Simba Mhere-ongeluk: Bestuurder hoor sy lot

Simba Mhere

Presies drie jaar ná die ongeluk waarin Simba Mhere, die aanbieder van die televisieprogram Top Billing gesterf het, is Preshalin Naidoo in die Randburg-landdroshof skuldig bevind aan strafbare manslag.

Landdros David Mahango het tydens die lewering van sy uitspraak gesê die hof het bevind die staat het bo redelike twyfel bewys dat die beskuldigde se verkeerde en nalatige optrede gelei het tot die botsing wat die dood van Mhere en Kady-Shay O’Bryan veroorsaak het.

Maroela Media het vroeër berig twee aanklagte van strafbare manslag is teen Naidoo aanhangig gemaak nadat Mhere en O’Bryan in die ongeluk, waarby drie motors betrokke was, op 31 Januarie 2015 in William Nicol-rylaan gesterf het.

Adv. Francois Roets, Naidoo se regsverteenwoordiger, het vroeër tydens slotbetoë aangevoer die staat het nie konkrete bewyse dat Naidoo skuldig is aan die aanklagte nie. Hy het geëis dat Naidoo vrygespreek word op die aanklagte teen hom.

ʼn Staatsgetuie het tydens die verhoor aangevoer dat Naidoo se motor teen minstens 160 km/h beweeg het toe hy beheer daaroor verloor het. Naidoo het met sy motor oor die middelman gery en teen Mhere se motor gebots.

Mhere en O’Bryan was op pad na die OR Tambo Internasionale Lughawe om na Kaapstad te vlieg vir die J&B Met. Mhere se pa, Joseph, was ook in die motor en het die botsing oorleef.

Mhere was sedert 2010 ʼn aanbieder van die gewilde leefstylprogram Top Billing op SABC3 en O’Bryan (29) was ʼn blogger, sosiale kommentator en enkelma van ʼn vierjarige dogtertjie.

Lees alle vorige berigte oor Simba Mhere op Maroela Media.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Annie ·

Bly om te hoor hy is skuldig. Advokaat Roets jy sal maar vir jou ander bestuurder moet gaan soek. Hoop hy word nie ligtelik gestraf nie.

linda ·

Baie ernstige straf moet aan mense opgele word wat nie die pad reels nakom nie, en andere laat dood verongeluk. Ek sou se so iemand behoort lewenslank agter trallies te sit, hy sal weer en weer jaag as hy uitkom !

christa ·

een goeie man tussen duisende moes uit gewis word. Foeitog so jammer vir sy ouers.

jeannine ·

‘n paar maand voor sy dood is hy nog op besoek gewees in belgie om ‘n reportage te maak van ‘n suid Afrikaanse voetbal speler die by ons hier in oostende speel ‘n baie aan genaam man en was geskok toe ek van sy dood lees baie serkte aan sy familie

PJC ·

Enigiemand wat te vinnig ry is ń potensiële moordenaar. Ek hoop hy kry die swaarste straf moontlik.

Sarel Stryd ·

Hoekom moes dit drie jaar neem. Wie het hier die meeste geld gemaak.?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.