Die rolprent Die windpomp is in nege kategorieë genomineer by vanjaar se Silwerskermfees. Die rolprent met onder meer Leandie du Randt en Armand Greyling is vroeër vanjaar bekendgestel en albei die akteurs is vir ʼn Silwerskermfeestoekenning genomineer.
Die rolprent is ook onder andere benoem in die kategorieë vir beste rolprent en beste regisseur.
Maroela Media het met Etienne Fourie, regisseur en skrywer van die fliek, gesels oor wat dié benoemings vir hom beteken.