Simba Mhere-ongeluk: Drywer aangekla

Simba Mhere. Foto: Legacy Lifestyle.co.za

Simba Mhere. Foto: Legacy Lifestyle.co.za

Die bestuurder wat glo met sy motor teen die bekende TV-aanbieder Simba Mhere (31) se motor gebots het, gaan van strafbare manslag aangekla word.

Sup. Edna Mamonyane, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die ongeluk het omstreeks 05:00 Saterdagoggend in William Nicol-rylaan plaasgevind.

“’n VW Polo, wat by Fourways van die N1 af geklim het, het oor die middelman gery en aan Simba se kant teen die motor gebots. Simba het bestuur en hy en ʼn passasier wat langs hom gesit het is weens die impak oorlede,” het Mamonyane gesê.

Mhere en sy passasier is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die Polo en nog ʼn passasier van Mhere se motor is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

“Die bestuurder van die Polo sal van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuurder aangekla word. Metropolisiebeamptes het gesê hulle kon geen sigbare beserings of bloed op die Polo-bestuurder sien by die hospitaal nie,” het Mamonyane gesê.

Mhere was sedert 2010 ʼn aanbieder op die gewilde leefstyltelevisieprogram Top Billing op SABC3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

Hoeveel mense moet nog sterf agv dronk, nalatige bestuurders?

1 polisielid is dood en 1 ernstig beseer 2 weke gelede in Benoni toe ‘n bestuurder van ‘n Golf oor ‘n rooi verkeerslig gejaag het en die polisievoertuig getref het!
Die bestuurder van die golf is ook dood …

RIV Simba …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.