan

Die meestw mense wat aan korona dood is was reeds oor 80 en is dus aan natuurlike oorsake dood…word wakker mense china is reeds up en running en gaan ons hele ekonkmie uitkoop vir n appel en ei terwyl ons gaan krepeer vd honger omdat ons onnsself inperk…

Bullet

Ek dink BTSA moet ook pa-staan vir die verslawende effek van hul produk!
Julle het gemelk toe die koei gesond was! Miljarde gebank toe alles goed gegaan het. Vat nou maar die pyn wat julle veroorsaak het!

Mauritz

Ek is nie n roker nie, maar kan glad nie sien wat het rook met die bekamping te doen nie. Mense gaan net skelm wees. Drank is ‘n ander saak. Weet nie altyd hoe party mense se koppe werk nie…