Soorte resepte:

Simba gaan gewilde skyfiegeur laat vaar

Simba se drie gewildste skyfiegeure gaan teen mekaar meeding (Foto: Versakf)

Simba het pas sy nuwe “Choose Me or Lose Me”-veldtog van stapel gestuur met verbruikers wat moet stem vir hul gunstelinggeur van dié gewilde aartappelskyfies. Die geur wat die minste stemme lok, sal van die mark af gehaal word.

Simba het tydens ʼn mediakonferensie laat hoor verbruikers gaan moet kies tussen drie van hul gewildste geure: sout en asyn, kaas en uie en tamatiesous. Die geur wat die minste aftrek kry, gaan waai.

“Suid-Afrikaners voel nostalgies oor Simba-geure omdat dit geslagte lank al deel van hul kultuur is. Die moontlikheid om iets te verloor wat so deel van ons kultuur is, sal sonder twyfel reaksie lok.”

Simba wil met hierdie veldtog verbruikers laat voel asof hulle deel is van die besluitnemingsproses.

“Vir drie maande sal dié drie geure teen mekaar meeding, so ons moedig verbruikers aan om hul gunsteling te koop en daarvoor te stem. Anders kan jy dit dalk verloor.”

Die geur wat die swakste vaar in die drie maande sal van die mark af gehaal word en Simba sal ʼn nuwe geur bekendstel wat Suid-Afrika verteenwoordig.

Verbruikers kan vir hul gunsteling- Simba-geur stem deur ʼn pakkie aartappelskyfies te koop en die aanwysings daarop te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Estelle ·

“. .. ons moedig verbruikers aan om hul gunsteling te koop …”. Om op hierdie manier verbruikers aan te moedig om hulle gunsteling skyfies te koop, is blote verkoopstaktiek. Simba sal in elk geval hulle eie besluit neem en ‘n nuwe geur afhaal / byvoeg. “Simba sal ʼn nuwe geur bekendstel wat Suid-Afrika verteenwoordig” – Simba het dus klaar besluit.

Aikie ·

Suid Afrika verteenwoordig? Wat se horribale smaak gaan daar uit kom as al die “gewone” geure wat ek aan kan dink alreeds op die mark is!

Gert K ·

Estelle, jy slaan die spyker so op sy kop!! Ek stem 100% met jou saam.

Elsonia ·

Hoe sal ek kan kies: Tamatie, Uie en Kaas en Sout en Asyn is almal gunstelinge
Dis baie verkeerd dat n gestem een van my gunstelinge gaan wegvat

deHAS ·

Dit sal seker sout en asyn wees wat bly, kaas en uie is nog okay. Tamatie is nie meer soos wat dit was nie, dis ga ga nou.

Misky ·

Ek is wel nie n groot sout en asyn ondersteuner nie, maar my man is mal daaroor en al 3 is gunstelinge in ons huis. Wat wel kan gaan en aaklig is, is die nuwe Chakalaka en Boerewors geure en dit smaak niks lekker nie.

Androclus ·

Ek dink dis reeds deur daai aaklige geure wat die ou lekker geure moet pad gee,maar ek hou van kaas en uie.

Mallie ·

Eers is dit Lays en nou simba wat se brom gesmoor word. Hoe verlang ek na die Ou Suid Afrika.

Anel ·

Ek sien Lays se sout en asyn is weer op die rak.
Hulle gaan seker ons geliefkoosde geur vervang met pap en vleis.

Stefan ·

Hoekom moet ons nòu kies?
Hulle kan tog gewoon kyk watter 3 die laatste jare die meeste verkoop is, volgens my is dit dan die gewilste.

Eragrostis ·

Dis belaglik. Waarom sal ń maatskappy sy drie gewildste produkte teen mekaar afspeel met die doel om een se produksie te stop? Doen dit eerder met die drie wat die swakste verkoop.

Ek verstaan nie Simba se besluit nie. Kan MM dalk meer duidelikheid verskaf waarom Simba hierdie besluit neem?

Boksombende ·

Dit gaan als oor winsmarges. Hoekom sal hulle wil aanhou om ‘n produk te maak wat nie vir hulle genoeg geld maak nie? Die probleem is, word die ouer geure soveel geadverteer as die nuwes?

Miskien is daar ‘n beter manier: Laat mense kies tussen drie nuwe, populere geure en drie ouer, “vorige”-populere geure.

Aikie ·

Uitstaande verkoopstaktiek! Simba maak in die drie maande ‘n toilet vol geld met hulle verkope, laat’ n kompetisie loop wat hulle nie ‘n dooie sent meer kos nie, want die “kompetisie” is tussen die eindverbruikers. Dan vat hulle een geur weg (moontlik al reeds besluit watter een), gly’ n nuwe geur netjies in die opening sodat die kopers weer op ‘n spree gaan om te proe hoe die nuwe geur nou uitdraai.
Tien uit tien Simba!

isabelle ·

ek raak af en toe lus vir tamatie maar ek het agter gekom dis asof die smaak nie meer so sterk is nie….suinig geraak ? want die skyfies was altyd lekker rooi nou is dit maa vaal en proe ook maar vaal

Fae Fubar ·

Simba wil maar net hul verkope ‘n hupstoot gee. Of gaan dit ook oor spasie? Moet een van die drie (ou) gewilde geure se produksielyn nou plek maak vir ‘n nuwe geur? Pleks Simba eerder ‘n paar voorstelle vir nuwe geure maak en dan die mense vir hulle gewildste keuse laat stem. Dit maak meer sin. Hulle moet asseblief tog net nie ‘n klaaglike mislukking daarvan maak, soos KFC met die Masala misoes nie!

Esther ·

Tamatiesous of sout-en-asyn was nog nooit vir my lekker nie. En hou van die kaas ene, maar wat nou as ander nie so voel nie? Dan sal ek sowaar maar moet ophou skyfies eet!!!

Eend Bessinger ·

Van daai drie geure kan Sout & Asyn maar die trekpas kry. Dis net ‘n “default” geur, ‘n geur wat jy koop as jy nie seker is nie. Ek is mal oor die Blatjang geur!

AH ·

Smaak verskil – gelukkig! Ek hou die meeste van sout en asyn in alle “brands”

Riana ·

Agge nee … wat is fout met hulle… Cheddar cheese kan waai en fruit chatney… altyd 100 de pakke van daai op rak…

pokkel ·

My hele familie eet nie skyfies al lankal reeds oor die hele palm olie kwessie

Marthinus W ·

Simba behoort nou aan `n Amerikaanse maatskappy. Hulle voel niks vir ons kultuur en nostalgie nie. Dit gaan oor geld. Toevallig is dit my drie gunsteling geure.

Jaco ·

Klink vir my na n bemarkings foefie om verkope te lig. Nou gaan almal hulle gunsteling geure koop en oor 3 maande se Simba hulle is so oorweldig deur die ondersteuning en verkope dat hulle besluit het om al drie te hou.

Andries ·

Met ‘n Tanzanien as die chappie in charge, en ‘n sement mixer as chief manager, drie ander tanzaniens op die bord van direkteure, wat kan jy meer verwag

Kurt ·

Geur wat SA verteenwoordig: seker n lee pakkie waarvoor jy dubbel betaal. Corruption & crime flavor

Corne123 ·

Wat maak dit saak die goed elkgeval so min geursel op kon niks opgehaat het elkgeval nie.Waars die dae dat jou vinngers sommer rooi was na tamatie chips of geel na kaas esv esv

DieKriek ·

Lays skyfies smaak 100 keer beter as Simba s’n, so hulle kan maar ál die geure van die mark af haal.

Tanja ·

Vandat Simba ń halaal teken op hul pakke het koop ons al jare nie meer diè pesel happie wat deel van ons kultuur moet wees nie.

Alet ·

Ag wat hulle kan maar doen net wat hulle wil. Hulle chips proe al lankal nie meer soos toe ek kind was nie. Daar is baie ander vervaardigers wat dalk nie dieselfde geure het nie maar hulle chips is lekkerder. En hierdie volksvreemde geure wat deesdae uitkom is ook maar laf in smaak. Hulle probeer seker die reenboog nasie vasvang wat ons almal wel weet ‘n klaaglike mislukking is.

Kaptein67 ·

“Simba wil met hierdie veldtog verbruikers laat voel ASOF hulle deel is van die besluitnemingsproses” Die woord keuse is ‘n aanduiding dat hulle reeds besluit het en net ‘n rook skerm gooi.

Gawie ·

Dis vreemd – daar is mos baie ander geure as net dié drie wat Simba verkoop. Hoekom nou juis van een van húlle ontslae wil raak? Hoekom nie die vedtog uitbrei om ál die bestaande geure in te sluit nie – dan is dit mos regverdig en wérklik verteenwoordigend.
Hierdie lyk vir my egter meer na ‘n manier om verkope op te stoot. Gaan hulle werklik aan die einde van die dag almal se insette gebruik, of het hulle dalk reeds besluit . . . . . . .

Christo ·

Is maklik – vat sout en asyn weg, dan koop ek Willards ……..of Lays

Surfer ·

My geur is “Smoked beef”, lekerrrrrrr. Die nuwe geur is “Kannebis”

Tinker ·

As dit so aanhou is die land se gunsteling lekker eetgoed alles weg. Swak sal ek se.

Pikkie ·

Volgens my opinie dink ek dat ”LAY’S SKYFIES DIE MARK GEWEN TEEN SIMBA SKYFIES” So-ja maar, ”Kaas en Uie plus die Peri-Peri skyfies my gunsteling gewees. CHEERS.

Kirst ·

Almal wat so kla dat dit ‘n geldmaakstorie is – sal julle verkies as alles genasionaliseer word eerder as wat besighede probeer wins maak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.