Sithole-moord: Gedenkdiens vandag gehou

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met foto's van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto's is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met foto’s van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto’s is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

Die Stad Johannesburg en die SA Raad van Kerke hou Woensdag ʼn gedenkdiens vir die Mosambieker wie se mesdood in ʼn straat in Alexandra op kamera vasgevang is.

Parks Tau, burgemeester van Johannesburg en Graca Machel, voormalige president Nelson Mandela se weduwee en ook ʼn Mosambieker, sal die diens by die East Bank-saal bywoon.

Emmanuel Sithole (35), ʼn straatverkoper van sigarette, is deur vier verdagtes met ʼn mes aangeval nadat ʼn rusie ontstaan het toe hulle van sy produkte geneem het sonder om daarvoor te betaal. Foto’s van Sithole wat aangeval word en bloeiend langs die straat lê, het ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak.

President Jacob Zuma het Maandag gesê dat Sithole ʼn vals naam gebruik het omdat hy ʼn onwettige immigrant was. Sy regte naam is Emmanuel Josias.

Daar word gespekuleer dat Sithole se moord deel vorm van die xenofobiese geweld wat vir weke in Durban en Johannesburg gewoed het, maar sy naam is nie by die amptelike dodetal van die geweld gevoeg nie. Sewe mense is tydens die xenofobiese aanvalle doodgemaak – drie Suid-Afrikaners en vier buitelanders.

Vier mense is in hegtenis geneem vir Sithole (Josias) se moord. Sifiso Mzimela, Amanda Sibiya, Sizwe Mngomezulu en Mthinti Bhengu sal op 4 Mei weer in die hof verskyn om na verwagting aansoek om borgtog te doen.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek wonder wanneer gaan die SARK daaraan dink om n gedenkdiens te hou vir die blankes in SA wat so wreed vermoor word. Graca Machel is n Mosambieker wat haar lewe geniet hier in SA met geld wat Mandela haar laat erf het . Dit wys jou net dat die lot niks vir ons blankes voel nie.

jaycee ·

Geweld, geweld. SA is deurdrenk daarvan. Hoekom hierdie geweld? Daar is seker baie antwoorde hierop en ek glo ‘n holistiese siening is nodig om ‘n oplossing te vind. Maar soos een betoger gesê het in die geweld wat in Baltimore in die VSA uitgebreek het: “I see no shame in being violent to be heard,” she said. “Because if you can’t do it peacefully then what other option do you have?” Mense se behoeftes word deur die owerhede geïgnoreer en burgerlike frustrasie bereik kookpunt.

CHRISTA ·

Glo julle dat die dodetal net 7 is? Onthou: ons regering moet nog Graad 3 (laerskool) se wiskunde slaag!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.