Sisulu blind vir plaasaanvalle, sê VF Plus

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Die ANC se blinddoek-benadering tot die vlaag plaasaanvalle in die land sedert president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat grond sonder vergoeding onteien gaan word, laat ʼn veiligheidsleemte op plase wat tans handuit ruk en versterk die persepsie in die buiteland dat massavervolging van boere in Suid-Afrika plaasvind.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat, het gesê terwyl die minister van internasionale verhoudings en samewerking, Lindiwe Sisulu, boos raak vir die feit dat die buiteland plaasaanvalle toenemend beskou as grootskaalse vervolging van boere in Suid-Afrika, doen haar regering niks om die veiligheid van boere te verseker nie.

“Gedurende dieselfde naweek wat sy diplomatieke vrede tussen Australië en Suid-Afrika probeer bewaar het, is Chris du Plooy (80) Maandagoggend op sy plaas in die Paul Roux-distrik vasgebind en verskeie kere met ʼn mes gesteek. ʼn .38-rewolwer en haelgeweer is in die aanval gebuit en die twee aanvallers is steeds op vrye voet. Sisulu kan egter nie meer die waarheid van die wêreld wegsteek nie, want die buiteland het kennis geneem van plaasaanvalle,” het Van Niekerk bygevoeg.

Hy sê Sisulu se eie regering is verantwoordelik vir die toenemende persepsie dat boere in Suid-Afrika op wreedaardige wyse vervolg en vermoor word. “Sisulu se eie regering versterk persepsies dat boere grond gesteel het. Dit is ook Sisulu se ANC wat grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika wil versnel, maar nie antwoorde kan verskaf oor hoe hulle gaan keer dat dit nie met geweld gepaard sal gaan nie, soos tans die geval is.”

Van Niekerk het bygevoeg Sisulu se eie regering het bloed op sy hande met elke boer wat aangeval word en sy gaan toenemend onder druk wees om internasionale vrae daaroor te beantwoord. “Die VF Plus sal aanhou om druk op die regering te plaas om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar en om die internasionale gemeenskap in te lig oor die veiligheidsvakuum op plase wat deur die ANC veroorsaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

piper ·

elke voorval moet oorsee geplaas word in soveel moontlik lande

Oom Kalahari ·

Mnr van Niekerk, die plaasmoorde word nou aanhoudend as huisroof uitgewys, maar nie die ware doelwitte met die geweldwat dit gepaard gaan nie. Solank daar net ‘n selfoon geneem is en ander misdaad betrokke is dan se hul dit is roof. Die buiteland word met al die mooi dingetjies gevoer, maar agter al die dade skuil ‘n gemaskerde bende wat ondersteun word. Mev Sisulu wil nou nie graag in onguns kom met haar geldskemas van die buiteland aan ANC nie. Plaas aanvalle sal dalk eers aandag kry na vele blanke boere vermoor is en net wanneer beskerming aan opkonende boere nodig sal wees as die gety verander. Haar haat is so groot en wil nie ‘n uitgang vir die blanke volk skep nie dan is hul doelwit nie vereik nie. Die agendas wat Mnr Jonathan Jansen gehad en uitgevoer het, het my ook anders laat besef wat werklik beplan word en lees gerus sy nuwe plasings. Skrikwekkend.

Gerrit ·

Sy en haar regering is natuurlik bewus wat aangaan maar as ek die winkel op die hoek wil koop maar die eienaar weier om te verkoop wat sy reg is , en ek is n baie sleg persoon en ek kry mense om sy winkel te beroof en hom te teroriseer gaan dit nie lank vat voor hy oppak en loop nie wat die deur vir my oopmaak om die winkel vir n winskoop te kry nie waar?

Strateeg vir Geregtigheid Ystervark ·

Alle ware eerbare Suid-Afrikaners moet afsonderlik en gesamentlik volhoubaar met passie help om die buitelanders en buitelandse media met ware feite in te lig oor wat in Suid-Afrika gebeur en die nuwe onregte wat plaasvind. Uiteindelik sal en moet geregtigheid seëvier. Persoonlike kontak en gebruik van die multi-media en internet en ondersteuning van en bou van vertroue met joernaliste is krities belangrik. Maar onthou: doen altyd aan andere wat jy verlang hulle aan jou moet doen – die Goue Reël van Naasteliefde. Gelukkig is Suid-Afrika nie die enigste land op hiedie aardbol nie. Die mensdom hou ons dop.

Frik Lotz ·

Dankie vir die artikel,Jan. Die regering het beslis bloed aan hul hande en dis tyd dat ons opstaan en iets begin doen om hierdie slagting van ons mense stop te sit.

Tiaan ·

Die buiteland kan sien wat hier aangaan, maar hulle sal eerder polities korrek wees as om die regering te veroordeel. Dit is dan die mense van Suid Afrika se verantwoordelikheid om self die regering tot verantwoording te roep. Moenie my vra hoe nie want al wanneer n tiraniese regering luister is wanneer mense in opstand kom maar die meeste Suid Afrikaners is te besig om te oorleef van dag tot dag terwyl die vet katte als opvreet

HPV ·

Die ergste gestremdheid is ‘n siende blinde en horende dowe! Dit is jare gelede deur ‘n gesigsgestremde persoon vir my gesê.

Oom Kalahari ·

As Mev Sisulu net wil ophou om die buiteland ‘n rat voor die oe te draai en stop die polities korrektheid en drome van ‘n Reenboog Nasie wat daar nie is of sal wees nie. Om gedurig te hammer op wees net positief raak ook holgery, want mense het al 24jaar geglo en geklou aan positiwiteit wat nie veel bied vandag om positief te bly nie. Jou Nasie/Volk word stadig uitgemoor, gemanupileer, verkleineer en vertrap, gediskrimineer en verarm en bestaansreg ontneem deur hul Godsdiens, kultuur, geskiedenis en taal. Daar is vandag meer van ‘n Apartheid wat bestaan as wat na die verlede verwys word. Mev Sisulu, erken asb dat daar ‘n aanslag op boere is en dat jul nie veel van beskerming verleen en dit as prioriteits misdaad beskou nie, die land word geplunder en verbrand deur vandalisme en verkragtings en moord en dit is nie wetteloosheid nie. Wel ek weet regtig dan nie hoe jy dit daar van Mars af kan noem as ‘n Gehoorsame land nie. Dalk moet ons van alle lande regse fotograwe nooi en hul na tonele neem waar hierdie gebeure plaasvind om jou verkeerd te bewys as jou mooie prentjies wat jy uit sprokies boeke opdis.

Aussie ·

Van die media in Aus:
Mr Dutton has disputed the South African Government’s interpretation, saying neither Mr Turnbull nor Ms Bishop has “rebutted” his comments.

A group of conservative Liberal MPs has been leading the campaign to help resettle the farmers who they claim are facing higher rates of violence and murder in South Africa.

Farm violence is a racially charged and sensitive political issue, particularly given Pretoria’s plans to seize land from farmers without compensation.

renette ·

Net n boodskap aan al die boere in Suid Afrika. ek woon in Australie en ons koerante berig vandag dat Mr Dutton nie sy stellings terug getrek het nie en dat hy alreeds na aansoeke kyk. gaan google asb australiese koerant berigte. baie “fake news” van die ANC in julle koerante

Anoniem ·

Sy is nie die enigste een wat blind is nie. Die hele regering is blind. Daar is nie een person in SA regering wat hom /haar steur aan enige wet en orde nie. Nou die aand gesien toe wys hulle so vining op nuus dat n swart person skrywe We must stand togetheras blacks. We are 45 million and the whites are only 5 million. We can kill them all in two weeks. Wat word daaraan gedoen. Ek is jammer maar my houding weens die swartes het drasties verander. Waar ek hulle sou gehelp het met n werkie of kos en klere gegee het of selfs n paar rand in die hand gestop het het ek daarmee gestop. My lewe beteken niks vir hulle en so beteken hulle niks vir my.

snoefie ·

volgende stap gaan natuurlik wees om die pers te verbied om verslag te lewer oor plaas-aanvalle.

jean ·

Die wat weet, gaan niks daaraan doen nie. Kyk na die geskiedenis sover dit die minderhede in elke land aangaan…..Lagwekkend om te dink dat almal hoopvol is dat Australië ewe skielik omgee…..

Willie ·

Kom MM, plaas die buitelandse berig, dat dit fop nuus is..

Joh. 3:16 ·

Haar standpunt het niks met blindheid te make nie. Dis haar strategie. Die strategie van disinformasie. Die van ons wat so bevoreg was om in ‘n Christelike land groot te geword het, was geleer van hierdie kommunistiese strategie van disinformasie…

christa ·

ek weet nie hoekom Maroela hierdie kommentare afdeling het nie. Dis van geen nut as om net die blanke SA te laat oorkook want die kommentaar word nie aan die betrokkendes gestuur nie.

Jerry ·

Die veiligheidsvakuum op plase sal slegs aangespreek word die dag wat die Afrikaner besluit om te versoen. VF+ moet versigtig wees om alles en almal te blameer en vinger te wys wanneer die vingers terugwys. Die ANC gaan een of andertyd terugkap en bewys dat die VF- se onversoenende optrede en inisiatiewe die veiligheidsvakuum veroorsaak. Ai tog, wanneer gaan julle die boodskap begin kry dat die onreg van die verlede teen die Afrikaner sal tel solank as wat die Afrikaner onversoenende inisiatiewe loods.

Liberty Sam ·

Jerry, waarvan praat jy? Waarmee moet die Afrikaner “besluit” om hom te versoen?

Gert ·

Weereens “intelligensie” propagandisme. Disinformasie soos dit in media weergegeee word. Wat is die werklike waarheid?

Theresa ·

Sy is glad nie blind nie. Sy en die hele regering is die regerende party en op hoogte van die gebeure in hierdie land wat afspiraal na ‘n 0 op ‘n kontrak.
Dis in enige land en in enige taal van enige mens ‘n skreiende skande.
Dat daar nog nie absolute intense ingrype van ‘n land met ‘n gewete gekom het nie, laat ‘n groot vraagteken.
Wens mens kon ‘n vergadering met haar hou en haar uitvra omtrent haar houding hieroor. Al die duisende gemartelde, vermoorde, verkragte mense se foto’s vir haar wys (sy moet genoeg tyd inruim, want daar is derduisende om te wys). Om ‘n parallel te trek met waaroor daar met iets wat ‘n kwarteeu oud en verby is bly en nie naastenby hierdie tipe inhoud gehad het nie, met die afgelope paar jaar se gebeure. Sou sy dit kon bybring?

christa ·

Jerry, wil jy he ons moet hulle voete gaan soen?? Stel jy die voorbeeld en doen dit. Wat moet ons nog doen as wat ons reeds doen en opvreet. Leer die Bybel nie van vergewe en vergeet nie? Nou moet ons instaan vir die Voortrekkers se foute, as daar foute was. Ek is seker Malema sal vir jou n plekkie inruim om in sy veldtogte te dien. Wag tot die moord aan jou deur klop dan sing jy ander deuntjie. Ek sal verseker VF+ stem volgende jaar

Manie ·

Pasop vir die paai stories van die anc. Die nasionale party het ongelukkig die meerderheid wittes net so gepaai voor 1995

Jerry ·

Christa, versoening beteken om op te hou om mekaar oor en weer te beskuldig en om inisiatiewe te loods wat alle groepe insluit en bevoordeel. Deur te versoen kan die onreg van die verlede aangespreek word en reg gestel word sonder noemenswaardige skade vir die Afrikaner. Voete was gaan dit ongelukkig nie vermag nie, n hand van vriendskap en goeie buurmanskap wel!

Armand ·

Die jammerte is dat, die paar wat ‘onversoenend’ voorkom, as die geheel beskou word.

Die werkers wat op ‘n plaas gewerk het waarvan ‘n boer onlangs in die Vrystaat vermoor is, het gehuil. tydens sy begrafnis.

Daar was versoening gewees.

Die boer is vermoor.

Jou teorie is verkeerd.

Jan ·

‘n Mens begin wonder wat is die rol wat die ANC and so dan ook die regering speel in die aanvalle.

A.A..AURET. ·

DANKIE VF PLUS.
EK GLO DIT IS IEDERE EEN VAN ONS SE NAGMERIE. EK STUUR AL DIE NUUS VAN PLAAS MOORDE EN DIE GRUWEL FOTOS WAT DAARMEE SAAMGAAN NA VRIENDE IN OORSEE SE LANDE. MAAR HET EK NOU DIE VREES DAT EK MOONTLIK KAN VERVOLG WORD OF DAT EK MOONTLIK N TEIKEN KAN WORD.
VRAAG: IS DAAR SO N MOONTLIKHEID EN MOET EK DIT STAAK?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.