Singh, Koko eersdaags voor Eskom-ondersoek

Anoj Singh (Foto: ANA)

Die parlementêre ondersoek na beweerde korrupsie by Eskom sal volgende week hervat word met die getuienis van Anoj Singh, geskorste hoof finansiële beampte van Eskom, en Matshela Koko, voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Eskom.

Zukiswa Rantho, voorsitter van die komitee oor openbare ondernemings, het Woensdag bevestig Singh en Koko sal Dinsdag en Woensdag deur LP’s ondervra word.

Rantho het Singh se verskyning voor die ondersoek in Desember uitgestel nadat hy ʼn dokument van 400 bladsye aan die komitee oorhandig het slegs ure voordat hy moes getuig.

Ooggetuies het Singh verlede jaar beskuldig dat hy die sakebelange van die Gupta-familie wou bevorder. Hy het glo een van die Guptas se ondernemings bygestaan om ʼn waarborg by ʼn bank te bekom sodat hulle ʼn steenkoolmyn kon koop en ʼn winsgewende kontrak met Eskom sluit.

Koko het tien dae gelede na sy voormalige posisie as hoof van kragopwekking by Eskom teruggekeer nadat hy deur ʼn dissiplinêre proses gegaan het.

Die DA het die hervatting van die ondersoek verwelkom. Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder vir openbare ondernemings, het gesê die party bly verbind tot die stryd om korrupte beamptes by staatsinstellings te verwyder en te verseker dat dié instellings weer die mense van die land dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Dis tyd dat ‘n paar kanaries begin sing oor wat in semi-staatsinstellings aangaan… veral in geldlaaie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.