Sir Richard Branson in ‘relletjie’ betrokke by Kruger-lughawe

Sir Richard Branson. Foto: Twitter

Sir Richard Branson. Foto: Twitter

Sir Richard Branson, die wêreldbekende sakeman en stigter van die Virgin-groep, was vroeër vandeesweek in ʼn relletjie by die Kruger-Mpumalanga-lughawe betrokke.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê Branson en ʼn klein groep medereisigers het Maandag by die lughawe geland. “Die groep het versuim om by die doeanekantoor aan te meld.”

Volgens Memela het Johannes Mahlangu, ʼn doeanebeampte van die SAID, gesien die groep meld nie by die kantoor aan nie. Hy het hulle agternagesit en toe na die kantoor vergesel. Mahlangu is verantwoordelik vir doeaneklaring van internasionale besoekers by die Kruger-Mpumalanga-lughawe.

“Mahlangu het die groep reisigers ingelig van ʼn R2 000-boete wat aan hulle opgelê is aangesien hulle nie aanvanklik by die doeanekantoor aangemeld het nie.” Volgens Memela word daar ingevolge die doeane-en-aksynswet van internasionale besoekers verwag om onmiddellik by die doeane aan te meld met hul aankoms, anders kan ʼn boete van R2 000 opgelê word.

Memela het gesê daar is egter vasgestel dat Branson en sy medereisigers nie bewus was hiervan nie en dat hulle onmiddellik aan Mahlangu se versoek voldoen het. Die boete is teruggetrek. “Die SAID wil graag beklemtoon dat Mahlangu sy pligte nagekom het soos deur die wet vereis word.”

Memela het gesê die SAID gee toe dat die voorval Branson dalk in die verleentheid gestel of verontrief het, maar dat die “toepassing van die wet goed vir die land en sy naam is”. Volgens Memela is daar egter geen amptelike klag in verband met die voorval ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Riaan ·

Branson is nie Gupta Familie nie. Guptas sou sekker daar kon land en renoster horings op tel.

Garath ·

Branson het sekerlik geglimlag. R2000 @ R22.00 per GBP is minder as 100 pond vir hom.

Kood ·

Praat so van die Gupta’s. Wat het van daardie saak geword?

karen ·

Ag asseblief die Kruger lughawe personeel dink hulle is oulik. Ek en my pa het een keer daar kom land waar die toring beampte verskeie kere haar stem gelig het oor ons op n sekere hoogte moet vlieg en my pa aanhoudend vir haar bly sê het maar ons is dan! Selfs die recording het haar verkeerd bewys en niks is gedoen aan die saak nie!

Paul ·

Daardie persoon sou by Air Traffic Navigation Services werksaam gewees het – hulle doen die lugverkeerbeheer. Dis iets heeltemal anders as ‘n beampte van die SAID.

Dis so goed jy vervies jou vir mense wat by Pick n Pay werk, omdat ‘n personeellid van die Game wat toevallig in dieselfde winkelsentrum is, jou sleg behandel het.

Winston ·

Liezel. Ek het dit gelees dit klink vir my meer na die waarheid. “Die toepassing van die wet goed vir die land en sy naam is”? As Branson tyd gehad het sou ek sê hy moet n klag van Crimen ijuria lê teen die beampte. Sy eer en waardigheid is aangetas. Nodeloos om te sê, hy het nie tyd om te mors nie. Die beampte moet maniere geleer word. Ag ek meen probeer leer word. Skuus. Swak gedrag en definitief nie n pluimpie in n wettelose land se hoed nie. Versterk eerder die “baasskap” wat hier heers.

Vic ·

Die man het sy werk gedoen. Maak nie saak of jou naam Gupta, Branson of vannermerwe is nie, reels is reels.

Pieter ·

My opinie. Swak opleiding en bowenal swak opvoeding anders sou die SAID beampte ordentlik vriendelik behulpsaam wees en die land se beeld as positief wereldwyd bekend word. Jammer dat mense in poste kom wat hulle MAG gee en dan weet hul nie hou om dit te hanteer nie. Ek sou graag n foto van die BEAMPTE wou sien. Ek kan verkeerd wees maar dit klink my na n vetgat wat in die kantoor sit en orders gee. Vir die beamte se ek, ons skaam ons oor jou optrede.

GES ·

Maroela, dit lyk my julle verdra nie bietjie kretiek nie en hou ook nie van die idee dat ons nie deur dieselfde bril kyk na sake van die dag nie.

Hein ·

Volgens die Lowvelder is Richard Branson ‘n gereelde besoeker hier so hy behoort moes bewus te wees van die reelings.

GES ·

Selfs gereelde besoekers sukkel om tred te hou met voordurende prosedure veranderings. Meeste van die tyd word glad nie of swak aangedui.

Johannes Meintjes ·

Mnr. Mhlangu het sy werk gedoen. Dit sal goed wees as die hele Staatsdiens hulle werk elke dag en in alle opsigte reg en ten volle doen. Ek het egter nie besef die wet in SA is op almal van toepassing nie.

Jan maak n Plan ·

Sir Richard, please change you surname to Gupta when you visit the RSA again. Then you wo’nt have any problems or being hasseld by the goverment officials.
Wil net iets weet van die SAID – kry al die Zimbabweers en Mosambiekers en andere wat so oor die grens se drade klim ook ‘n R2000 boete??????

nig ·

Jan maak ‘n Plan – PRESIES. WAt vir een geld geld vir almal, beampte het seker eintlik gehoop op ‘n “bribe”, dan sou die aanklag net verdwyn het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.