Simba Mhere-ongeluk: Saak weer uitgestel

Simba Mhere

Simba Mhere

Preshalin Naidoo (24), wat tereg staan op twee aanklagte van strafbare manslag nadat hy in ʼn botsing betrokke was waarin die aanbieder Simba Mhere (31) en sy passasier dood is, het Donderdag weer in die hof verskyn.

Naidoo, wat uit is op borgtog, het in die Randburg-landdroshof verskyn. Die saak is egter weer uitgestel weens ʼn dispuut oor nuwe bewyse wat die staat wil bekend maak. Die saak is tot Oktober uitgestel, nadat Naidoo se regsverteenwoordiger, adv. Francois Roets, aangevoer het die bewyse is laat ingedien en nagevors moet word.

Mhere en sy vriendin, Kady-Shay O’Bryan‚ is op 31 Januarie 2015 omstreeks 05:00 op die ongelukstoneel in William Nicol-rylaan in Fourways dood. Naidoo het glo in sy motor oor die middelman gery en teen Mhere se motor gebots.

Mhere en O’Bryan was op pad na die OR Tambo Internasionale lughawe om na Kaapstad te vlieg vir die J&B Met. Mhere se pa, Joseph, was ook in die motor en het die botsing oorleef.

Mhere was ʼn aanbieder van die leefstylprogram, Top Billing, op SABC3 en O’Bryan (29) was ʼn blogger, sosiale kommentator en enkelma van ʼn vierjarige dogtertjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marianne ·

Waarom vat hofsake so lank??? Is dit omdat die Regstelsel vaal? Naidoo is skuldig Amen en klaar. Skort sy lisensie op, gee hom tronk straf en laat die Mhere en O’Bryan families “closure” kry.
Simba se plek is leeg hy het saam met sy geliefde vriendin gestref. Haar pragtige dogtertjie gaan sonder mamma by haar oupa en ouma groot word…. Ek dink aan al die betrokkenis maar veral aan daardie kind!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.