
Daar is tans ses brandbestrydingstoestelle en ongeveer 50 brandweermanne op die toneel (Foto: Verskaf)
Die veldbrand wat Maandag vroegoggend in die omgewing van Simonstad in die Wes-Kaap uitgebreek het, is tans onder beheer.
Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstad-brandweerdiens, sê die brand is danksy die brandbestrydingshelikopters net voor 12:00 onder beheer gebring.
“Daar is tans ses brandbestrydingstoestelle op die toneel,” sê Carelse.
Maroela Media het vroeër berig omtrent 50 brandweermanne baklei al sedert 05:55 teen die brand wat teen die berghange bokant die Suid-Afrikaanse vloot se opleidingsbasis naby Simonstad uitgebreek het.
Die Ysterplaat-lugmagbasis het laatoggend twee brandbestrydingshelikopters gestuur om die brand te help blus.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Arson season has started!
beskik die lugmag nog oor enige diensbare helikopters , vaardige vlieëniers , enige brandstof ?
Ironies dat jy nooit hoor hoe die brand o ntstasn het nie.