Simelane, Shaik verdien miljoene

Mo Shaik. (Foto: iAfrika)

Die DA het onthul dat die omstrede adviseurs van Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, elk ʼn jaarlikse salaris van amper R2 miljoen in die sak steek.

Dit het die afgelope naweek aan die lig gekom dat Sisulu vir Menzi Simelane en Mo Shaik, twee uiters omstrede politieke figure, as raadgewers in haar departement aangestel het.

“Die DA kan vandag onthul dat Simelane en Shaik elk ʼn jaarlikse salaris van R1,97 miljoen verdien. Dit is R700 000 meer as wat die minister se hoofdirekteur verdien wat ʼn honneursgraad in openbare administrasie én ʼn meestersgraad in ekonomiese beleid het,” sê Emma Louise Powell, DA-skaduminister vir menslike nedersettings, water en sanitasie. Sy sê dié grootte salaris is gewoonlik slegs beskore vir direkteurs‑generaal van nasionale regeringsdepartemente.

Maroela Media het Dinsdag berig dat dié twee persone weinig kennis en ervaring in die veld het waarin hulle as adviseurs aangestel is.

Volgens Powell beloop die totale salarisrekening vir Sisulu se departement amper R14 miljoen. “Dit sluit nie in die salarisse van die bykomende 19 werkers wat sy in diens geneem het vir die nasionale vinnige-reaksie-taakspan nie.

“Dit is so duidelik soos daglig dat die korrekte riglyne nie gevolg is met dié aanstellings nie en daar is ʼn oormaat van politieke kaders wat heeltemal te veel betaal word. Dit terwyl krane reg oor die land droog loop,” sê Powell.

Sy sê die DA sal stappe teen die minister se kantoor doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theresa

Lekker. So sorg hulle vir hulself. Shaik moes lankal onder die grond gewees het. Hy was dan uit die tronk ontslaan omdat hy so “vreeslik” siek was. Groot grap.
En antie weet ook wanneer om die “regte” dinge te se wat almal wil hoor.

Theresa

O ek sien nou dis daardie Shaik. Dis nogtans ‘n skande. Ons land, mense en hulpbronne word verwoes en hulle pocket net.

Danien

Hierdie land sal nooit regkom want die Adamiet het vermeng met die uitlander en God se geen vermenging mag plaasvind. Dus gaan betreur jul lot by die uitlanders.

Sakkie

Wonder hoeveel belasting betaal hulle?

Lana

Hoe onbevoeg is jy om twéé raadgewers te moet hê? En het Cyril nie belowe kaderaanstellings moet end kry nie?