Sirkusbase weer in hof

'n Skermskoot uit die video wat op Carte Blanche uitgesaai is.

‘n Skermskoot uit die video wat op Carte Blanche uitgesaai is.

Twee direkteure en ʼn werknemer van die bekende Brian Boswell-sirkus sal Woensdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Dierebeskermingswet.

Jane Boswell, haar dogter Georgina en David Marais, ʼn olifanthanteerder, staan tereg op verskeie aanklagte, nadat hulle glo tussen Desember 2012 en Januarie 2013 olifante geslaan en vasgeketting het en nie genoeg skaduwee of water vir hulle verskaf het nie.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging het in 2013 strafregtelike klagte teen die sirkus aanhangig gemaak vir die beweerde mishandeling van olifante by die Walmer West Primary School in Port Elizabeth.

Die skool het later toestemming om sy terrein te gebruik, onttrek. Videobeeldmateriaal wat in 2013 op Carte Blanche uitgesaai is, het gewys hoe die olifante vasgeketting, vir ure in die hitte gelos en met stokke geslaan word.

ʼn Bron na aan die ondersoek het gesê vier van die olifanthanteerders wat in die video gesien kan word, is glo afgedank en het intussen verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Pieter ·

En wat gebeur nou met die 5 tiere wat hulle onlangs dood geskiet het op Boswell se plaas??

Eliza-beth ·

VIESLIK verby. En dan was daar wraggies in ‘n vorige berig mense wat OPGEKOM het vir die spul! Ek skaam my vir die mensdom. Die diere moet almal vrygelaat word en die eienaars die ergste boetes en/of tronkstraf opgelê word – maak ‘n voorbeeld van hulle! Ek haaaaat sirkusse!

Elbie ·

Fantasties gestel Eliza-Beth! Hoe kan vir so lank toegekyk word, hoe hierdie diere mishandel word?? Ek hoop regtig ondersteuners van sirkusse besef watter siek spul dit is. Ek haat ook sirkusse! Gaan bewonder diere in hul natuurlike omgewing.

Hannelie ·

Ek staan saam met jou Eliza-beth. Hulle moet gestraf word, hulle is siek verby. Die mense wat opgekom het is seker glad nie diereliefhebbers nie. Ek slaan nie eens my hond nie.

M.G. ·

Natuurlik sal die olifanthanteerders nou weer die blaam kry – die sirkusbase moet mos toesig hou. Nee wat, geen sirkusse moet toegelaat word om te bestaan behalwe miskien een waar mense optree soos Cirque du soleil. Ek dink gepaste straf sou wees om dieselfde aand ie spul te doen as wat hulle aan die arme weerlose diere gedoen het.

Meraai ·

Hoe kan enige iemand so ‘n pragtige, majestieuse dier skade aandoen? Net soos met enige dier wat geterg, verniel of verwaarloss word, wens ek dat hierdie diere net kon loskom om hulle “versorgers” so ‘n bietjie van hulle eie medisyne te gee!

Nerine ·

Ek kan nie verstaan hoe Jane Boswell en haar dogter en skoonseun se hofsaak nou eers voorkom nie. Die arme diere is sekerlik vir jare en jare al mishandel. Hierdie storie is al in 2013 deur Carte Blanche uitgesaai. Hoe werk ons regstelsel? Hoekom verskyn hulle nou eers in die hof? Wie op hierdie aarde gaan nog na ‘n sirkus toe? Om te wat?????

THEA SWART ·

stem 100% saam met jou sirkus moet verban word in die geheel ek dink die arme diere moet almal los gelaat word dis ‘n skreinende skande dat mense nog na sulke plekke gaan – wie in sy regte verstand gaan nog na sulke plekke toe anyway sjoe die dieretuin is nog daar as jy ‘n behoefte het om diere te wil sien –

Sus ·

Ek hoop eendag in die toekoms kan daar gepraat word van: onthou julle die tyd toe daar lewendige diere in sirkusse was? ……..

nig ·

@Sus – ek hoop nie ons sal ooit aan so ‘n tyd wil terugdink nie! Dis net ‘n nagmerrie wat nooit moes toegelaat gewees het nie

scalla ·

Nerine, welkom in die nuwe suid afrika, al die stelsels werk op afrika tyd, by my is daar ingebreek in 2013, die saak het al 6 keer voorgekom en is uitgestel, die kriminele is agter tralies en die nodige cctv is in hul besit, elke keer n ander verskoning, van uitstel kom afstel. Dit is hoe die regstelsel werk.

Anton ·

Sirkusse bestaan al donkiejare. Waar was jul stemme toe! Dink ook diere hoort in vryheid te lewe, maar díe soort ding is nie nuut nie. Hoe het iema d nog nooit iets gesê nie?

THEA SWART ·

ek was nog nooit by enige sirkus nie en het ook nie ‘n behoefte daaraan gehad tot vandag toe nie – ek is al ‘n ouma van 4 kleintjies en nie eers hulle het ‘n behoefte daaraan nie – vat hulle eerder dieretuin toe dis baie lekkerder

Michiel ·

@Anton – ons het nie al die jare sosiale media gehad om ons mening te gee nie, ons het ook nie toe ek kind was (en gelukkig nooit na sirkusse mag gegaan het want my ouers het gesê dis verkeerd dat diere moet toertjies doen wat onnatuurlik is aan wat hul is) ‘n Carte Blanche gehad wat die tipe van goed uitgewys en onder ons aandag gebring het nie. Dit beteken nie ons het dit al die jare goedgekeur nie.

Topster ·

Ja Suid-Afrika is sirkus op sirkus met narre oral oor Ketting hulle vas aan n lang paal en los n hoop stokke langs hulle dat die mensdom wat omgee hulle so bietjie kan tem want as jy vir die regstelsel wag dan gaan dit lank vat voor hulle aan die pen ry

Karma ·

Boikot sirkusse. Vat hulle aan waar dit die meeste seermaak: hul sakke. EN: vat diegene wat verantwoordelik was vir die verwaarlosing/mishandeling van die diere (ook die doodskiet van die ontsnapte tiere) en doen aan hulle wat hulle aan die diere gedoen het (maak hier jou eie afleiding …).

Nie dat daar ‘n vae hoop is nie (eers seker “if Hell freezes over” soos die Engelse sê), maar ek noem net die hoop wat ek het dat die regering sirkusse sal verbied. In elk geval, sirkusse bestaan al jare, maar hul verkoop- en vermaakwaarde het getuimel, teenoor die vermaak wat TV en ander dinge soos rekenaarspeletjies, flieks e.d.m. bied.

Dee ·

Ek sing saam met die koor die woode wat sê dat diere vry moet wees. En toe besef ek dat ons nie relatief is nie. Diere hoort nie in sirkusse nie, toegegee , maar Elbie en kie, wie kan regtig dikwels diere in hul eie omgewing gaan bekyk? Relatief het ek gesê; dan is reservate steeds nie vry nie. Gaaf, nou sonder jy reservate uit…. wat dan van dieretuine? Dieretuine is nie vry nie en indien dit nie daarvoor was nie het meeste kinders diere bloot geken vanaf fotos en prentjies. Kom ons neem dit verder – reg langs my woning is die grootste akwarium in die land en een van die grootstes ter wêreld. In die nag hoor ek die piep, fluit geluide en sang van dolfyne. As ons (en toeriste) daar instap sien ons hoe dit onder die see lyk en hoe die diere- en visspesies lewe. Moet dit ook in ‘eie omgewing gaan bewonder’ word? En indien nie, waarom geld die stelling bloot in sommige gevalle? Ek stem saam dat diere nie in sirkusse hoort maar dat diere nie in gevangenisskap moet lewe verdien debattering. Dieretuine, reservate en akwariums verdien hul plek.

Eliza-beth ·

Dee – dis ‘n geval van respek. Die mens behoort respek te hê vir diere en die omgewing dan sal daar nie sulke dinge gebeur nie. Ek is ook nie mal oor dieretuine nie, maar minstens word die diere daar baie goed versorg, gevoer en nie geslaan of mishandel nie. Hulle hoef nie vir die mens se siek plesier in die nag simpele toertjies te doen wanneer hul rustig moet slaap nie. ALLE sirkusse wat diere ge(mis-)bruik moet toegemaak word en klaar.

Alta Schutte ·

Verbied wereldwyd alle sirkusse ! Het al gesien hoe sit ‘n klomp poedels dag na dag in ‘n klein hokkie! Wat se lewe het daai arme diere???? WEG MET SIRKUSSE!!!!!

Oom Boer ·

Ja en so het die Olifant hanteerders weer skielik verdwyn om vervolging vry te spring en nie tot verantwoording geroep kan word vir hul onregmatige optredes en dade nie. Ek wonder net of hierdie Brian Boswell Sirkus aan BEE voldoen en of daar die genoegsame kwota aanstellings is? ‘n Dieretuine is voldoende mediese versorgings vir diere met genoegsame spasie en natuurlike habitat skeppings wat moontlik maak vir alle tipe van besigtigings en leer en oplei doeleindes. Geen diere in enige sirkusse, laat dit wees vir narre (Hansworse) en toertjie optredes/gimnaste, towenaars ens.

Eugene ·

A man’s heart away from nature becomes hard; lack of respect for growing, living things soon leads to a lack of respect for humans too.”

~LUTHER STANDING BEAR

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.