Sirkusbase in hof oor olifante

'n Skermskoot uit die video wat op Carte Blanche uitgesaai is.

‘n Skermskoot uit die video wat op Carte Blanche uitgesaai is.

Twee direkteurs en ʼn werknemer van die bekende Brian Boswell-sirkus het in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Dierebeskermingswet.

Jane Boswell, haar dogter Georgina en David Marais, ʼn olifanthanteerder, staan tereg op verskeie aanklagte nadat hulle glo tussen Desember 2012 en Januarie 2013 olifante geslaan en vasgeketting het en nie vir hulle genoeg skaduwee of water voorsien het nie.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging het in 2013 strafregtelike klagte teen die sirkus aanhangig gemaak vir die beweerde mishandeling van olifante by die Walmer West Primary School in Port Elizabeth.

Die skool het later toestemming om sy terrein te gebruik onttrek. Videobeeldmateriaal wat in 2013 op Carte Blanche uitgesaai is, het gewys hoe olifante vasgeketting word, vir ure aan die hitte blootgestel word en met stokke geslaan word.

ʼn Bron na aan die ondersoek het gesê vier van die olifanthanteerders wat in die video gesien kan word, is glo afgedank en het intussen verdwyn. Die drie beskuldigdes is intussen op waarskuwing vrygelaat en moet weer op 17 Februarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

alida ·

Diere hoort nie in ‘n sirkus nie. Hulle wil in hul eie gebied wees sonder mense !!!

Deloris ·

Sirkus is vir “clowns” nie vir die diere nie, dis so onregverdig!!!! Dis diere nie mense nie. Sirkusse kan voortgaan maar sonder diere hulle hoort in die buitelewe nie in sirkusse nie !!!! Dis mishandeling in my oe!!!!!! Ek hoop hulle gaan goed gestraf word !!!!

BoereBikerBaby ·

As mense wil sirkus toe wil gaan, gaan parlement toe!

Ek haat sirkusse want ek kan dit nie hanteer om te sien hoe die wilde diere aangehou word in hokke nie. Dis onmenslik. As jy diere wil sien, gaan wildtuin toe… Wens mense wil ophou die sirkusse ondersteun.

wanda ·

Graag wil ek weet by wie ek n klagte kan le, ons woon in groot marico, hier word leeus, tiere, wolwe ens. Ook in haglike omstandighede aan gehou, dit breek my hart om diere so te sien ly!

ELIZE ·

Rig jou klagte direk aan die NSPCA, hul kontak-besonderhede is op hul web-werf. Ek het al ‘n klagte by hulle gelê oor ‘n sogenaamde ‘wild-reservaat’ in Noord-wes, waar die diere ook onder uiters swak omstandighede aangehou is in onvoldoende hokke/kampies, ook sonder die nodige skadu of water, en hulle het binne ‘n week na my epos-klagte die plek besoek en uiters streng waarskuwings aan die eienaars gegee, asook minimum vereistes waaraan hulle binne ‘n sekere tyd moes voldoen, opvolg-besoeke is ook gedoen om toe te sien dat die omstandighede aanvaarbaar bly.

Gesiggie ·

Mnr Brian Boswell sirkus …. hoe sal jy gevoel het om in die dier se omstandighede te wees? hoe sou jy voel om so geslaan te word en heeldag in die bloedigge son gelos te word? Jul gebruik die diere om vir jul selaris te betaal… en dan kan jul nie eers vir hul goeie versorging verskaf…. ek hoop dat die olifant van jul af weggevat sal word… en in beter sorg geplaas word… wonder wat jul met al die ander diere doen? meskien moet hul verder ondersoek instel… en dan sommer al die diere verwyder…. dit is hart verskeurend”’ om te dink dat n dier so misbruik moet word… die Sirkus is belaglik… en stem saam is eerder vir die Narre en nie vir diere… Ek hoop jul boet vir jul dade.

Fanie ·

Ek stem volkome saam. Was baie jare gelede by ‘n sirkus. Die musiek is absoluut oorverdowend. Daardie arme diere. Hulle gehoor is fyner en skerper as ‘n mens s’n.
Sirkus moet net uit mense bestaan. Wat verskillende
Toertjies en manewalisse uitoefen.

humor ·

Die parlement ja. Beslis meer opwindend en boonop is dit ook gratis. Die emosies sal wissel van skaterlag tot ween en woedebuie. Waar is Staalburger van ouds. Is dit nie moontlik dat hy daar betrokke kan raak nie. Waar is ons dramamense. Bring vir ons n komedie toneelstuk met die palement as tema. Groot uitdaging. GRYP DIE GELEENTHEID!!!!!!

Leeutjie ·

Brian Boswell Sirkus is op die oomblik in Pretoria. Ek moet se die opkoms slaan beslis nie my asem weg nie.

Anti sirkus ·

My dogter van 8j wou baie graag sirkus toe gaan. Toe hulle in Brackenfell was verlede jaar het ek die dure kaartjies gekoop en gaan kyk. Ek was van die begin af baie geskok oor die oorverdowende musiek – die arme diere se gehoor is mos baie fyner as ‘n mens s’n. En moenie vir my sê hulle raak gewoond daaraan nie – bog!! Ek kon ook duidelik sien die diere is glad nie gemaklik met dit wat hulle moet doen nie, eerder geirriteerd. As ek ‘n leeu was het ek lankal daai ou opgevreet. Ek wil ook weet hoekom mens GLAD nie enige foto’s daar mag neem nie. Wat wil hulle wegsteek? Wat is daar wat hulle nie wil hê ander mag sien nie? As jy trot is op wat jy daar doen, wil jy tog sekerlik hê dat dit wyd geadverteer moet word. Ons het pouse opgestaan en uitgeloop want teen daardie tyd was my kind net so emosioneel en wou nie verder kyk nie. Ek sal beslis NOOIT weer enige sirkus ondersteun nie.

Dee ·

Ons ry somtyds op ‘n Saterdag of Sondag na Brian Boswell se plaas en gebruik dit as ‘n geleentheid om uit die stad te gaan. Dààr is geen rede tot kritiek maar natuurlik vertel dìt ook nie eens naastenby die hele verhaal. Dit ìs soos deur heelwat bydraers gesê, jammer dat diere steeds in sirkusse gebruik word.

Caroline ·

Ons het ons kinders so 4jaar terug gevat na die sirkus toe hier in Pta. Die olifante was vasgemaak met kettings, geen water gehad nie, hulle moes in die bloedige son wees en dit was vrek warm. Dan het hulle ook ‘n draad gespan met ‘n battery gekoppel daarop sodat die diere geskok word sou hul daaroor trap. Die vrou wat die tiere hanteer het haar siggaret rook in hul gesigte geblaas en ‘n siggaret op een doodgedruk en net gelag daaroor. Hulle het ook my foon en kamara gevat en die foto’s delete wat ek geneem het. Ons het ook nie die hele vertoning gekyk nie want dit is hartverskeurend om die diere so te sien en dit was te warm in daai tent. Hoeveel jaar se straf moes hul al ervaar het om mense vir 5minute te vermaak. Sal nooit weer gaan nie, my kinders wil ook nie weer gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.