Simba Mhere-ongeluk: Naidoo eers dán gevonnis

Simba Mhere

Die voorvonnis-verrigtinge van Preshalin Naidoo, die man wat betrokke was in die motorongeluk waarin Simba Mhere, die Top Billing-aanbieder dood is, is Vrydag uitgestel as gevolg van die proefbeampte se verslag wat nie voltooi is nie.

Naidoo (27) is in Januarie, presies drie jaar ná die ongeluk, skuldig bevind aan strafbare manslag in die Randburg-landdroshof. Kady-Shay O’Bryan, Mhere se vriendin, is ook in die ongeluk dood. Die saak is tot 19 April uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig drie motors was betrokke in die ongeluk wat op William Nicol-rylaan in Fourways plaasgevind op 31 Januarie 2015.

Naidoo het tydens die verhoor deur middel van ʼn beëdigde verklaring laat blyk dat die ongeluk as gevolg van ʼn meganiese fout plaasgevind het en nie as gevolg van nalatige bestuur nie.

ʼn Staatsgetuie het tydens die verhoor aangevoer dat Naidoo se motor teen minstens 160 km/h beweeg het toe hy beheer daaroor verloor het. Naidoo het met sy motor oor die middelman gery en teen Mhere se motor gebots.

Mhere en O’Bryan was op pad na die OR Tambo Internasionale Lughawe om na Kaapstad te vlieg vir die J&B Met. Mhere se pa, Joseph, was ook in die motor en het die botsing oorleef.

Mhere was sedert 2010 ʼn aanbieder van die gewilde leefstylprogram Top Billing op SABC3 en O’Bryan (29) was ʼn blogger, sosiale kommentator en enkelma van ʼn vierjarige dogtertjie.

Lees alle vorige berigte oor Simba Mhere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Deloris ·

Lewenslank tronk toe vir jou .. wat die dood van n fantastiese aanbieder en sy vriendin veroorsaak het….. RIV Simba geregtigheid sal geskied glo onns.

Annie ·

Lewenslange tronkstraf – hy het iemand dood gemaak !!! Hulle maak so ophef van tabak maar drank is die oorsaak van spoed, ongelukke en dood op ons paaie. Geen simpatie met daai bestuurder nie hy kry net wat hom toekom. TRONK!!!!!!!!!!!!

Cherokee ·

Soos TV-sepies dekades lank aanhou en beroepe skep vir mense in ‘n verbeeldingswereld, so neem hofsake in SA jare lank om ‘n beslissing te bereik.

Alida ·

Pragtige aanbieder gewees. As n witman die skuldige was was hy lankal in die tronk.

vissie ·

Hoe lank neem dit om n verslag op te stel, hemel dit is al drie jaar gelede . seker nog drie jaar om af te handel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.