Soorte resepte:

Simba gee skyfiegeur die trekpas

Drie van Simba se gunsteling-geure het teen mekaar meegeding. (Foto: Verskaf)

Simba het pas aangekondig dat die vervaardiging van sy skyfies met die All Gold-tamatiesousgeur binnekort gestaak gaan word.

Dit kom ná die “Choose me or lose me”-veldtog wat in April vanjaar van stapel gestuur is. Simba het destyds tydens ʼn mediakonferensie laat hoor verbruikers gaan moet kies tussen drie van hul gewildste geure: sout-en-asyn, kaas-en-uie en tamatiesous. Die geur wat die minste aftrek kry, sou waai.

Simba-verbruikers het drie maande gehad om te stem met die hutsmerk SaveYourFlava. Kaas-en-uie het in die eerste plek geëindig, met sout-en-asyn in die tweede plek.

“Die voorloper-geur het ʼn paar keer verander,” het Giulia Iorio-Ndlovu, seniorbemarkingsdirekteur van souterige versnaperinge by PepsiCo, gesê.

“Sout-en-asyn het voorgeloop vir ʼn rukkie, maar kaas-en-uie het oorgeneem. Dit was baie naby en enigiets kon gebeur.”

Die finale puntetelling was soos volg: In die eerste plek was kaas-en-uie met 539 298 (44,99%) stemme; in die tweede plek was sout-en-asyn met 195 460 (37,00%) stemme en in die derde plek was tamatiesous met 110 623 (18,01%) stemme.

“Suid-Afrikaners voel nostalgies oor Simba-geure omdat dit geslagte lank al deel van hul kultuur is. Die moontlikheid om iets te verloor wat so deel van ons kultuur is, sal sonder twyfel reaksie lok.”

Die tamatiesousgeurskyfies sal nie onmiddellik van die rakke verdwyn nie en sal nog vir ʼn paar maande beskikbaar wees.

Bron: Business Insider South Africa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

VaalDonkie ·

Nou moet julle die tamatiesous geur koop en opgaar sodat julle dit oor ‘n paar jaar vir ‘n vieslike wins kan verkoop.

tweeling ·

Jy is seker bewus dat die skyfies net ‘n sekere rak leeftyd het?

VaalDonkie ·

Ek het nog twee vol stelle van Coke se 1994 rugby wereldbeker en mense bied my oor die R1000 aan daarvoor.

Tiptol ·

Seker 1995. Moet dit nooit laat gaan nie. Dit het baie goeie herinnering waarde.

isabelle ·

tamatie was my gunsteling -maar is asof hul al hoe minder tamatie geur opgesit het ….skyfies het maar bleek geword

Misky ·

Simba is in elkgeval nie meer wat dit was nie. Pleks die snaakse Boerewors of Chakalaka geure wat soms op rakke is val weg

piet ·

Regte besluit tussen die drie. Kan nie eers glo dat sout en asyn een van die drie was nie. Een van die oorspronklike geure en een van my gunstelinge. Tamatiesous werk egter goed vir Fritos.

SwartBees ·

Dit proe in elk geval nie meer soos wat dit des jare geproe het nie. Deesdae proe die tomatie sous chips net sleg.

Frank ·

Aggenee!!!!!!! Grootgeword met die tamatie ene, vir ‘n paar jaar gelos maar so jaar of wat weer die eerste ene wat ek van die rakke af gryp. Julle weet: “die vat 3 vir beter prys”… 3 Tamaties coming up!!

Rooikoos ·

Ek koop al jare net Willards. Smaak en kraak net soveel beter. En hulle tamatie skyfies is ver verhewe bo die onsmaaklike pienk skyfies van Simba.

Frank ·

Hulle Asyn is ook lekkerder. Nie so skerp asyn smaak soos Simba nie.

Wielspore ·

Sal maar my Tamatie geur by die ander vervaardiger koop. Vind dit nogal vreemd dat verbruikers gevra is om te stem en te wen. Ek haal aan in die advertensie: Enter the competition to vote and stand the chance to win your share of R1 000 000 in retail vouchers, instant airtime and cash prizes.
Die vraag is, die mense wat gestem het, het hulle stem geval op smaak of het hulle net bloot gestem om in aanmerking vir die prys te kom.
Simba behoort te weet watter produk is hulle beste verkoper, hoekom vir die verbruiker vra om te stem, dalk stem hulle vir die slegste verkoper, gaan Simba dan die produk van die mark af haal. Maak nie besigheid sin. Dit lyk eerder na ‘n bemarings foefie.

Rudolf ·

100 % Korrek – oor ses maande sal jy hoor: Back by popular demand……

Rissie ·

Presies wat hulle gaan doen. Net ‘n bemarkings foefie want hoekom is ons (maatskappye wat in groot hoeveelhede aankoop) vanjaar vroeg reeds al in kennis gestel (nogal deur ‘n amptelike brief) dat Salt&Vinegar en Cheese&Onion “discontinued” is en ons nie meer kan bestel nie – hulle maak dit nie meer nie.

So wie jok nou vir wie?

Tersia ·

Soos met die Sout en Asyn Lays – gaan van die mark af, kom na ‘n paar maande terug met “Limited Edition”, hoeveel maande later nog en daar staan steeds “Limited Edition” op die pakke. Hulle wil net he mense moet nou al wat ‘n pak tamatiesous is gaan opkoop, dus ‘n lekker boost vir hulle verkope vir Augustus.

Dawie ·

Baie goed opgesom, Wielspore! Hulle verkoop dit alle jare, hoe sal hulle nou nie presies weet hoeveel van elke geur verkoop nie.

Piet parys ·

Hoekom het hulle veldtog loods dat verbruikers besluit. Dit is mos voor die hand liggend om te kyk na die verkope of is die mense nie opgelei om daai berekening te maak nie

Cindy ·

vra ek ook, want as ek dit uitwerk is my persentasies baie anders – seker dieselfdes wat nie kan uitpluis volgens verkope watse geur moet gaan nie, wat die persentasies op die stemme uitgewerk het LOL

Jakalas ·

Maak sin, Simba se tamatiesous geur smaak sleg. Dit het ‘n weird na-smaak.

Hannelie ·

Ek vind die salt and vinegar van Simba is die laaste tyd baie sterk. Was verras met Willards se salt en vinegar, baie beter. Dit is jammer dat hulle die Simba Tamatie Sous skyfie ontrek. Dit was deel van ons Heritage en grootword jare.

Karen ·

Ek het al baie by Simba chips gekla oor die smaak, of dit proe na niks of dit proe soos ou olie, nou vat hulle my gunsteling geur ook weg? Wat laat hulle dink ek sal weer hulle maak koop, want klaar is nou klaar gesoebat kan ek maar sê. Ek het nie eers ñ kleine ou pakkie gekry om op te maak elke keer as ek gekla het nie, ons praat nou van jare.

Willem ·

Sal maar in die toekoms Willard’s of een van die ander make koop. Simba is uit.

Moedeloos ·

Simba se chips is ook vir my fyn en met die dat rakpakkers dit indruk kom dit krummels by die huis aan.

Rissie ·

Ek werk in die kos bedryf en bestel weekliks by Simba voorraad. Ons was vroeer in die jaar al in kennis gestel dat ons ook nie meer sout & asyn of “cheese & onion” kan bestel nie want dit is “discontinued” en sodra voorraad land wyd uitverkoop is, daai geure ook “no more” gaan wees.

So hoe nou?

Kathleen ·

Agge nee , hulle kon maar vir al wat ek omgee die sout en asyn laat gaan het , my 2 gunsteling geure is tamatiesous en smoked beef . Ek hoop nie hulle kry 1 of ander gier in hulle agterente om die smoked beef ook te laat gaan nie want dan koop ek nooit weer Simba chips nie .

Elinette ·

Droë skyfies is in elk geval net sleg vir die gesondheid. Propvol onversadigde vette, geur- en kleurmiddels – om van sout nie eens te praat nie! Los eerder “chips” geheel en al uit. Jy sal minder dokter toe hoef te gaan met hartkloppings, oorgewig, allerlei gastriese probleme e.d.m.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.