Sisulu blind vir plaasaanvalle, sê VF Plus

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Die ANC se blinddoek-benadering tot die vlaag plaasaanvalle in die land sedert president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat grond sonder vergoeding onteien gaan word, laat ʼn veiligheidsleemte op plase wat tans handuit ruk en versterk die persepsie in die buiteland dat massavervolging van boere in Suid-Afrika plaasvind.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat, het gesê terwyl die minister van internasionale verhoudings en samewerking, Lindiwe Sisulu, boos raak vir die feit dat die buiteland plaasaanvalle toenemend beskou as grootskaalse vervolging van boere in Suid-Afrika, doen haar regering niks om die veiligheid van boere te verseker nie.

“Gedurende dieselfde naweek wat sy diplomatieke vrede tussen Australië en Suid-Afrika probeer bewaar het, is Chris du Plooy (80) Maandagoggend op sy plaas in die Paul Roux-distrik vasgebind en verskeie kere met ʼn mes gesteek. ʼn .38-rewolwer en haelgeweer is in die aanval gebuit en die twee aanvallers is steeds op vrye voet. Sisulu kan egter nie meer die waarheid van die wêreld wegsteek nie, want die buiteland het kennis geneem van plaasaanvalle,” het Van Niekerk bygevoeg.

Hy sê Sisulu se eie regering is verantwoordelik vir die toenemende persepsie dat boere in Suid-Afrika op wreedaardige wyse vervolg en vermoor word. “Sisulu se eie regering versterk persepsies dat boere grond gesteel het. Dit is ook Sisulu se ANC wat grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika wil versnel, maar nie antwoorde kan verskaf oor hoe hulle gaan keer dat dit nie met geweld gepaard sal gaan nie, soos tans die geval is.”

Van Niekerk het bygevoeg Sisulu se eie regering het bloed op sy hande met elke boer wat aangeval word en sy gaan toenemend onder druk wees om internasionale vrae daaroor te beantwoord. “Die VF Plus sal aanhou om druk op die regering te plaas om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar en om die internasionale gemeenskap in te lig oor die veiligheidsvakuum op plase wat deur die ANC veroorsaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
CG

Dankie VF+!!

piper

elke voorval moet oorsee geplaas word in soveel moontlik lande

Oom Kalahari

Mnr van Niekerk, die plaasmoorde word nou aanhoudend as huisroof uitgewys, maar nie die ware doelwitte met die geweldwat dit gepaard gaan nie. Solank daar net ‘n selfoon geneem is en ander misdaad betrokke is dan se hul dit is roof. Die buiteland word met al die mooi dingetjies gevoer, maar agter al die dade skuil ‘n gemaskerde bende wat ondersteun word. Mev Sisulu wil nou nie graag in onguns kom met haar geldskemas van die buiteland aan ANC nie. Plaas aanvalle sal dalk eers aandag kry na vele blanke boere vermoor is en net wanneer beskerming aan opkonende boere… Lees meer »

Thinus

Dalk is dit beplande taktiek eerder dan blinhou . . .

Gerrit

Sy en haar regering is natuurlik bewus wat aangaan maar as ek die winkel op die hoek wil koop maar die eienaar weier om te verkoop wat sy reg is , en ek is n baie sleg persoon en ek kry mense om sy winkel te beroof en hom te teroriseer gaan dit nie lank vat voor hy oppak en loop nie wat die deur vir my oopmaak om die winkel vir n winskoop te kry nie waar?