Sit koloniale en apartheidstandbeelde in Museum van Skande, sê minister

Die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria (Foto: Verskaf)

Standbeelde uit die koloniale en apartheidstyd moet in ‘n nuwe Museum van Skande geplaas word, soos wat Rusland met standpunte uit die kommunistiese era gedoen het, het die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, Donderdag in die parlement gesê.

Mthethwa het tydens ‘n erfenisdagdebat in die Nasionale Raad van Provinsies gesê die Museum van Skande, wat byvoorbeeld standbeelde van Wladimir Lenin bevat, is baie gewild by veral oorsese besoekers, en so ‘n Museum van Skande kan ewe gewild by buitelandse besoekers aan Suid-Afrika wees.

Volgens Mthethwa is nie alle geskiedenis werklik erfenis nie. Hy het die verwydering van die borsbeeld van oudpres. CR Swart voor die polisiehoofkwartier in Durban met genoegdoening in herinnering geroep.

Die minister het gesê die suksesvolle voorkoming van pleknaamveranderinge wys dat enige rewolusie teengestaan sal word deur teenrewolusionêre magte. Hy meen ook die proses van openbare raadpleging rem transformasie, en dat ‘n eenvormige beleid deur alle provinsies gevolg moet word.

Hy is teengespreek deur die DA-LP Willie Aucamp, wat gesê het dit sou ‘n fout wees om enigeen se erfenis te ignoreer of in temaparke te plaas, want ons almal is trots op ons voorouers. Niemand moet toelaat dat radikales die land se inwoners verdeel nie, en die besluite kom die regering nie toe nie want dit sal mense net polariseer.

Aucamp het gevra dat mense moet verenig, nie verdeel nie, en dat ons veral oorweeg wat die erfenis is wat ons vir ons kinders agterlaat.

Namens die ANC het Elleck Nchabeleng gesê Afrika-erfenis word ondermyn, soos die ontdekkings die afgelope eeu by Mapungubwe duidelik aantoon. “Ons erfenis moet die gemeenskap reflekteer wat ons wil wees. Ons kan nie ‘n standbeeld van dr. HF Verwoerd by die ingang van Robbeneiland oprig nie,” aldus Nchabeleng.

Hy het gevra dat meer klem op die rol van vroue in die Suid-Afrikaanse erfenis geplaas word, byvoorbeeld Charlotte Maxeke en die reënkoningin Modjadji.

Namens die DA het Mbulelo Bara gesê dit help nie veel die ANC probeer erfenis bevorder terwyl ANC-bedrog kunstenaars verarm nie. Wat belangrik is, is wat ons saambind, ons gedeelde en ons individuele erfenis, verenig in ons diversiteit.

Mmabatho Mokause (EFF) het gesê dit is tyd dat die ANC, wat wit meerderwaardigheid onderskryf, trots raak op swart erfenis. Sy het voorspel swart mense sal hul eie erfenis skep met die oorname van grond en minerale.

Fanie du Toit (VF Plus) het ʼn vurige toespraak afgesteek waarin hy gesê het mens moet trots wees op wat jy is – ook op jou ras, wat jou ras ook al is. Hy is trots daarop dat hy wit is, ‘n man is, ‘n Afrikaner is en ‘n Suid-Afrikaner is. Hy het sy voorvaders in herinnering geroep wat met die een hand op die ploeg en die ander op die Bybel ‘n toekoms gebou het en gesê hy kan in sy taal lag, sing, liefhê en veg, en dat Afrikaner-voorvaders ook bloed gesweet het onder verdrukking. Du Toit het LP’s daaraan herinner dat ons nalatenskap aan ons kinders ons erfenis vorm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Nie Verbaas ·

Se n totaal onbevoegde Mthethwa. Die hele ANC hoort in n museum van skande.

groenboer ·

Ja, hulle kan nie eintlik vingers wys wanneer dit kom by skandes maak nie… :-)

Andre ·

Museum vir skande…die regering maak boeke vol van skande en kan nie met die verlede wil vergelyk nie.Ons sal al die verwoesting,misdaad en korrupsie ook eendag kan vir die wereld wys met trots geborg deur die ANC en “our people”

Johanncb ·

Geagte Mnr Minister, hierdie is deel van my, ‘n Suid-Afrikaans gebore burger, se nalatenskap en geskiedenis. Ek stem geensins met u redenasie saam nie!

Nic ·

verwyder dan ook die bomplanters se standbeelde na n GROOT skandepark op robbeneiland

Nie Verbaas ·

Pasop meneer, as jy standbeelde in n museum van skande wil sit is die kans groot dat n beeld van jou dalk langs oom Paul opeindig.

Cherokee ·

Standbeeld van Hendrik French Verwoerd, wat beplan het om tuislande te stig sodat elke nasie dieselfde onafhanklikheid kon ontwikkel waarvoor Afrikaanse kommentators nou vra, in ‘n Museum van Skande, en standbeeld van Shaka, wat duisende swartes vermoor het, in ‘n museum van helde. Ek woon toevallig op ‘n plek wat na Shaka vernoem is, ten spyte van die moordenaar wat hy was.

Oujongvrou ·

Welkom terug Cherokee. Jy lewer ten minste kommentaar op n sinvolle manier. Ek stem hier saam met jou. En wil byvoeg dat hierdie regering nou baie standbeelde sal moet begin maak vir al die skandes wat hulle pleeg.

Cherokee ·

Baie dankie vir jou ondersteuning, Oujongvrou. Jy lees altyd lekker. Ek lief jou kommentare. Wat skandes aanbetref, swak geheue en onkunde spel ‘n groot rol. Daar is (dink ek) steeds witmense wat Mandela bejammer vir sy lang tyd in ‘n tronk, terwyl hulle nie weet dat hy sy eie tronkstraf verleng het, deur te weier om Umkhonto we Siswe se geweld af te sweer. Martelaar gespeel. Mense wat nie weet dat Mandela self ‘n (indirekte) moordenaar was, dmv winkel- en stasiebomme. Maar, terug na museums van skandes en museums van helde, waardes verskil. Nie eens die ma van Stompie Seipei se ma sal kan besluit in watter een van die twee museums antie Winnie se (s)tandbeeld moet staan nie, al het Winnie tande gehad wat kon byt.
https://www.newspulseonline.com/stompie-seipeis-mother-i-dont-believe-madikizela-mandela-was-involved-in-murder/

… miskien sal ek eendag, wanneer ek in die bui is daarvoor, julle vertel watter drama die inhegtensname van Nelson Mandela, my besorg het.

Anel ·

Ons seun is ‘n klomp jaar terug uit die Geskiedenis klas gejaag toe hy vir die onderwyseres sê maar Mandela was’ n terroris en moordenaar.

Persheks Adri ·

Regtig waar? Jy’s kleinlik word groot asb! Ons is nie oor see nie dis SA

twaalfboor ·

Dis net rassiste wat so redineer. Dan moet ons maar mandela se standbeeld ook in die museum van skande sit.

Anoniem ·

Mandela se standbeeld kan gerus Robben Eiland toe gestuur word.

Jan ·

Ons sal nie graag ons trotse erfenisherinneringe saam met dié van die ANC skandes wil bewaar nie.

Gerrie ·

Wat van alle heenwysings na die grootste massamoordenaar van sy eie (swart) mense in die SA geskiedenis – Shaka?

Keelvol ·

As ek so na stand van sake in die land kyk, dink ek ou mthethwa moet mooi dink voordat hy van skande praat. Want die afgelopen *25 jaar spreek boekdele.

MakersMark ·

Solank terroriste, kerk straat bomplanters, VBS bankrowers, staatskaping gupta broeders, Eskom plunderaars, SAA plunderaars, covid PPE tenderpreneurs, esidimeni health fiasco argitekte en “necklace”moordenaars se standbeelde ook in die skande parkie pryk is dit reg so.

Mallie ·

Se ek ook, dan sal daar plek wees vir Mandela en al die ander korrupte kaders.

BEA ·

Dan moet Malema, Zuma en Mandela ook daar gesit word, hulle is almal n skande in my oe!!!

christo ·

Al die ANC korrupsie klublede hoort in ‘n museum van skande. Cyril Ramaphosa hoort op ‘n troontjie want hy is ‘n president met voete van klei. ‘n Leier wat nie sy dreigemente t.o.v. korrupsie kan uitvoer nie.
Die ANC is só bang vir ‘n volkstaat, want dié sal suksesvol bestuur word, betee as wat die rewolusionêre ANC en EFF ooit sal van kan droom.

Hendrik ·

Minister……los jy maar ons standbeelde uit. Die land behoort aan ons almal, en jy het nie die reg om oor skande te praat nie. Haal eers die splinter uit jou eie oog voor jy probeer om die balk uit ons oog te haal.

Cherokee ·

Die spreekwoord werk eintlik andersom (betreffende die balk en splinter).

Kokerboom ·

Mnr die Minister(titel van geagte is jy nie werd) dit moet hartseer en senutergend wees as jy besef dat jy nie ‘n geskiedenis het waarop jy gevoplglik nie enige vorm van toekoms kan bou. Dus die toestand van die land. U sinnelose uitsprake word met minagting verwerp. Nie jy of jou klomp korrupte kaders of jou party gaan die Afrikaner en ander redelike bevolkingsgroepe in di8e land ontsê van ons/hul geskiedenis en alles wat eie en dierbaar is . Hier gaan jy en die wat soortgelyk dink ‘n yslike toets dop!

Sonneblomkind ·

Wel liewe Mnr Minister dit is deel van my bloex en familie ek stem gladnie saam nie. Julle maak meer skande met bedrog en korrupsie

Dirk Mostert ·

Die reenboognasie is en was nog altyd ‘n illusie. Deur die geskiedenis van ‘n bevolkingsgroep te ontken of af te kraak word nie harmonie tussen bevolkingsgroepe bevorder nie. Mthethwa bevorder die teenoorgestelde. Hier is ‘n geleentheid vir die S.A. Heritage Association om sy bestaan te probeer regverdig.

ES ·

Dis lagwekkend dat hulle standbeelde wil veroordeel en “wegsteek” terwyl hulle korrupsie so openlik oopgevlek word, maar dit nie sien as ‘n “skande” nie.

Nic ·

Es jy is reg ek sal my vrekskaam as ons so korrup was kyk hoe ly SA na 1994

Erik ·

Apartheid was verseker ‘n skande, maar die geskiedenis kan ongelukkig nie uitgevee word nie.

Nic ·

dit is jammer om te sê .maar wie bevorder rasisme beslis nie nie die blankes nie anc moet begin regkom

Jacobus ·

Mr Mthetha, oh my goodness. This sounds so much like the Empire. Strikes Back. If we start now and start building a theme park for looting cadres we might finish in fifty years. Personally I would rather start building schools, hospitals, flushing toilets and rebuild infrastructure being destroyed by people. Stop deflecting the attention away from your looting binges and BUILD.
Your current track record my find itself in ICJ sooner than you think.

Persheks Adri ·

Julle is die grootste ramp en skande vir ons!!! Julle krap nou waar dit nie jeuk nie

Anoniem ·

Mnr Mtethwa ek plaas eerder my beelde uit die Koloniale tydperk in my agter[plaas voordat ek ANC gemors beelde oprig!!!

Antoinette ·

Hy kry nie genoeg aandag nie – nou probeer hy net belangrik voorkom. Hy weet hy is nie.

Magda ·

mmmmm – so oor 20+jare is daar n MUSEUM wat die volgende gaan wees – MEES KORRUPTE / KOMMUNISTE / TERRORSITE / RASSISTIESE REGERNG IN DIE WERELD (SUID AFRIKA SE ANC (AALL NATIONAL CRIMINALS) REGERING) en al julle standbeelde sal dan daar ingesit word – KAN NIE WAG NIE.!!!!! Apartheid was verkeerd, maar EK mis die eerlike / skoon / veilige / ekomomies Sterk regering wat ons gehad het, julle ANC kom nie eers HULLE OU skoene NA nie.

Mariana ·

Solank ons standbeelde net nie saam met ANC skande standbeelde gesit word nie. Daar sal nie genieh plek wees vir die Mandela en Kie standbeelde nie. Net te veel van hulle. Skande, gaan kyk in die spieël. Jy is self nie so “leliewit” skoon van skandes nie mnr die minister. Vee voor jou eie deur van skande. Skandes is volop in die ANC gelederes. SKANDE!!!

JohanR ·

En dan as ons na enige beelde in Suid Afrika kyk, dan kyk ons net al die tyd orals in Nelson Mandela se bakkies vas! Soos in Irak waar jy orals net in Saddam Hussein en Muammar Gaddafi se bakkies seker moes vas kyk? Het die ou Nathi Mthethwa nou sy hoed in die kring gegooi vir volgende president!

Anel ·

Ons is nie Rusland nie. Hulle skandepark gaan oor die komuniste. Hulle het weggedoen met komunisme. Ons was ‘n demokrasie waarmee daar nou so vinnig weggedoen word ten gunse van komunisme. So nou verstaan ek nie, in een land is komunisme verkeerd maar hier by ons is dit reg!

lodewyk ·

En daar praat die nar weer-hy kan maar noem skande-ons is trots op ons geskiedenis-ja apartheid was verkeerd maar wat doen hulle nou?? -moenie twak kwyd raak nie,gaan kry eerder SA sport reg en bepaal jou by jou werk!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.