Singh bedank voor Eskom-ondersoek hervat word

Anoj Singh (Foto: ANA)

Anoj Singh, geskorste finansiële hoof van Eskom, het bedank.

“Eskom het Maandag mnr. Singh se formele bedankingsbrief van sy prokureurs ontvang, in ooreenstemming met die bepalings van sy dienskontrak,” het Eskom Maandagaand in ʼn verklaring gesê.

“Eskom se raad het sy bedanking aanvaar. Sy bedanking is onmiddellik van krag.”

Singh se bedanking kom ʼn dag voordat die parlementêre ondersoek na staatskaping en beweerde korrupsie by Eskom Dinsdag hervat word. Singh sal na verwagting steeds om 14:00 getuig.

Singh is in September deur Eskom geskors nadat hy aan die einde van Julie op spesiale verlof geplaas is in verband met die toekenning van kontrakte aan Gupta-maatskappye. Matshela Koko, voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, sal na verwagting Woensdag getuig.

Zukiswa Rantho, voorsitter van die komitee oor openbare ondernemings, het in Januarie bevestig Singh en Koko sal tydens die ondersoek deur LP’s ondervra word.

Rantho het Singh se verskyning voor die ondersoekkomitee in Desember uitgestel nadat hy ʼn dokument van 400 bladsye aan die komitee oorhandig het slegs ure voordat hy moes getuig.

Intussen is die nuwe raad vir die kragvoorsiener Saterdag aangekondig ná ʼn vergadering tussen adj.pres. Cyril Ramaphosa, pres. Jacob Zuma, Lynne Brown, minister van openbare betrekkinge, en Malusi Gigaba, minister van finansies.

Die nuwe raad is Jabu Mabuza (voorsitter), Sifiso Dabengwa, Sindi Mabaso-Koyana, Mark Lamberti, Tshepo Mongalo, Malegapuru Makgoba, Busisiwe Mavuso, Nelisiwe Magubane, Rod Crompton, George Sebulela, Pulane Molokwane, Banothile Makhubela en Jacky Molisane.

Die regering het aanbeveel dat Phakamani Hadebe onmiddellik as die waarnemende hoof aangestel word.

“Dié raad is aangekondig om alle Eskom-beamptes wat aantygings van korrupsie en ander oortredings in die gesig staar onmiddellik te verwyder. Dit sluit Matshela Koko en Anoj Singh in,” het Tyrone Seale, woordvoerder vir Ramaphosa, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Schalk ·

En so word die kring nouer om die kades. Today a Hero tomorrow a Zero. En daar gaan name genome word en daar mag selfs die letter Z en G voorkom.
Kom Cyril wys jou staal anders gaan jy faal. he he he

Janee ·

Hoekom moet ons as verbruikers vir hierdie mense se manewales betaal met buitensporige elektrisiteit verhogings.

Justice ·

Hy gaan vandag so min getuig as wat Zuma `n skoon gewete het.

Hendrik ·

Wel die volgende voorsitter is nou aangestel by Eskom en nou moet die finansieele pos gevul word. Ek is nou nie ‘n sakeman nie maar kan hierdie ouens nie net bevoegde ouens aanstel nie? Leer hulle nie en hoe kan daar gespeel word met die S.A ekonomie deur nie die bevoegde ouens aan te stel nie? As Eskom val, val S.A…..

wraggies ·

Hierdie mense moet tronk to gestuur word en hulle moet weet dat dit die gevolg sal wees vir sulke wandaade, dis al wat dinge sal verbeter.

Theresa B ·

Ek stem Johann. Hulle is altyd vol brawades maar as die stoel warm word – woeps – ek bedank. Altyd die maklikste uitweg.

Jacques venter ·

Janee
Jy doen n goeie ding deur jaarliks meer vir krag te betaal. Jou ruimhartigheid help darem n arm imigrante Indiër gesin

Antjie ·

Ek is bekommerd die parlementêre ondersoek-kommittees ontaard in boendoe-howe vir strafregtelike sake.

snoefie ·

die parlementêre ondersoeke is wat nepotisme opgeskerp hou in SA. die da het n ondersoek in twee weke afgehandel. op parlementêre vlak duur dit tot die ondersoekers se bmw’s klaar betaal is. of tot na hulle vakansie in dubai

henk ·

Groot leuenaar.
Pravin Gordhan het hom gister lekker beetgekry en geroskam oor sy lack van integriteit.
Gordhan het gese die kapokhaantjie dink hulle is fool’s.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.