“Sing solank jou begrafnislied”

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Landdros in Mpumalanga het aan ʼn man, wat ʼn aantal aanklagte in die gesig staar, gewaarsku dat hy solank sy begrafnislied moet sing, aangesien hy op pad is na sy einde.

Innocent Ngomane (27) van Matsulu informele nedersetting buite Mbombela het onskuldig gepleit op twee aanklagte van motordiefstal en roof toe hy Vrydag in die Tonga-landdroshof verskyn het, het ʼn Sapa-korrespondent berig. “Ek plaas jou sake oor na die Tonga-streekshof waar hulle jou goed gaan gaar maak,” het senior landdros Sam Nkuna aan Ngomane gesê.

Die landdros het geskerts en gesê hy dink Ngomane sal “Nyathela Kancane” [trap liggies] sing, ʼn lied wat gereeld by begrafnisdienste gesing word. “Ek het gedink ek sal hoor dat jy hierdie begrafnislied, Nyathela Kancane, sing omdat jy amper daar is,” het Nkuna gesê.

Die slagoffer, Enoch Shabangu, se Volkswagen Citi Golf is in November 2010 by Langeloop Trust gesteel.

Staatsaanklaer Frederick Mhelembe het aan die hof gesê Ngomane het aanvanklik op 28 November 2010 in dieselfde hof verskyn waar hy op borgtog van R700 vrygelaat is. “Jy het drie keer versuim om na die hof te kom tot ʼn lasbrief vir jou inhegtenisname op 22 Junie 2011 uitgereik is en jy uiteindelik op 22 April 2014 in hegtenis geneem is,” het Mhelembe gesê.

Ngomane is ook een van sewe persone wat van die moord op konstabel Sfiso Mtsweni beskuldig word. Mtsweni is op 8 November 2013 by sy huis in Langeloop, suid van Malalane, doodgeskiet.

Ngomane bly in aanhouding in verband met al twee sake. Nkuna het die saak tot 27 Junie uitgestel om dan in die streekshof te begin. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jannie ·

Is dit nie teen die grondwet om die woorde te uiter na n landsburger nie veral n landdros wat die wet behoort te ken. Al is hy skuldig ons het die beste grondwet en wette in die wereld vra maar net

jannie ·

Is dit nie teen die grondwet om die woorde te uiter na n landsburger nie veral n landdros wat die wet behoort te ken. Al is hy skuldig ons het die beste grondwet en wette in die wereld vra maar net is dit gepas vir die landros om so iets te se alles in die land moet jy voor jy se met n knippie snuif vat.Lol

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.