Sinkgat: Publiek gevra om weg te bly

Foto: HendrikvanHunks Photography

Foto: HendrikvanHunks Photography

Terwyl die Noord-Kaapse departement van openbare werke en paaie nog besig is met sy assessering van die gebied waar ʼn reuse-sinkgat op ʼn plaas langs die R31 tussen Daniëlskuil en Kuruman ingeval het, het nóg ʼn sinkgat Maandag op dieselfde plaas ingeval.

Crystal Robertson, woordvoerder van die departement, het aan Maroela Media gesê sy kan nie bevestig hoe groot of diep die tweede sinkgat is wat op die plaas, Mount Carmel, ontstaan het nie. Die eerste sinkgat is volgens Robertson ongeveer 300 m lank en 12 m wyd en het tot teenaan die teerpad ingeval en begin om die grond onder die teer uit te kalwe.

'n Skermskoot uit 'n video van die sinkgat tussen Daniëlskuil en Kuruman in die Noord-Kaap.

‘n Skermskoot uit ‘n video van die sinkgat tussen Daniëlskuil en Kuruman in die Noord-Kaap.

“In hierdie stadium kan ons nog geen nuwe inligting deurgee nie. ʼn Geoloog sal môre die gebied besoek om ʼn stabiliteitsassessering te doen en sodra sy bevindinge beskikbaar is, kan die departement besluit wat volgende gedoen moet word. Natuurlik kan daar nog geen definitiewe besluit geneem word tot ons nie weet watter aspekte alles bygedra het tot die oorsaak van die sinkgat nie, soos water of die samestelling van grond,” het Robertson gesê.

Sy het gesê hoewel die gebied vir die publiek afgesper is en daar oral waarskuwingslint en kennisgewings aangebring is, hou mense steeds aan om deur die heining van die plaas te klim om die sinkgat van nader te bekyk. “Mense is baie onverskillig en slaan nie ag op ons waarskuwings nie. Daar is selfs mense wat in die sinkgat inklim net om ʼn foto of video vir sosiale media te kry. Dit is baie gevaarlik,” het sy gesê.

“Daar is verskeie video’s op sosiale media geplaas wat wys hoe stukke van die walle van die sinkgat inval. Dit is nie veilig om na aan die sinkgat te kom nie.”

Robertson het gesê die R31 is vir alle vragmotors en swaar voertuie gesluit en gedeeltelik vir ligte voertuie gesluit. “Sommige ligte voertuie maak op eie risiko steeds van die pad gebruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ek is seker dis n grondvergrydink jul h vergoed word?? ·

Ek is seker dis n grondvergryp, arme boer, ek wonder of hy vergoed gaan word??

Mariana ·

Dankie Dries, ek het jou kommentaar regtig baie geniet. ???

Blindelings ·

Indien mense blindelings oor stopstrate, rooi verkeersligte en sperstrepe kan ry dan is daar mos geen fout om af te klim in ‘n onskuldige sinkgaatjie? Immers is laasgenoemde die veiligste want net jou eie lewe is op die spel totdat jou dooie lyf uitgehaal moet word want dan word onskuldiges se lewens in gevaar gestel.
Die mens wat glo intelligent is bo alle diere is ook instaat om die domste dinge te doen. Ek het by die uitstalling van stilstaande enjins (om water te pomp ens.) die volgende insiggewende kennisgewing gesien: “The machines have no brains, please use your own not to get hurt”.
Dalk ‘n kennisgewing wat lees: “Die sinkgat het nie verstand, maak gebruik van jou eie”.
Of soos by ‘n parkeerterrein vir gestremdes: “Stupidity is not a disability”.
Ek sou byvoeg: “Luiheid is nie ‘n gestremdheid”.

WitBlits ·

Die plaas se naam moet nou verander van Mount Carmel na GATplaas!

John ·

Die plaaslike berg Karmel laat mens dink aan voorspellings in die Bybel oor ‘n groot skeur wat eendag deur Israel sal loop.

Kop ·

Weet iemand dalk hoe vêr die nuwe sinkgat is van die bestaande sinkgat Boesmansgat? Beide is in die Mount Carmel omgewing.

Veronika ·

Ek dink nie die nuwe sinkgat is ver van hom nie as jy gaan google sal jy sien dat altwee by die R31 is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.