Sisulu-taakspan eis byna R4 miljoen vir reis, wasgoed

Lindiwe Sisulu (Foto: Twitter)

Die Demokratiese Alliansie versoek dat twee snelreaksiespanne (NRRTT), wat deur die vorige minister van menslike nedersettings, Lindiwe Sisulu, opgestel is, ontbind moet word.

Emma Louise Powell, die DA se skaduminister van menslike nedersettings, sê die versoek is gerig aan Sisulu se opvolger, Mmamoloko Kubayi, en die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu.

“Lede van die twee omstrede NRRTT’s is persoonlik aangestel deur Sisulu – sonder dat hulle eens CV’s ingedien het. Dit sluit die voormalige #FeesMustFall-leier Chumane Maxwele, oud-PAC-leier Thami ka Plaatjie en oud-Cope-streekleier Mbulelo Ncedana in,” het Powell gesê.

“Daar word lankal vermoed dat minister Sisulu staatshulpbronne aangewend het om ʼn politieke oorlogskamer vir haarself op te rig – verbloem as ʼn ‘snelreaksiespan’. Hierdie bekommernis duur voort in die afwesigheid van enige konkrete bewyse van watter bestuursverwante uitkomste dié eenhede die afgelope twee jaar bereik het.”

Ondanks voortgesette versoeke deur die DA om die eenhede te ontbind, asook formele versoeke wat aan die Staatsdienskommissie en die openbare beskermer gerig is, jaag dié eenhede jaarliks steeds meer as R16 miljoen uit die belastingbetaler se sak – slegs vir salarisse.

“ʼn Parlementêre vraag deur die DA het nou onthul dat die NRRTT vir water en sanitasie sedert Maart 2019 die byna bankrot departement meer as R3,7 miljoen gekos het vir reis- en akkommodasie-uitgawes.”

Dit is buiten inligting wat gister deur die DA onthul is dat Sisulu se hoof-assistent, Mpumzi Mdekazi, op sy eie sedert Mei 2019 meer as R1,76 miljoen se reis-eise ingedien het. Mdekazi ontvang boonop ʼn salaris van R142 920 as ʼn lid van die raadgewende komitee vir die 15 dae wat hy per maand werk.

“Dit is ondenkbaar dat ʼn groep politiek-aangestelde kapitaalvrate toegelaat is om miljoene rand van die belastingbetaler se geld te spandeer op luukse reise, akkommodasie en persoonlike wasgoeddienste.”

Die DA is van voornemens om alle betrokke reis-eise aan die ouditeur-generaal voor te lê vir ʼn volledige ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pablo ·

Die enigste kwalifikasie vir n pos in die ANC regering is BEEE en korrupsie. Geen ander kwalifikasie word benodig nie. En President Ramaphosa vertel die wêreld hy gaan dit verander. Zero kans dat dit gaan gebeur.

gatgogga ·

Ramaphosa gaan dit nie verander nie. Dit is kaderontplooiing, waarby hy staan.
Ons het nou net gesien hoe kaderontplooiing vrugte afwerp vir die skelms: ek verwys na Fraser wat vir Zuma vrylaat, nieteenstaande wat die wet wil he nie, en nieteenstaande wat die amnestie komitee aanbeveel nie.

SomeOne ·

daardie verdraaiende woord frases, almal is nie so dom nie, ls

Martie Smartie ·

En die soustrein stoom voort!! Met Sisulu in die heel voorste wa. Wat se jy hiervan Cyrrilll, mnr die treindrywer? Rol wiele rol, en ons sakke word vol!!

Nic ·

Hoe anders Sy het by Zuma geleer dat jy wegkom met sulke skelm streke

annie ·

… en Sisulu se ambisie is glo om misdrywe uit te roei? Sy glo duidelik sy is ‘n onaantasbare prinses… pappa se dogter…

Daniel ·

Skaamteloos! Sy het ‘n groot chip op haar skouer wat haar laat dink sy kan maak soos sy wil en basta die res!

Frank John ·

Hulle melk die koei tot dit uitgemelk is en niemand gee om vir die koei nie. Die arme ding moet maar gee of dit kan of nie.

Strandloper ·

Sjoe…moenie dit so letterlik op vat nie. Ek weet ons bly in Afrika…

Grassie ·

Ek kan nie glo dat selfs die hopelose ANC hierdie vrou se uitspattighede toelaat nie. Die land is waarlik op ‘n afdraande pad met sy ruggraatlose president.

Pietertjie ·

Diefstal, bedrog en korrupsie ken geen perke nie. En dit gaan aanhou totdat daar niks meer oor is nie. Niks gaan dit stuit nie. Onthou maar hierdie kommentaar.

Snowball ·

Gewetenloos en geldhonger. Kan nooit genoeg ‘consume’ nie, wil net meer en meer inpalm, terwyl hulle bydrae simpel en onnoemenswaardig is – dis hoe alles verkwis word en rykdom en bronne in enige vorm soos water deur hulle vingers glip.

Jr ·

Aagh niks skade nie. Sy sal nou geskyf word na haar seventy fifty and sixty forty ninty two and twenty dept waar sy nog n failure kan op haar kerf vir mislukte dept wat sy opgeneuk het sit

Mariana ·

Die Sisulu is net so skuldig. Sy is arrogant. Is daar in die hele ANC 1 eerlike kader, net 1? Nee daar is geen. Almal daar vir eie gewin. Dit maak mens siek hoe hulle hul vergryp.

KB ·

Daar is sovéél sake nou al teen die ANC met hul korrupsie, dat die ANC eintlik moet ontbind as regmatige optrede teenoor die land en sy inwoners.
Ramaphosa se pogings om korrupsie hok te slaan is flou en onaanvaarbaar in hierdie verband.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.