Sisulu: ‘SA gereed om Zim te help’

Lindiwe Sisulu spreek verslaggewers Donderdag (11 Oktober 2018) in Pretoria toe. Foto: ANA

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Donderdag gesê Suid-Afrika is altyd gewillig en gereed om te eniger tyd hulp aan Zimbabwe te bied sodra dié Afrika-land se owerhede dit versoek.

“Wat Zimbabwe betref, staan ons ten alle tye gereed om die mense van Zimbabwe te help. Ons het ʼn baie lang verhouding met die mense van Zimbabwe sedert die tyd tot ons in die struggle-jare was,” het Sisulu gesê. “Hulle kan net vra wanneer hulle ons hulp nodig het.”

Sisulu het gesê die Suid-Afrikaanse regering kan egter nie “ʼn ouboet” vir Harare wees nie en wag vir die buurland wat gebuk gaan onder erge ekonomiese uitdagings, geld- en voedseltekorte om te vra vir spesifieke hulp.

“Ons kan nie na Zimbabwe gaan en sê hier is ʼn sak wat ook al en julle moet dit vat nie. Ek glo internasionale verhoudings hang af van wederkerigheid,” het sy gesê.

“As en wanneer Zimbabwe ons ondersteuning met enige iets versoek, sal ons in staat wees om volledige ondersteuning aan hulle te bied. Ons wens die mense van Zimbabwe net die beste toe. Dit is ʼn land wat ons as ʼn vriend ag en ons wil graag stabiliteit daar hê. Ons wil graag sien dat die ekonomiese hervormings wat daar ingestel is suksesvol is.”

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe. Foto: Mike Hutchings/Pool Photo via AP, File

Die minister het beklemtoon sodra Zimbabwe hulp versoek, sal Suid-Afrika “meer as gewillig wees om te help”.

Brandstoftekorte in Zimbabwe het toegeneem en lang rye kan by vulstasies gesien word waar dié kommoditeit nog beskikbaar is. Dít te midde van wydverspreide paniek ook ʼn tekort aan basiese goedere wat aan die regering se nuwe soberheidsmaatreëls gewyt word.

Menseregteprokureurs in Zimbabwe het Donderdag gesê die polisie het talle arbeidsvakbondaktiviste in hegtenis geneem in aanloop tot beplande betogings in Harare waar die situasie uiters gespanne is oor die ekonomiese ineenstorting – volgens analiste die ergste in ʼn dekade.

Zimbabwe se Prokureurs vir Menseregte het gesê lede van die Zimbabwe Congress of Trade Unions (ZCTU) – die land se grootste vakbond – is in hegtenis geneem.

Boonop is die land in ʼn stryd gewikkel teen ʼn cholera-uitbreking wat toegeskryf word aan beskadigde waterpype en gebreekte rioolstelsels wat al meer as ʼn dekade lank wag op dringende herstel.

Verskeie winkels in Harare het sluitingskennisgewings op hul deure geplaas soos die geldtekort al groter word, ʼn aanduiding van die ekonomiese krisis waarin die land gedompel is.

Vroeër vandeesweek het winkels soos Edgars, Teta, KFC, St Elmos Zimbabwe en Corky’s Pub and Grill hul klante gewaarsku dat hulle beplan om hul deure te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Yankee ·

Pik, wou dieselfde se, jy het my voor gespring. Een of twee woorde, maak nie saak. Eina!! Jul regering is n rampokker, Trompie en die boksom bende kan net kopskud!!

Stem saam ·

Nou verstaan mens ook weereens hoekom die brandstof prys en voedsel prys die hoogtes in is. Help my neighbour maar hul eie mense word nie eens gehelp. Lesotho se produkte afkomstig van SA is baie goedkoper en dit word ingevoer vir hulle, dit behoort meer te wees daar maar is nie. Die regering sorg eerder vir hul Komunistiese vroers as vir hul eie burgers.

Ernest Bissett ·

Ek dink nie die SA regering kan Zim help nie al wil hulle hoe graag Die regering wil net iets se wat eindelik niks beteken nie as hul Zim help het hulle minder om te steek

Johan ·

Tellkom in vanderbiljpark is te sleg ons ADSL lyn is weer af help aseblief Maroela media

Ronel ·

My ma bly in Vereeniging. Sys al meer as maand sonder n landlyn, maar sy moet die rekening te volle vereffen elke maand

Peet Schabort ·

Na meer as 50 jaar met ‘n landlyn raak ook ek van Telkom ontslae. Ook ek het by Vaal Mall ‘n bloutjie geloop. Kry jou internetlyn by MWEB, tel. (087)7000 777

koos1 ·

Lindiwe, al gehoor van “charity begins at home”?
SA val van een skandaal na die volgende (Digitale TV migrasie is die volgende een waarvoor ek wag om te ontvou/ontplof). Ek dink nie dat Zim gehelp wil word deur ‘n regering wat homself nie eers kan help nie, wat nog van ‘n land bestuur!

Spark Plug ·

Kan mense rerig so stupid wees…red eers jou eie mense

Smirre ·

Dalk moet Lindiwe en die res van die trop kaders eers probeer om hulself en hulle verdeelde party uit die modderput van korrupsie en leuens te help voordat hulle nog geld op ‘n land mors wat dieselfde waardes as die cANCer vir jare uitgeleef het. Lindiwe moet dalk begin verstaan SA is oppad na dieselfde plek as waar Zim nou is. Sal Zim SA help ?

Riaan ·

En wie gaan die rekening moet betaal vir jou vrygewigheid. Julle kan nie eers julle eie piesang republiek behoorlik aan die gang hou nie. Helfde van Zim se mense is klaar hier en teer op ons belasting geld

willie ·

Julle is op dieselfde pad as Zimbabwe met julle grondvergrype en BEE, wie dink julle gaan julle kom help oor ñ paar jaar? Maak julle oë oop en word wakker!

John ·

Daar is darem altyd ‘n diamantjie of twee vir elke oortjie… En dit terwyl CR blitsig in die eerste vliegtuig na sy ewekniee, beursie gewys, in Saoedi-Arabie gevlieg het om ons Deneletjie te gaan uitlewer vir wat… vra mens. Ons sukkel met een krisis en nou gooi ons die arms oop vir nog. Hierdie oliebaronne het groot drome. Die Weste skrik nou so ‘n bietjie na ‘n man bloot net verdwyn, maar die bling se tiengelieng stil die denke van elkeen wat nog ‘n lee sakkie het. Terroristegroepe wat tot op Israel se grense rondspeel, word met die hand gevoer deur die prinse met die olievate waaroor ons so kwyl.

Diefie ·

Nou toe nou! Laat sy nou erken dat die afgelope 24 jare wel struggle-jare was. Zim struggle net so bietjie langer as SA.

Anoniem ·

Sisulu dit is van al jul hulp dat SA sit waar hy sit in die gemors. Stuur eerder al die onwettige mense terug na hul buurlande en red dan jou eie mense.

Brekvis ·

Mevrou Sisulu, u kan nie u ontbyt behoorlik ondersteun nie.

Estelle ·

Herinner my net weer… was Zimbabwe dan nie ñ VOEDSEL PRODUSERENDE LAND eens op n tyd nie?
Nou moet allerande sakke “watookals” aangery word, terwyl hulle nie lank terug self hul eie sakke “watookals” kon produseer.

Lana ·

Estelle, ek wil graag jou prentjie voltooi.
Die rede vir die gemors in Zim – die produserende boere se grond is gevat.
Raai wat wil hulle in SA doen met produserende boere se grond.

Vegter ·

Met wie se belasting geld gaan julle help?
Ons besighede moet ook wakker word

Hanna Hoekom ·

Hier is reeds miljoene van hul burgers in ons land wat al vor etlike jare “gehelp” word! Is dit dan nie genoeg nie? Wonder waarheen gaan die spul vlug wanneer Suid-Afrika ook uit kos en ander voorrade hardloop…

Hettie ·

Soos gewoonlik speel hulle nice guy!
Julle eie mense in SA is nog slegter af !!

Lou ·

Nee wat laat die “Krokodil” van Zim maar sy eie moeilikheid uitsorteer. Hy was immers Mugabe se regterhand so hy is aandadig aan die gemors van die laaste 38 jaar in Zim.
Ek verstaan nou wat ‘n Zimbabwier na die verkiesing vir my gesê het toe ek vra of die nuwe Pres ‘n verskil gaaan maak in Zim.
Sy antwoord was: Same soup just a different flavour.
Dit is die geval hier by ons ook met CR.

RG ·

@vegter, jy bring die kloutjie by die oor. SA sal nou verantwoordelik wees vir die “sick lame and lazy”‘ van Zim ook. Die SA regering is nou blatant uittartend. Dis tyd dat SA belasting in Trust betaal word. Kan een van ons burger regte organisasies asb. initiatief neem!

Lana ·

Sisulu, jy kan nie eers jou eie land help nie en blykbaar het jy nie eers die regte feite van wat in SA aangaan nie!!!

IK ·

Ja, die balk in die oog en die splinter in die ander oog. Tyd het darem vinnig gevlieg, ek het nie kon dink dis al 1 April ?

Anoniem ·

Vergader met Omie Robert, Hy het baie fondse wat Hy kan uitleen ! Julle kan dit sommer intern oplos ! Omie Cyril ‘take note’ dit wat gesaai is/word is die wrange vrugte wat Jy/Julle maai/gaan maai indien Julle nie leer uit die foute wat gemaak is nie ! ?? China sal vir ons help teen ‘n PRYS

Peter Holmes ·

Tydens Ian Smith se bewind was die Rhodesian dollar sterker us die US dollar. Hulle het die res van Afrika gevoed.

HPV ·

Hoekom wil jy Zim help, eerstens kan die anc regime homself en sy eie mense nie eers help nie en tweedens woon eet en drink al Zim se burgers reeds in Suid Afrika so hulle is mos geholpe.

Ralph ·

Beide Zimbabwe en Suid Afrika moet die kommuniste gaan vra vir geld en hulp. Deur die kommuniste en liberales is beide landjies in diep gemors. In elk geval is Zanu en Anc tweeling boeties wat net hul eie sakke vol prop. Kan nie sie hoe moet n eerlike landsburger nog belasting betaal vir hul self “beplande” gemors.

Andrew ·

Net nog ‘n verskoning om Suid Afrika se armes verder te vertrap

BB ·

Sy doen net wat sy gesê word om te doen.
Vra die 6 leiers van ANC.
Wanneer gaan ons die 6 ondersoek?

Lara ·

Bite the hand that feeds you……en dis die gevolg…leer SA!

honourable member ·

Hierdie korrupte land moet maar eers self uit die gutter uitkom voor die hele Afrika geld en wat ook al belowe word.

Jaap ·

Sisulu help eers jouself en SA op n beter pad voor Zim wil help.
Liewe mens hoe en waar is ons regering se koppe/aandag.
Al waar SA staan na meer as 20 jaar is heel agter in die lyn.
Geen beweging nerens heen nie.
Skrik wakker asb mense.

Johanna Botha ·

Leer van zim want die anc vat ons in dieselfde rigting ! Snaaks jy kannie eers SA help nie ! Praat praat praat !

Snowball ·

SA is gereed om Zim te help? Vanwaar ons aan ons vingervelle hang oor die rand van die afgrond? Yeah Right!

Foxi ·

Mag die skille van julle oë afval, om te sien wat rondom julle aangaan. Mag julle ore geopen word, om te luister wat julle mense vir julle probeer sê. Mag julle lippe die waarheid praat van wat kortkom in julle land. Mag julle wysheid bekom voor dit te laat is om julle naaste te red uit verdrukking van julle eie gierigheid teenoor die mense van julle land………onthou net, water loop afwaarts en so sal julle wat onreg doen saam afwaarts loop.

Geweeg en te lig bevind ·

Help maar terwyl julle kan Sisi, sanksies kom vir SA ook.

Kiewiet ·

Ek kan nie glo dat die meerderheid mense nog STEEDS vir die ANC en EFF stem, as hulle sien en lees wat in Zimbabwe aangaan en hoe dit daar lyk .

Boet ·

Nou waarom is die winkel rakke leeg. o ja nou onthou ek, hulle het mos die blanke boere van hulle plase af verjaag. Help hulle terwyl miljoene suid afrikaners werkloos is en baie kinders nie kos het nie. O ja en ons boere word ook van hulle plase af verwilder en sommige sommer vermoor. Hie kom ons Zim.

ZET ·

Laat daardie hulp uit die grootkoppe se sakke kom en kyk hoe vining daai hulp onttrek
word!

Peet J ·

Die NSA huisves alreeds 3 tot 4 miljoen Zimbabwiërs, dus kan die minister dalk besluit om ‘n federasie te vorm met Zimbabwe vir hulp. Brittanje het ook voorheen voorgestel dat ‘n federasie in Sentraal Afrika gevorm moet word om blanke ekonomiese oorheersing te voorkom.

waarheid ·

Die Britte gaan nog hulle beurt kry en dan gaan ons lekker lag.
Wie die laaste lag lag die lekkerste.

alida ·

Wonder wie gaan ons help as Lindiwe en Cyril voortgaan om grondonteiening goed te praat en te ontken dat dieselfde besig is om hier te gebeur. Hulle volg nou Robert Mugabe se voorbeeld en kyk nou. Geen kos, medisyne, brandstof, werk NIKS is oor nie. Leer hulle dan nie uit ander lande se foute nie?

Hendrik van George ·

Ons “help” al dekades met die miljoene onwettige immigrante….

Anoniem ·

Die vermoorde boere se bloed roep uit na God.

Die boere wat nog nie vermoor is nie, vra die regering om hulp, maar die regering ontken die probleem en ignoreer hulle.

Kato ·

Die mees onwelkome 2,7 miljoen mense moet altyd die hele Afrika bevolking subsidieer???

christa ·

Ja Nee Vir Seker Charity Beigins At Home. Maak eers ons Land Reg Dan Worry julle oor n ander Land .

Piet ·

Mode pop lindiwe help eers S A se arm mense jy voel nie hulle swaarkry nie jy sit net soos n beuty queen en belowe alles vir buurlande

Mrs H ·

Oe ee ee Sisulu! Jy meen die desperate geld wat (Prasa, SAL, Eskom, Denel, Sassa, VBS Bank, Poskantoor, Munisipaliteite, Telkom, Waterwese, Pad Ongeluks Fonds, Onderwys, SABC…. ) ALMAL dringend nodig het, en eerste prioriteit moet wees asook werkskepping in SA, waarvoor ons SA Burgers meer op alles betaal, asook meer BTW/VAT betaal, gaan jy nou liewers vir ander lande gee wat net vriendelik genoeg met jou was???? Huh?! Jy gaan nou regtig NIE Jou Mense eerste help wat kripeer nie? Waar was jy Sisulu toe Cyril dit duidelik gemaak het dat daar n “komplot” teen kripering (poverty) in SA moet wees?

Mrs H ·

Daar is nie eens geld om nog n maand die brandstof verhoging te absorbeer nie, maar jy gaan waar geld pluk vir Zimbabwe? Selfs as jy geld het vir Zimbabwe, hoeveel geld sou jy se sal genoeg wees om hulle te help, want die land is totaal en al in rommel – hel askies, rommel het nog waarde en potensiaal! Dit, terwyl ons eie staal bedryf weg kwyn – help asb eers HIER Sisulu?! Ek glo nie eers dat Amerika genoeg geld het om Zim uit die verknorsing te kry nie. Verstaan jy nou hoeveel hulle regtig nodig het? Zim is n verlore droom agv alles wat JULLE vandag in SA probeer implimenteer en beoeffen, was die nagevolge van Zim se ondergang gewees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.