Simba Mhere-ongeluk: Motor ry teen 166 km/h voor botsing

Simba Mhere

Simba Mhere

Preshalin Naidoo (24), die man wat tereg staan op twee aanklagte van strafbare manslag nadat hy in ʼn botsing betrokke was waarin die aanbieder Simba Mhere (31) en sy passasier dood is, het ʼn spoed van 166 km/h gery toe die botsing plaasgevind het.

Lorenz Stoger, Car Track se vlootbestuurder, het Dinsdag in die Randburg-landdroshof getuig Naidoo het op 31 Januarie 2015 omstreeks 5:36 die William Nicol-afrit geneem en teen 166 km/h in die regterkantste baan in die rigting van Monte Casino gery.

Staatsaanklaer Dinesh Nandkissor het Stoger gevra hoekom daar geen aanduiding is dat Naidoo die remme van sy motor aangeslaan het nie. “Daar is nie skerp rem getrap nie,” het Stoger aangevoer. Volgens hom het Naidoo teen 166 km/h gery en toe skielik 0 km/h nadat hy teen die ander motors gebots het.

Stoger het aan die hof verduidelik hoe die toestel wat in Naidoo se motors geïnstalleer was werk en hoe die data bekom is. Hy het gesê die toestel kan ʼn bestuurder se bestuursgedrag sowel as die ligging van die motor waarneem.

“Op 30 Januarie 2015 omstreeks 17:48 het die motor teen 134 km/h gery op die N1. Teen 20:15 het die motor teen 150 km/h gery en teen 22:17 het Naidoo 134 km/h gery in Jan Smutslaan waar die spoedperk 80 km/h is.” Volgens Stoger het Naidoo op 31 Januarie 2015 omstreeks 4:30 teen 210 km/h gery op die N1.

Nandkissor wou by Stoger weet hoeveel ritte deur die toestel aangeteken is waar Naidoo die spoedgrens oorskry het. Volgens Stoger was daar 37 gevalle waar Naidoo die grens oorskry het.

Mhere en sy vriendin, Kady-Shay O’Bryan‚ is op 31 Januarie 2015 op die ongelukstoneel in William Nicol-rylaan in Fourways dood. Naidoo het glo met sy motor oor die middelman gery en teen Mhere se motor gebots.

Mhere en O’Bryan was op pad na die OR Tambo Internasionale Lughawe om na Kaapstad te vlieg vir die J&B Met. Mhere se pa, Joseph, was ook in die motor en het die botsing oorleef.

Mhere was ʼn aanbieder van die leefstylprogram Top Billing op SABC3 en O’Bryan (29) was ʼn blogger, sosiale kommentator en enkelma van ʼn vierjarige dogtertjie.

Die saak gaan Woensdag voort.

Lees alle vorige berigte oor Simba Mhere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Asjas ·

Dis kommer wekkend hoeveel van hierdie nuwe vinnige grand motors sonder flikkerligte, hoofligte of remme uitkom. Dan sien ek die bestuurders word ook al jonger? Gister Gr 9 leerling in BMW gesien …

Truth Project ·

More Insurance Companies should insist on this type of device being installed depending on the make and model of the vehicle. People with high performance vehicles are definitely a risk on the road, especially if they are still young, inexperienced or did not attend an advanced driving course. Insurance Companies will save a lot of money, especially if they don’t pay out when negligence or breaking the law can be proven?

Jan ·

Wat van ‘n behoorlike straf vir die soort oortredings. 15 jaar, bestuurderslisensie lewenslank opgeskort, voertuig gekonfiskeer.

Anne ·

Hoe kon Naidoo 5:36 by die William Nicol-afrit teen 166 km/h ry as die oorledenes “omstreeks 05:00” op die ongelukstoneel oorlede is?

Landi Slatter ·

Dagsê Anne

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Theresa ·

Teen daardie spoed en bewyse dat hy dit graag so doen, is hierdie moord van 2 persone.

Karma ·

Hoe “klim” ‘n mens van ‘n afrit af, Maroela? Die bestuurder het glo van William Nicol “afgeklim” en toe hy nou klaar afgeklim het, het hy weer verder gery? Swak taalgebruik, MM.

Landi Slatter ·

Dagsê Karma

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir die flater. Dit lees nou ‘..die William Nicol-afrit geneem..’.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

ig ·

Karma in die volksmond praat almal van afklim by n afrit.N goeie begrip het net n halwe word nodig.

Alida ·

Jennefer, om 18 in gr 9 te wees is nie so vergesog nie. Sommiges is 20 in gr 9 en studente is nog op universiteit op 32!!!! Lekker Zuma betaal mos vir hulle en dan breek en brand hulle ook nog alles af. Siek land en nog sieker leiers.

Kay ·

Skokkende Suid-Afrikaansestatestiek, gevind op: http://www.alcohol.co.za/statistics.htm

“When you are on the road at night, one out of every seven drivers sharing the road with you, is drunk.”

Baie mense wat vroegoggend roekeloos bestuur, kom van kuierplekke en kroeë af (op pad huis toe vir ‘n vinnige stort voor hulle werk toe ry). Hulle ry te vinnig, het sopas deurnag en is boonop onder die invloed. Baie tragies.

Sam ·

Nee my magtig.. dis een ding om te vra oor die tyd flater maar hoe klim mens af by ‘n afrit…jy klim af! Liewe magtig gaan lees iets anders as dit al is wat jy hier kom doen op Maroela. Dis menslik en menige mense gebruik die kastige swak taalgebruik, en ek wed jou, jy het ook al af geklim by ‘n afrit…

C ·

Sjoe maar hierdie Naidoo kalant was darem maar haastig. Ook seker laat gewees vir ‘n belangrike vergading.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.