Sindikaat rakende bestuurslisensies oopgevlek

Foto: Verskaf.

Die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad het Maandag 14 verdagtes tussen 29 en 66 jaar oud in hegtenis geneem vir beweerde bestuurslisensiebedrog.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê van die 14 verdagtes is sewe eksaminators. Die verdagtes is onderskeidelik in Potchefstroom en Mogwase in hegtenis geneem.

Volgens Rikhotso vorm die inhegtenisnemings deel van ʼn ondersoek wat in 2017 van stapel gestuur is om bedrog en korrupsie in die verkeerstasies en bestuurskole in Noordwes vas te vat.

Dit volg ná verskeie berigte oor bestuurskooleienaars wat met eksaminators by toetssentrums konkel en leerlingbestuurslisensies of bestuurslisensies uitreik in ruil vir omkoopgeld.

Volgens hom is daar in sekere gevalle lisensies uitgereik sonder dat aansoekers die verpligte toetse moes ondergaan in ruil vir omkoopgeld van R5 000 tot R10 000.

Die verdagtes sal Dinsdag in die Potchefstroom- en Mogwase-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johann ·

Hoor hulle moes UBER reel om polisie stasie toe gery te word… die “beamptes” se lisensies was onder verdenking…

Elize C ·

Nou wil ek net graag weet: wat gaan nou gebeur met die persone vir wie daardie onwettige lisensies uitgereik is? Gaan hulle name geskrap word van die register van wettige bestuurders, gaan hulle opgespoor word en in kennis gestel word dat hul sogenaamde “lisensies” gekonfiskeer word? Gaan hulle beboet word vir omkopery? Gaan hulle name opduik wanneer hulle oor 5 jaar hul lisensies wil gaan hernu, en dan aangesê word dat hul hul lisensies heeltemal moet gaan oordoen?

Elize C ·

En daarmee sê ek die persone wie die omkoopgeld betaal het, is net so skuldig. Daar sou nie ‘n aanbod gewees het, as daar nie ‘n aanvraag was nie. Die deler is net so skuldig soos die steler. Hoe word hierdie mense met hul “gekoopte” lisensies van ons paaie verwyder?

Speedguard ·

Elize……. Alle lisensies wat uitgereik was deur die mense sal terug getrek word in terme van die wet op padverkeer, die ongeluk in die saak is dat die persone wat hul lisensies gekry het op ”n eerlike manier wat die mense uitgereik het ook hul lisensies verloor, so ek kan jou verseker alle lisensies sal gekanseleer word, so kom die mense dan ook na vore om te kla dan word hul ook vas gevat, dit is maar regtig soos konfetti in die wind maar waar begin ‘n mens? Wel gedaan aan die ondersoekers!

Gemaskerde Sopbeen ·

Die gewone padgebruiker kan amper 90% korrek voorspel wie het ‘n lisensie en wie nie….jy kan hulle myle ver uitken. Maar die jmpd se offisiere kan nie? Ek dink hulle het nie hierdie sindikaat oopgevlek omdat hulle misdadige bedrywighede wil ontbloot en stop sit nie…………..dit wil meer voorkom asof hulle hierdie sindikaat oopgevlek het omdat hulle MEER omkoopgeld kry as hulle!!! Ek was gister weer in ‘n padblokkade in Krugersdorp waar die skimpe oor “lunch” alle gesprekke oorheers het….”Good morning seh! How aah dju?’ “Good morning officer, I’m OK and yourself?” “Eish, I’m so huuungry….I wish someone to buy me lanch!!” Net so. Sonder om te blik of bloos…. Ek dink “dash-cam” is volgende op my lys….

Hans ·

Hoopelik kan hul ondersoek selfs die opspoor met die ongeldige lisenies en hul ook saam aankla vir bedrog ens.

GAB ·

In Gauteng is n online leerders toets op rekenaars. Dit is genoem die CLLT. Computer Learners Licence Testing. Dit hou rekord dat die leerder wel afspraak gemaak het en getoets is. Ander provinsies wou dit nie he nie en die DOT wil dit ook nie meer goedkeur nie. Nou hardloop almal iit Gautrng uit om eerder dit tr omkoop om LL te kry op die manier. Eerlikheid en leer vir dit is nie meer die norme nie. Daarom die manier van bestuur en ignoreende houding van padtekens

Piet Pompies ·

Beslis ‘n stap in die regte rigting, al die soort omkopery dra by tot die slagveld op ons paaie, ons hoop daar volg nog suskesvolle ondersoeke en skuldigbevindinge.
Die mense wat bedrog pleeg kan maar gerus regop sit in hulle stoele want die volgende persoon wat by die deur instap kan net sowel ‘n geregsdienaar wees.

Johann Marx ·

Aijaijaijaijaijai….krap julle almal darem nou die Misister van Vervoer se kampanje deurmekaar? Sy wil nie hoor hoe haar staatsdepartement lisensies uitdeel soos smarties teen R5K ‘n “pop” nie? Sy wil op tiewie wees….en aanhou karring oor die swak weersomstandighede, lorriedrywers wat geforseer word om onpadwaardige voertuie vir onmenslike ure te bestuur, mense wat nie kyk vir pad-ganse nie (hoe moet hulle aan die anderkant kom?), en “speed kills” (afhangende van hoeveel “speed” jy snuif voor jy bestuur!!) Nou kom krap julle haar hele redenasie om met…..50% van alle voertuigbestuurders daar buite, het GEEN toets gedoen om te kan bepaal of hulle KAN bestuur nie!!!??? Nee man….

Sê maar net ·

Hulle kan gerus Meyerton ook ondersoek. My kind het ondervinding met n toegif wat gemaak sal word deur paaltjies te skuif. Dit is natuurlik nadat hy vir haar gesê het die afstand tussen die paaltjies is nie reg en hy die kar sal stamp as hy probeer agteruit inry. (Persone wat na die toets gekyk het, het bevestig nie paaltjies is geskuif voordat hy begin het met sy toets.)

Skande ·

Hulle MOET Groot asb ook na Al die Takke in Pretoria toe gaan,
dit is SO Scary, hoe ry hierdie mense op die paaie wat nie weet hoe lyk n STOP TEKEN,
N ROOI ROBOT N LINKERKANT OF REGTERKANT VAN DIE SNELWEG????
Maar R10 000 is Goed genoeg.HUH

CHRIS ·

Nee wat pretoria is maar al die jare nog so, van die swakste bestuurders in alle provinsies

Bridget ·

Jy is so reg hulle ken nie van stop strate en toegee tekens nie steek karre verby op soliede wit lyne staan nie in ‘n ry as die robot rooi is nie ry net langs jou verby om voor te kom so duidelik soos daglig ken geen enkele pad reel en pad tekens nie

Alida ·

Elize C, hulle verwyder hulself van die paaie want hulle verongeluk almal dood en neem onskuldige bestuurders saam met hulle. Dit is ongelukkig die waarheid.

cor ·

Dit wil voorkom of dit deel van die belofte program van stop korrupsie is. Dit sal seker net so maand of wat wees dan is al die mooi beloftes vergete en word die ou ou gesang van “White minority capital” uit volle bors gesing en word apartheid die skuld gegee vir al die korrupsie.

Rudi Strydom ·

Die red tape sisteem is verantwoordelik vir die manne se misdaad sowel as die omkopers. Dit het ‘n totale frustrasie geword om jou lisensie te bekom en dit is wat die mark geskep het vir omkopery.

Piet Pompies ·

Stem met Rudi saam, ek het ‘n Citi Golf gekoop met die registrasie dokument. Met registrasie is bevind die voertuig is nog in iemand anders se naam. Ek kon nie hierdie opspoor en daar was ook boetes van R1200 uitstaande.
Die voertuig is verkoop as scrap, die nuwe eienaar het die owerhede met R700 omgekoop, terwyl die voertuig nog in my erf gestaan het met boude en blaaie, het hy ‘n padwaardigheidstoets geslaag, Data dot sertifikaat gekry en op die nuwe eienaar se naam gesit. Ek wou dit wettig doen en geen hulp van die owerhede ontvang, die nuwe eienaar se R700 het vir hom deure oopgemaak.

Jannie ·

As jy nie bribe betaal nie kry jy nie jou lisensie die eerste paar kere nie…..die arme nuwe aansoekers moet n paar keer gaan en dit kos n klom geld as jy ook dan nog deur n bestuurskool moet gaan om vir die voertuig ook te betaal wat jy gebruik,veral as jy swaarvoertuig lisensies wil doen…..jy word basies gedwing om bribes te betaal.

ONS LIEWE land ·

Dis net jammer dat hulle nie hulle FLIPPEN lisensies gaan verloor nie. Miskien dalk net n handjie vol sal hulle sin verloor.
Om tek dink hoeveel keer ek op die eerlike manier moes gaan en dan byt hulle nog die geleentheid uit ook. Die ene wat my op n stadium getoets het, het sommer my handrbriek in die ry opgetrek en gese kom ons PRAAATTTTTT en glo maar vir my daar was GEEN gevaar in die omtrek nie (maar wel probeer onderhandel met my) net gese ek stel nie belang nie. Het dit nie gemaak nie en ALMAL STAAN en LAG vir jou as y hulle wil rapporteer. Die ander geval met my voertuig inspeksie op TYD het sy die HELE tyd gestaan en skree vir iemand anders en “GeCHAT” as jy vir haar se ek is besig om te toets LAG sy vir jou. Nodeloos om te se BLYKBAAR het ek dit Toe weeeeer nie gemaak nie. Maar ek het deur gedruk, net jammer hulle gaan weg kom daarmee. As jy nie eers iemand kan RAPPORTEER nie.

Speedguard ·

ONS LIEWE LAND, ek kan jou WAARBORG dat alle lisensies of dit nou gekoop was of nie sal gekanseleer word en nie van 3 maande terug nie maar alles, soos ek reeds gese het die arme eerlike mens gaan nou ook onder die selfde kam geskeer word…………maar waar begin jy! Dit is al manier om die saak opgelos te kry mbt die wat reeds op die pad is!!! Dit is egter ‘n hele ander saak om die probleem by die toets sentrums aan te spreek!!!

Inge Venter ·

Baie dankie vir die optrede! Daar is so baie motorongelukke en sterftes wat toegeskryf kan word aan swak bestuurders. Fietsers wat raakgery word, voetoorgangers, motor insittendes…..dis in baie gevalle te wyte aan swak bestuurders wat natuurlik nie hul lisensies wettig bekom het nie

jackie ·

Alles goed en wel maar die bestruuskole is net so skelm deur om mense te fai vir die geringste ou dingetjie dan moet jy weern afpsraak maak weer R2000 – R3000 betaal om weer te probeer vir jou license, dan try jy maar weer word jy gefail vir n klein dingetjies dan moet jy weer daai klomp geld neersit op die einde want dis hoe hulle mos profyt maak van die dag kos jou drivers jou amper R15 000 plus dis hoekom daar so baie mense hulle lisensies koop, en dis nie noodwendig die mense wat lisensie op n legal way gekry het nie. ongelukke kan maak nie baie mense maak ongelukkie al het hulle hulle license op n legal manier gekry het. Dis maar net my mening

Tasha ·

Nou weet ek hoekom ek al so baie gefail het in Potch, ek het nie bribe geld nie. Hulle het dit nou net nog moeiliker gemaak vir ons om ‘n lisensie te kry… die hele k53 storie is in elk geval simpel… wie gaan heeltyd sit en rondkyk soos n afkop hoender..

wonder maar net ·

Moenie thabazimbi weggooi nie.! Jy kan jou lisensie vir. R2500 koop. Sekere cash loans het spesiale lenings vir lisensies. My dogter kon nie op thabazimbi mogwase of potchefstroom reg kom nie.

My Opinie tel nie. ·

Moet ons gewone mense maar die gemors net aanvaar? Kom ons hoop iemand is bereid om die slagting van mense op ons paaie te stop. Soveel onskuldiges sterf daagliks omdat mense nie kan bestuur nie. Die vraag is hoeveel beamptes sal oorbly as die skuldiges ontslaan word?

Sarel Strydom ·

Mense blameer en skel die beamptes maar elke persoon wat omkoopgeld betasl het moet ook asngekla word. Ten tweede wil ek vra of dit nie rede was hoekom lisensies elke 5 jaar hernu moet word nie?

Cassie ·

As ek my leerlinglisensie en bestuurderslisensie deur ‘n bestuurskool verkry het gaan ek nie weet of daar bedrog of korrupsie gepleeg is nie mits ek weet ek kwalifeseer nie vir enige een van die twee nie.Bestuurskole wat hulle skuldig maak aan hierdie misdrywe se besigheidslisensies moet opgeskort word en vervolg word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.