Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys en jeugontwikkeling in Gauteng, het sy hartseer uitgespreek nadat ʼn matriekleerder Vrydagoggend in die vroeë oggendure tydens ʼn gepoogde gewapende roof in Soweto doodgeskiet is.
Luidens ʼn verklaring deur die LUR is die leerder in sy huis in Braamfischerville doodgeskiet gedurende in ʼn voorval wat blyk na ʼn gewapende roof wat skeefgeloop het.
Die leerder het glo terugbaklei toe rowers hom in sy ouerhuis getakel het waarna hy van op naby afstand doodgeskiet is. Hy is op die toneel dood verklaar.
Hy was ʼn leerder aan die die George Khosa Secondary School in Dobsonville en het reeds sy eerste Engelse- en- IsiZulu-vraestelle in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen afgelê. Hy sou mettertyd nog Wiskundegeletterdheid, Geskiedenis en Geografie skryf.
Lesufi het namens die onderwysgemeenskap in Gauteng sy innige meegevoel met die gesin en die skoolgemeenskap betuig. “Mag hulle vertroosting vind deur te weet dat ons ook in hul pyn deel. [Ons] veroordeel die sinnelose gewelddadige dade wat die veiligheid van ons leerders in en om ons skoolomgewing bedreig en hulle van hul toekoms beroof,” het die LUR gesê.
Ja Mnr Lesufi veroordeel die sinnelose geweld want die ANC doen niks daaraan nie! Jul gepraat help net mooi niks nie.
Eienaardig hoe gereeld Lesufi by sulke geleenthede opdaag. Put hy genot daaruit om publisiteit te kry en daarna niks, maar net mooi niks aan die saak doen nie? Ons het dringend ‘n skerper mens in die onderwys nodig.
Andrea van Vuren,
Lesufi is die betrokke amptenaar van die Staat. Hy moet by sulke geleenthede uit hoofde van sy amp optree. Verder is hy nie verantwoordelik vir wat gebeur het nie en hy kan nie wonderlike masjinerie in plek stel om so iets te voorkom nie. Hoekom doen JY niks daaraan nie?
Dis snaaks hoe hul altyd hul simpatie wil deel maar as ons vra vor die oplossing vir geweld (doodstraf) dan is hulle vinnig om nee te se
Daan, miskien is dit tyd vir julle om te besef dat ons teen ‘n magsoorname veg, en dat stemme die wette bepaal.
Wat ookal, dit by n tragiese insident.
Ouers, is ‘ni veronderstel’ om kinders te begrawe ni…
Dis net veroordeel of hulle monitor of of of of. Aai so hartseer en julle gee net woorde. Begin n man hunt laat die gemeenskap saam begin soek.
Our people is darem lelik met mekaar.
Mnr lesufi, alles in hierdie land is sinneloos.
lesufi, maak jou OȄ vir ‘n slag oop, dit sal dalk help as die ORE ook oop is
Abe Lusifi is in die ANC wat die huidige regime is wat veronderstel is om veiligheid `n prioriteit in hierdie land te maak. Hulle wette en polisiering is veronderstel om die syfers laag te hou. Wat verstaan jy nie of is jy politiek blind?
Lesufi, aangesien jy weet waar probleem lê, tree dienooreenkomstig op. Hy gaan hom dood haas na al die gevalle soos dit tans gaan.
Die kommentaar pas nie. Kind en jong man is vermoor in die fleur van sy lewe. Sy familie treur en julle baklri oor Politiek. Respekteer asb. Die verlies van die familie
Hou op veroordeel en DOEN iets, en NEE Abe, EK kan nie iets doen nie, my wit vel kan my die eers ‘n “desk job” in die polisie kry nie wat nog te se van in die regering waar ek dalk ‘n verskil kan maak? Tot dan moet die hoe bome maar die wind wat hul kant toe kom vat soos mans of wegkruip agter nuttelose woorde soos muise!
Die seun se dood is maar tiperend van die hool waarin SA verander het sedert 1994. Misdadigers regeer die land want hulle het meer regte as wetsgehoorsame burgers. Verder kan die howe nie gepaste vonnisse gee nie en weet kriminele dat hulle feitlik nooit gevang sal word nie. Medelye met die seun se familie.
Veroordeel die sinnelose gewel doen iets omtrent dit. Ek dink almal SA is redelik fed up vir die dood en moordslag in ons land.