Sisulu besoek koning ná grenspos-voorval

Lindiwe Sisulu saam met koning Letsie III (Foto: Jacoline Schoonees)

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Vrydag na Lesotho gereis om verskoning aan te bied nadat koning Letsie III glo sleg behandel is by ʼn Suid-Afrikaanse grenspos.

Ndivhuwo Mubaya, Sisulu se woordvoerder, het bevestig dat die minister in Lesotho was om Suid-Afrika se verhouding met die koning te herstel ná die voorval waarvan besonderhede nie bekend is nie.

Letsie het vroeër vandeesweek ʼn opskudding veroorsaak nadat hy gesê het hy is ongelukkig oor die manier waarop hy behandel is. Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het kort daarna die grenspos besoek ná gerugte dat die koning die grenspos wil sluit.

Sisulu het Dinsdag reeds teenoor Lesotho se minister van buitelandse sake verskoning aangebied en bevestig dat sy later die week die land sou besoek.

“Ons baie bekommerd oor die gebeure by die grenspos en wat nog verder mag gebeur [met verwysing na die koning wat die grenspos wou sluit] en daarom moes ons stappe doen om die situasie reg te stel,” het Sisulu oor haar besoek gesê.

Volgens Mubaya beskou Letsie ná Sisulu se besoek die voorval glo as afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hanna ·

Watter verskil sal dit maak of die grenspos gesluit word of nie? Onwettiges stroom in elk geval ons land binne. Dis net Lesotho wat geld uit toerisme gaan verloor!

Hannes De Beer ·

Dan sluit hy die grenspos.
En dan sit hy hoog en droog in sy koninkryk.
Kan maar deksels eensaam raak so afgeslote.

Adam ·

Ek wonder hoekom is daar so min inligting bekend rakende die aangeleentheid Wat gaan ons verloor as Zwaziland die grens sluit Was die koning ooit daar

CHRISTA ·

Nou kan die buitelanders ook sien hoe ons staatsamptenare die publiek met minagting behandel!! Ons moet dit daagliks beleef ongegag of dit amptenare van binnelandse sake, SARS, die polisie, die metropolisie, selfs die mediese dienste is – hulle is almal dieselfde!!! Die wat jou met respek behandel is so skaars soos hoendertande!!!

Oom Kalahari ·

Mev Lindiwe moes vinnig spring en wonder watter verskoning is dir keer gebruik. Hul wil nie uitwei oor die gebeurtenis, want hul weet dit gaan die ANC Regering en sy grenspos amptenare in ‘n swak lig stel en onbevoeghede en omkoop uitwys. Geen grenspos funktioneer volgens reels, regulasies en wette meer nie.

Koos ·

Lesotho behoort eintlik by SA ingelyf te word. Dit het geen bestaansreg nie en is basies ‘n blygemaakte tuisland.

Liendempers ·

Twee Punte: dink aan al die Suid Afrikaners wat in Lesotho werk As die grenspos sluit, waar kry hulle dan werk? Die koning en sy gevolg was vir meer as n uur opgehou want een van die SA amptenare het besluit hy en sy entourage moet deursoek word! Hulle is regtig treurig aan die SA kant.

Potlood ·

Ag asb man, hulle is nog altyd gevrek as ons deur die grense gaan… ekt nog nie een vriendelike of flinkse amptenaar ooit gesien nie…
PS nou dat ek daaraan dink, is die probleem maar orals en nie net op grense nie….

JM ·

Hoekom besoek sy nie elke familie wat ‘n geliefde verloor in hierdie wet lose land nie. Wonder maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.