Sisulu gaan dagvaarding oor kragrekening teenstaan

Minister Lindiwe Sisulu (Foto: Verskaf/Departement van internasionale betrekkinge en samewerking/Katlholo Maifadi)

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het die Stad Johannesburg daarvan beskuldig dat hy “kleinlike politieke speletjies speel” nadat dit aan die lig gekom het dat sy deur die metro gedagvaar word oor ʼn uitstaande water- en elektrisiteitrekening van meer as ʼn half miljoen rand.

Ndivhuwo Mabaya, die minister se woordvoerder, sê in reaksie op mediaberigte oor die saak Sisulu se regspan het reeds die stad in kennis gestel dat sy die hofaansoek sal teenstaan. “Die minister het dit duidelik gemaak dat sy hulle nie enige geld skuld nie. Die stad het ʼn ooreenkoms met die huurder aangegaan om hom van water en elektrisiteit te voorsien, sonder om die minister by die proses te betrek,” sê Mabaya.

Die huurder waarna hy verwys, is ʼn huurder wat tussen 2010 en 2014 in Sisulu se huis in Bellevue  gewoon het. Volgens ʼn berig in Sunday Times het die huurder in dié tyd ʼn rekening van R285 000 vir water en elektrisiteit opgejaag, wat intussen te wyte aan die rente tot R537 000 gestyg het.

Die koerant berig verder dat Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, beweer het dat ʼn voormalige senior beampte in die stad se departement van finansies, wat glo bande met die ANC het, na bewering onwettig opdrag gegee het dat ʼn gedeelte van die skuld gekanselleer word. Deur dit te doen, het die voormalige werknemer na bewering ʼn kredietbalans op die minister se rekening geskep wat Sisulu in staat gestel het om die eiendom sedertdien te verkoop.

Sisulu hou nou vol dat sy nie verantwoordelik gehou kan word vir die uitstaande rekening nie, maar dat dit die huurder is wat vir dié yslike bedrag moet pa staan.

Mabaya het ook bevraagteken hoekom die stad nooit die huurder se elektrisiteit- en watertoevoer afgesny het nie of ʼn poging aangewend het om die huurder vir die rekening aanspreeklik te hou nie, selfs nadat die rekening tot bó R150 000 gestyg het. “Die stad moet skuld invorder van die huurder met wie hulle ʼn kontrak geteken het,” sê hy.

“Die minister sal voortgaan om die saak in die hof te betwis. Dié hofsaak sal korrupsie en korrupte transaksies tussen beamptes en huurders tot nadeel van eiendomseienaars aan die lig bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Neels ·

Ek as huis eienaar en ook so menigte ander moet ons verpligtinge nakom al dros ons huurders sonder om te betaal. Omdat sy nou een van die regering van die dag se minusters is en ook struggle crudentials het reken sy sy is verhewe bo die wet. Hoop reg en geregtigheid sal geskied.

Gert van Wierdapark ·

Mini-ster Sisulu se huis moles moet asb. in groter diepte ondersoek word – voor die saak in die hof kom! GEEN uitklaring word normaalweg deur n stadsraad gegee indien die rekening agterstallige is nie! Miskien het Boos-A-Sa ook hier n vinger in die pastei gehad. Erens is daar seker maar toutjies in die vorige a en see beheerde Jhb stadsraad getrek, en Siedaar, sy kry n skoon blaadjie sonder enige skuld. Wie se Skuld is dit?

fred ·

hoeveel van ons kan altyd met n klomp prokureurs hof toe gaan om n rekening uit te sorteer?

Johannes ·

Binne inligting is die het gebeur toe ANC nog Johannesburg bestuur het.Die huidige koalisie het dit oopgevlek.

George in Bloem. ·

Slegte nuus vir die idiotiese “minister” is dat die eienaar,in terme van die wet,verantwoordelik is en bly vir die rekening Wys jou net hoe onbevoeg sy is dat sy nie eers haar wette ken nie maar in so ‘n hoe pos aangestel is as wat sy is. Wat ‘n nar.

Stem saam ·

Presies. Stem 100% hiermee saam. Eienaar is verantwoordelik. Hoe ken sy dan ni die wet ni..? Hoop sy laat haar kop in skaamte sak as sy met n skok uitvind !!

Johan ·

Dit was dus wanbetaling. Waarom is die dienste nie na die eerste maand opgeskort nie?

Maljan ·

Waarvan praat jy tog mens? Die polisie en verkeerspolisie ken nie eers die wette wat hulle moet toepas nie. Minibustaxies ry al toetend deur die strate polisiebeamptes voer danspassies uit op die taxies we oordonderende musiek. Al asof wetstoepassing n sirkustoertjie geword het wat in die openbaar geoefen word. Maak mens skaam om n Suits Afrikaner te wees.

BlinkStephaans ·

Kry maar vir jou antie lindiwe… nie so lekker om te sukkel met die dingetjies waarmee elke gehoorsame landsburger wat vir homself moet n bestaan maak te sukkel nie né? Ek vol graag die gebeure rondom die ou sakie om te sien watse gunsies alles na jou kant toe gekom het. Gewone mense het “struggles” hoor…maar jou “struggle” moet nou van jou iets spesiaal maak dat jy vrystelling kry.

Sê net ·

Voel nie lekker wanneer die skoen aan die ander voet is nie.

Bietjie baie ·

Ja nee, wat goed is vir ons Burgerlikes moet maar ook goed wees vir die songenaamde
Members of KORRUPSIE.
WELCOME TO REALITY.
FIre die hooggeplaaste wat opdrag gegee het dat die krediet uitgemaak word. DIS BEDROG van haar kant of ook. As ek my huis wil verkoop moet ek maar die rekening betaal al skuld die huurder die geld.
Wakker word Sisulu en vriende.

Koos ·

My kommenaar is 2 ledig. Eerstens het haar regering hulle daarvoor beywer om die eienaar verantwoordelik te hou, nou byt dit haar so bietjie, maat wat vir my meer pla is HOE die rekening so hoog kon gaan? My krag word gesny as ek een maand nie betaal nie! Skuus ek het vergeet ons is almal gelyk, party net meer gelyk as ander!

Sir Dik de Dunnerin ·

Menigte huiseienaars sukkel met huurders wat agterstallig is met stadsraad betalings.

Ek voel Me Sisulu het n punt.

Sir DdD

Griet ·

Sy het nie!! Sy is een van die narre in die (ANC) organisasie wat die wet so laat verander het dat DIE EIENAANAAR van ‘n eiendom ALTYD, ALTYD, ALTYD!!!! aanspreeklik gehou word vir enige dienste gelewer op die eiendom, hetsy elektrisiteit, water of vullisverwydering asook alle belastings en heffings.

Timjan ·

1. Die titelhouer is verantwoordelik vir die vereffening van die rekening.
2. Die krediet tydens die verkoop van die huis is korrupsie in aksie.

Lindiwe betaal jou rekeningkie

Zombie ·

Kan iemand asseblief help. Hoe sal dom-astrant na Engels vertaal word? En sommer skaam-kwaad ook asseblief.

Penellope Jones ·

Ek kan nie se dat ek regtig verbaas is nie. Dis mos maar die ANC se manier om altyd alles te ontken, te ignoreer of iets dergeliks.

Jack Daniel ·

As dit die denke n optrede v d minister? is.
Sy het die voorbeeld n president gestel. ?
Glo Ek daar gaan Baie of nog Meer mense daar buite wees wat dieselfde siening gaan inneem as die ? minister.
Hopelik gebruik hul die Regte vinger wysing ? n nie die werlike vinger nie. ? ?

Boland ·

Hoe het oordrag plaasgevind sonder dat rekening vereffen is.Dit is teen die wet.

PaulV ·

Boland; lees die artikel. Die rekening het ‘n kredietbalans gehad.

Manie ·

Ek moes pa staan omdat huurder voor my uitspattig geleef het. My aansluitings fooi was hoog. So sy kan maar pa staan vir haar huurder se gejuig.

sweis ·

Hierdie klink na bedrog en korrupsie ek verstaan die polisie is useless maar die minister is verantwoordelik vir krag en water al bly n huurder in haar huis en die amptenaar wat die rekening verander het moet krimineel aangekla word.

Lizelda ·

As ek nie my krag betaal nie word dt gesny. Doen dieselfde met almal.

Elize ·

Laat sy hof toe gaan-as sy die saak wen gaan die uitspraak mos geld vir die res van ons gewone gepeupul wat sit met di las van die Wet …..

Sue ·

Heeltemal korrek. Verkoper van eiendom kan nie by Munisipaliteit klaring kry tensy munisipale rekening nie ‘n nul balans wys nie. Ek weet!! want my huurders was maande agterstallig met krag/waterrekening en ek moes hulle rekening betaal alvorens ek my huis verkoop kon kry. Wat maak dié “madam” beter as enige ander landsburger!

Anon ·

Nee tannie Sisulu… Jy moet leer hoe dit nog al die jare vir ons “kolonialistiese” wittes werk. Jy moet BETAAL tannie. Jou huis, jou verantwoordelikheid.

Chris ·

Sy gaan hof toe op die belasting betaler se onkoste en natuurlik ook n ligte pigment regsverteenwoordiger . As hulle in die moeilikheid beland is daai tipe regsverteenwoordigers goed genoeg om vir hulle in te tree

Koos ·

Miskien moet Afriforum help sekermaak dat daardie prokuroof nie met staatsgeld betaal word nie. Die uithuur van privaat eiendom is mos nie deel van haar amptelike pligte nie?

SjN ·

Die eienaar bly verantwoordelik, finish en klaar, hoe het die huurder reg gekry om so vêr agter te raak, sy moes ingelig gewees het en haar goedkeuring weggedra het. Betaal jou rekening.

Brakenjan ·

Daar gaan niks van kom nie. Die DA munisipaliteit vra die rekening en di aa en see hof gaan besluit dat die rekening was in krediet met oordrag. Dan gaan die saak backfire na die aa en see amptenaar toe wat die joernale deur gesit het. En dan kan hy nie vervolg word nie, die saak gaan op yce beland. Tot die yse smelt = niks. Die aa en see amptenaar werk nie meer daar nie.

Piet parys ·

As jy so ryk is dat jy huise kan verhuur dan kan jy seker prepaid meters installeer. Jou verskonings word nie aanvaar nie sisulu. Weet jou aanhangers hoe jy in weelde leef terwyl hulle kripeer

marous ·

@ Brakenjan . Heel korrek . Daar sal ook nooit bewys word dat sy betrokke was nie . As die gelde waarmee die rekening in krediet was aan haar uibetaal is , behoort sy te sit op haar eie verweer . Dit sal egter nooit gebeur nie .

Irma ·

2014!!!! en NOU EERS reken sy die huurder moet pa-staan?????

Andrea ·

Alles nog altyd verniet gekry, gebruik en gemisbruik. Waarom sal sy nóú bereid wees om te betaal?

Foxi ·

Ja nee….die toutjie word nou stadig terug getrek. Sy kla ook almal kan nie als verniet kry nie! So, sy moenie haar hoogheilig hou nie. Wil ook als verniet hê. Rykdom en selfsugtigheid het hul baas geword, kan nou nie sonder dit klaarkom nie. ……..

Belastingbetaler ·

Red nou ESKOM met so n minister wat die voorbeeld stel!

HPV ·

Die groot vraag, word haar regspan deur haarself of die belastingbetaler betaal?

Anoniem ·

Welkom in die Nuwe Suid-Afrika

Minister !!!!!!!

Hier maak elkeen nes hy lus is

Anoniem ·

Welkom in die Nuwe Suid-Afrika

Minister !!!!!!!

Hier maak elkeen nes hy lus is

Chrisn ·

Enige huurgelde is ook belasbaar. SARS moet maar kyk of enige huurgelde getoon is in die madam se opgawes.

Boerin ·

Lindy betaal jou rekening!!!
Welkom in die gewone burgerdom vriendin! Jy is ook een vd wat plaasmoorde ontken…get back to reality!! Dit gebeur…en hierdie naweek 9 plaas aanvalle !!!!

Alida ·

Geen wonder Eskom het finansiele probleme nie. Hierdie is maar een waarvan ons weet. Betaal jou skuld.

Boerboel ·

Betaal Sis betaal, dis wat ons moet doen of dit word afgesny!!. Jammer om van jou huurder te hoor. Maar dis jou huis, betaal Sis. Bly die bedrog is oopgevlek, le beslag op haar goed . Hou n’ Straat verkoping!

Blikke ·

@Boerboel, straat verkoping dalk nie n slegte idee nie maar glo nie daar sou iets wees wat ek sou wou he nie…….

ne ·

He-he-he! Kry vir jou! niks in die real wereld is verniet nie. Al is jy amper blank, die wet van Transvaal geld vir jou ook.

A Mac ·

Nou hoe nou? Laat ek nou net ‘n paar rand te min op my rekening betaal word ek gebombardeer met sms’e en emails dat my krag opgeskort kan word as ek nie betaal nie. Hoe kry die dame dit reg om so lank weg te kom met haar rekening? Probeer jou eiendom verkoop met ‘n uitstaande munisipale rekening, omtrent onmoontlik. Of kan ek maar dink wat ek wil maar nie sê wat ek wil?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.