Sigaretverbod: Verdere uitstel ‘onverklaarbaar’

(Argieffoto)

Wanneer British American Tobacco South Africa (Batsa) se hofaansoek eindelik in Augustus in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word, sal dit reeds ses weke wees nadat die dringende hofsaansoek aanvanklik ingedien is – en meer as R1,4 miljard in inkomste vir die staat sou teen dié tyd verlore gegaan het.

Die saak sou Dinsdag aangehoor word nadat Batsa se regspan en die staatsprokureur, namens die minister van tradisionele sake en samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, op dié datum ooreengekom het. Die saak moet nou na die volgende hoftermyn oorstaan.

Johnny Moloto, woordvoerder van Batsa, het gesê Dlamini-Zuma en pres. Cyril Ramaphosa het in hul beantwoordende hofstukke toegegee die saak is dringend en tog het hulle nou skielik van mening verander en wil hulle hê die saak moet eers in Augustus aangehoor word.

Volgens Moloto is die uitstel ʼn vertraging van geregtigheid wat die onwettige handel in sigarette net ʼn verdere hupstoot gaan gee.

“Die vertraging van geregtigheid om ʼn oplossing vir die kwessie te vind is onverklaarbaar. Teen die tyd dat die saak aangehoor word, sal die verbod al vier en ʼn half maande geld en miljarde rande se onwettige sigarette sou al verkoop wees.”

Batsa en die staat het die afgelope week hulle laaste beëdigde verklarings in die saak ingedien.

Volgens Moloto gaan die verdere ses weke lange vertraging die staat nagenoeg R1,4 miljard in verlore inkomste kos en duisende werksgeleenthede kan in die slag bly.

“Ons oorweeg alle regsopsies en gaan direk met die regering praat omdat albei partye vantevore ooreengekom het dat die saak dringend is en Dinsdag aangehoor moet word,” het hy gesê.

“Om ʼn saak uit te stel wat albei partye ooreengekom het dringend is, is volgens ons ongekend en uiters kommerwekkend.”

Uitspraak in die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) se soortgelyke hofaansoek is meer as twee weke gelede al voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Marius ·

Die regring weet hulle is verkeerd en nou speel hulle vir tyd . Die uitstel taktiek , met die hoop dit gaan verdwyn .

Kokkie ·

Daar is nie pille of enige ander medikasie wat vir daardie siekte help nie.

Boortor ·

Ek ondersteun dit ten volle! Ons moet self besluit. Te hel met die “howe”. Hulle is n grap!

Deon ·

Ek stem saam, begin net weer verkoop en kry die industrie aan die gang..

Pampoenboer ·

Al die voorraad smokkel sigarette wat in ANC besit is moet eers verkoop word en nou vat dit te lank na hul smaak. Mense hou op smokkel sigarette koop jul sterk hul net in hul kriminele saak

katerinadiekat ·

Dis al wat beskikbaar is, Hendrik. Ek rook al byna 40 jaar, ek moet en wil sigarette he. Dis nie net vir sommer net ophou na 4 dekades nie. En ek wil nie ophou rook nie. Ek geniet dit. Dis my natuurlike godgegewe reg, Free Will.

Mariska ·

… soos die slim mense sê: “Justice delayed is justice denied”. Ongelooflik dat omtrent alles deesdae eers moet hof toe. Net om weer uitgestel en uitgestel te word. Laat mens wonder wie is werklik die baas.

JJ ·

Wraak van die Verbruiker- Revenge of the Consumer. Revenge by the Taxpayer. Die Staat produseer niks en is in alle opsigte ‘n las op die Suid Afrikaanse gemeenskap. Omdat hulle niks kan produseer nie, teer hulle op die belastingbetaler. Maar hier is die kruks. Die belastingbetaler kan sy lewe reel en aanpas, so ook sy werkswyse om belasting te minimaliseer. In hierdie scenario kan die staat nooit wen nie- dit reageer altyd en bly altyd agter. Sterkte met julle plannetjies Cyril om die ekonomie te stimuleer, jy gaan agter kom jy het ook die rokers se hulp nodig- en dit gaan nie daar wees nie.

Wanda ·

Ag liewe hemel.My man rook al vir meer as 20 jaar en gaan nie sommer ophou nie. Ek voel al klaar soos n krimineel asof ek drugs koop wnr na n agter straat kafee toe gaan en vir hom sigarette gaan koop.Dit moet regtig nou end kry dat mens weer kan koop

Persheks Adri ·

Die drank is al hoe lank oop… Hoekom mag ons nie rook wat ons rook nie? O ja, dan verloor NDZ te veel geld saam met haar kinders en makkers en word nie eers vervolg nie! Klomp twak en hul dink ons is stupid soos die res…

4ntj13 ·

Dit behoort goedkoper te wees om ʼn regter elders te leen as wat die land gaan verloor deur uitstel. Kan iemand nie plan maak nie?

Die Wolf ·

Iemand het vir iemand vinger gewys.Sal maar my joppie beskerm.

Renee ·

Dr Zol of wat dink jy Hoekom word Jacob Zuma se saak vir jare uitgestel sy het mooi geleer by hom

gatgogga ·

Uitstel, uitstel, uitstel – dit is die probleem met die howe in ons land.
Die regter wat na die FITA saak geluister het, is heelwaarskynlik ook gekaap.
Maar volgende op die lys is verhoogde persoonlike belastingstariewe, want SARS kry nie geld in nie.
Dinge sal nooit weer regkom nie – mens kan nie eers meer op ons howe staatmaak nie.
Veg vir ons eie onafhanklike staat!

Bigfoot ·

FITA’s court bid to have cigarette ban overturned dismissed with costs

Marelise van der Merwe

South Africa instituted its ban on the sale of cigarettes in late March, 2020.
The High Court in Pretoria has dismissed with costs an application by the Fair Trade Independent Tobacco Association to have government’s ban on the sale of tobacco products overturned.

FITA argued that cigarettes should be viewed as essential on the basis that tobacco is addictive, among other things.

However, the court was unconvinced.

“FITA’s argument that cigarettes ought to have been considered ‘essential’ because they are additive has no merit. The fact that a substance is addictive does not render it essential. We therefore find no basis on which to interpret the level five regulations as permitting the sale of tobacco products,” reads the judgment.

READ News24 for the whole article

MrMagic ·

Die hooggeplaastes weet seker dat hul dae getel is en wil ons net nog so bietjie terg. Die algemene publiek en veral hul eie mense is baie moeg vir hulle grappies. Die verkiesing is om die draai.

Renee ·

Lees Telita Snyders se boek gewese prokureur van SARS ( Dirty Tabacco )dan sal julle verstaan dat baie ministers en verspreiders betrokke is by onwettige sigarette handel. Dit is hoekom Fita sy saak verloor het en Batsa sin uitgestel is na Aug 2020 hulle het nog nie genoeg vedien om aan hulle behoeftes te voldoen nie.. Ek ruik nie n’ rot nie maar sommer tien

Magriet ·

Geregtigheid in ons land bestaan nie meer nie. Wat het van diegene geword wat dit moet in stand hou en toesien dat standaard gehandhaaf word. Het ons nie eens een van die beste stelsels gehad nie? Sekere persone neem besluite en ons gewone mense ly daaronder.

Kokerboom ·

Hierdie is weer ‘n sprekende voorbeeld van die absolute aanmatigende arrogansie van ANC regering.Hul het geen voet om op te staan en terselfdertyd voel hul ‘n veer vir ekonomie. Dis nou staatskaping op sy beste. Totale outoritere optrede.”n Klasaksie moet teen hul van staple gestuur word

Jack ·

Dit is n ou zuma ding. Speel vir tyd. Natuurlik wonder n mens wie die miljarde wat na die staat moes gaan skep. Ek ruik weer omkopery met die uitstel want dis hoe die mense se woord is. Geen waarde nie. As die volgende verkiesing kom sal daar genoeg geld wees om die verkiesingstryd te finansier raai ek.

Mariana ·

Smokkelhandel is besig om sekere minister se beursie lekker vet te stop en ook die wat daai beursie deel. As die land nou ten gronde gaan, amper daar, klim hulle op vliegtuig en verdwyn want hulle het genoeg om gemaklik te lewe. Magsbeheptes is in beheer en dit is duidelik dat hulle absoluut niks voel vir die land en sy mense nie.

netekalleen ·

Ek dink hulle moet onpartydige regters invoer nes hulle daai spul dr’s ingevoer het van cuba af. Dan sal ons reg stelsel dalk regkom

Carel Johannes ·

Die beste ding wat minister NDZ nog gedoen het. Net jammer die smokkelhandel kan nie vasgevat word nie hoofsaaklik omdat lede van die veilighedsmagte en SAPS daarby ingetrek is. Ek het ‘n swaer gehad wat weens ‘n sekere sigaret gesterf het aan longkanker wat na sy hele ingewande versprei het. Ek self het 25 jaar lank pyp gerook en na die verwydering van ‘n breigewas het ek bewus geword van die toestand waarin my longe verkeer. Dit was 23 jaar gelede en het nog nie weer ‘n rokoie gemaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.