Silikose-groepsgeding: Uitspraak verwelkom

Argieffoto

Argieffoto

Vakbonde het die uitspraak verwelkom dat mynwerkers ʼn groepsgeding oor silikose teen mynmaatskappye aanhangig mag maak.

Adjunk-regter-president Phineas Mojapelo het Vrydag in die Suid-Gautengse hooggeregshof beslis dat ʼn groepsgeding ál realistiese manier vir die meeste mynwerkers is om hul grondwetlike regte te handhaaf en sodoende toegang tot geregtigheid te kry.

Die aansoek is deur twee regsfirmas en die Legal Resources Centre ingedien namens meer as 25 000 mynwerkers wat die longsiekte opgedoen het terwyl hulle ondergronds gewerk het by die land se goudmyne. Die gekonsolideerde gevalle strek oor vyf dekades en is van krag teen die land se goudmynmaatskappye. Verweerders in dié geval sluit maatskappye soos Harmony Gold, AngloGold Ashanti, Gold Fields, Sibanye Gold, African Rainbow Minerals (ARM) en Anglo American in.

Die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) het die hofuitspraak verwelkom. “Die NUM is baie opgewonde oor die uitspraak aangesien die saak uiteindelik vrugte afgewerp het vir die lyers van silikose,” het Peter Bailey, die NUM se voorsitter van gesondheid en veiligheid, gesê. “Ons hou nog heeltyd voet by stuk dat ʼn onderhandelde skikking die weg vorentoe is.”

Cosatu het die uitspraak as ʼn mylpaal beskryf. “Dit is ʼn groot oorwinning vir die duisende oudmynwerkers wat silikose en pulmonale tuberkulose in die myne opgedoen het. Cosatu moedig alle aangetaste myners en die families van oorlede mynwerkers aan om te verseker dat hulle by hierdie groepsgeding teen die goudmynmaatskappye aansluit,” het Sizwe Pamla, woordvoerder van Cosatu, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E ·

Nou moet hulle 5 dekades terug grawe om teen die myne wat alreeds swaar trek te ding. Dit is agv vakbonde dat die bedryf besig is om te sink. Die myne moet nou gemelk word! Ag man alles word gemelk. Dit is hoekom dit so gaan. Plaas van werk en vooruitgang word daar nou gemelk, strike, afgebrand, gemoor en …
Daar sal niks oorbly nie. Gee mos nie om oor môre nie, net solank ek vandag my kfc kan eet.
Die land boer agteruit. My voorouers het hard gewerk en hulle het goed geleef. Vandag hoef jy nie meer te werk nie, skree net en ons sal jou uitbetaal, maar moenie worry as die geld nie gemoeg is nie, volgende jaar skree ond net weer.

Lulu ·

Sal iemand my help asb? Want ek verstaan nie so baie mooi nie. Hulle (die mynwerkers) stel nou ‘n klasaksie teen die myne in – maar hoekom het hulle dan in die eerste plek daar gaan werk? As ek WEET ek gaan siek word gaan ek mos vir my ander werk soek. Toe die werk daar was het nie een van hulle gekla nie. En o ja – ek het bitter min myners gesien wat NIE rook nie. So, hoekom dagvaar hulle nie sommer die sigaret maatskappye nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.