Sisulu gee DA-LP die middelvinger in parlement

Minister Lindiwe Sisulu. Foto: GCIS

Minister Lindiwe Sisulu. Foto: GCIS

Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, het LP’s Woensdag weer gewaarsku om hul van handgebare te weerhou nadat Lindiwe Sisulu, minister van huisvesting, glo vir ʼn DA-LP die middelvinger gewys het.

David Maynier, DA-LP, het ʼn mosie ingedien waarna talle ANC-LP’s handgebare gemaak het. John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het beswaar aangeteken en gesê Sisulu “flipped a Floyd”. Dit was ’n verwysing na ʼn voorval in September toe Floyd Shivambu, EFF-LP, vir adjunkpresident Cyril Ramaphosa die middelvinger gewys het.

“Dit is onparlementêr. Sy moet dit terugtrek,” het Steenhuisen gesê. Sisulu het erken dat sy die middelvinger gewys het. “Ek het gesien hulle [LP’s van die opposisiepartye] gebruik die middelvinger. Ek volg hulle net na,” het Sisulu gesê.

Volgens Tsenoli het hy nie gesien dat Sisulu die middelvinger gebruik het nie. Hy het LP’s wel gewaarsku om hulle van handgebare te weerhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

Dis nie “onparlementêr” nie – dis gewoon KOMMIN! Ai tog, wys die “dame” haar klas ne!

zahn ·

More Elizabeth, hierdie lid van die vroulike geslag, ek weier om dit ‘n dame te noem, wys juis haar klas. Kyk mooi na die gebaar, die een in die middel is sy, die ander omkrulvingers is haar tjommies wat nie die ruggraat het om op te staan nie. Kan hierdie gebaar net so wel hul kenteken maak, die gebalde vuis wat hulle gebruik het niks in hom wat gesteel is nie, dus te leeg na hul eie sin.

Elizabeth ·

Zahn, ek stem – maar let wel ek het “dame” in aanhalingstekens – sy sou graag een wil genoem wees maar ja, die gedrag weerspreek dit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.