Sithole-moord: ‘Ek was kwaad’, sê beskuldigde

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met foto's van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto's is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met foto’s van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto’s is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

“Ek was baie kwaad en ek kan sê dit was my bedoeling om hom te steek.”

So het Mthinto Bhengu, een van die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Mosambieker Emmanuel Josias Sithole vroeër vanjaar tydens die xenofobiese geweld in Johannesburg doodgesteek het, Woensdag aan die hof gesê.

Sithole, ʼn straatverkoper, is op 18 April vermoor nadat hy geld by die beskuldigdes geëis het toe hulle glo sigarette en lekkergoed by sy stalletjie geneem het sonder om daarvoor te betaal. Die aanval het in Alexandra plaasgevind en is deur die Sunday Times-fotograaf, James Oatway, met sy kamera vasgevang.

Bhengu (22), Sizwe Mngomezulu (20), Sifundo Mzimela (21) en ʼn minderjarige het almal skuld ontken op aanklagte dat hulle Sithole beroof en vermoor het. Landdros Lucas van der Schyff het Woensdag Mngomezulu vrygespreek nadat hy bevind het hy was slegs ʼn omstander en het nie deelgeneem aan die aanval op Sithole nie.

Bhengu het aan die hof gesê hy was saam met die minderjarige en Mzimela. Hulle het die vorige aand gaan drink en was almal besope. Hy het gesê hy het stilgestaan om te urineer. “Ek het geluide gehoor en gesien hoe [die minderjarige] en Mzimela deur [Sithole] met klippe geslaan word. Hulle het weggehardloop,” het hy gesê.

“Ek het [Sithole] gevra wat aangaan. Hy het my met ʼn baksteen in die maag geslaan. Ek het geval en gesien hoe [Sithole] ʼn mes uitpluk.” Bhengu het gesê Sithole het weggehardloop en hy het agter hom aangehardloop. In die hardloop het hy ʼn mes by een van die stalletjies gegryp. Toe hy uiteindelik vir Sithole inhaal, het hy hom met die mes gesteek in ʼn aanval van woede.

Bhengu het gesê sy bedoeling was om wraak te neem oor Sithole hom met die baksteen geslaan het. Jacob Tloubatla, die staatsaanklaer, het aan Bhengu gesê hulle het geen rede gehad om Sithole aan te val nie en het dit bloot gedoen as deel van hul rooftog. “Julle bedoeling was om die oorledene aan te val sonder enige uitlokking.”

“Ek was kwaad. Ek neem aan die alkohol het ook ʼn rol gespeel,” het Bhengu gesê.

Die minderjarige, wat ook in die getuiebank was, het aan die hof gesê hy het een sigaret en twee lekkers by Sithole se stalletjie geneem. Hy het gesê hy het die items gevat omdat die eienaar van die stalletjie nie daar was nie. Hy beweer hy het daarna vir Sithole met ʼn baksteen gesien en weggehardloop.

Tloubatla het aan hom gesê ʼn getuie het aan die hof gesê dat hy en sy medebeskuldigde die sigarette met geweld van Sithole afgeneem het. “Julle het alkohol oor sy kop uitgegooi en hom met dieselfde bierbottel geslaan.” Die minderjarige het volgehou dit was nie wat gebeur het nie.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

vermeende ·

Oo, hy was kwaad!
Beteken dit ek mag nou reg in eie hande neem oor die moorde op ons wit mense?

Maryna ·

Nee kyk, nou het ek alles gesien… Staan en neem foto’s van ‘n moord? En die fotograaf het nie gedink die man het dalk hulp nodig nie? Sal sekere dinge ook nooit verstaan nie, miskien is ek eenvoudig, ek weet nie. Dis hartseer dat ons land se mense meer omgee vir die sensasie as ‘n ander persoon se lewe.

Johannes Meintjes ·

Vanuit ondervinding sou ek wou meen dat ‘n skynbare tendens van emosionele onvolwassenheid in sekere kultuurgroepe nogal heelwat probleme veroorsaak in samewerkings tussen kulture of in multi-kulturele gemeenskappe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.