Sithole-moord: Verdagtes sê dit was selfverdediging

Die vier beskuldigdes in die Emmanuel Sithole-saak. Foto: SAPD

Die vier beskuldigdes in die Emmanuel Sithole-saak. Foto: SAPD

Die vier persone wat daarvan beskuldig word dat hulle die Mosambiekse straatverkoper Emmanuel Sithole vermoor het, voer aan dit was uit selfverdediging, het hul prokureurs Dinsdag aan die Johannesburgse landdroshof gesê.

Mthinto Bhengu, Sizwe Mngomezulu, Sifundi Mzimela en ʼn 17-jarige seun staan tereg op aanklag van moord en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig in verband met die aanval op Sithole tydens xenofobiese geweld twee maande gelede in dele van Suid-Afrika.

Tshege Ntake, vir Bhengu en die minderjarige, het aan die hof gesê sy kliënte sal ontken dat hulle Sithole doelbewus aangeval het. Bhengu voer aan Sithole het hom aangerand toe hy die minderjarige wou help nadat Sithole die tiener aangeval het.

Ntake het gesê sy kliënt het ʼn mes by die groenteverkoper Fabian Gomez se stalletjie gegryp om homself teen Sithole te beskerm. “Beskuldigde een [Bhengu] het ʼn operasie aan sy maag gehad. Hy het op die grond geval nadat die oorledene [Sithole] hom in die maag geslaan het. Hy het opgestaan en ʼn mes gegryp om hom te verdedig,” het hy aan die hof gesê.

Gomez, ʼn tweede staatsgetuie, ontken Ntake se weergawe van die gebeure. Hy het vroeër getuig dat die vier beskuldigdes sigarette by Sithole gegryp het sonder om daarvoor te betaal en hulle het hom daarna aangerand toe hy die sigarette teruggeëis het.

Sithole is met ʼn mes gesteek en met ʼn stuk gereedskap aangerand, het Gomez aan die hof gesê.

Volgens Ntake sal Bhengu getuig dat daar nooit ʼn punt was waar Sithole aangerand of met die mes gesteek is nie. “Hy het slegs die mes gebruik om hom bang te maak,” het hy gesê.

Ntake het ook gesê dit is nie waar dat die minderjarige ʼn bierbottel gedra het nie. “Hy sal getuig dat hy nooit bier op Sithole uitgegooi het of hom met ʼn bottel geslaan het nie. Hy het nie ʼn bierbottel by hom gehad nie.”

Vhonani Matshidza, vir Mngomezulu en Mzimela, het gesê die stuk gereedskap waarna Gomez verwys, was van ʼn nabygeleë straattegnikus en Mzimela het dit ook gebruik om homself te verdedig. “Beskuldigde vier [Mzimela] sal getuig dat die oorledene [Sithole] hom met ʼn baksteen geslaan het toe hy probeer bepaal het waaroor die bakleiery handel. Hy het ʼn skroefsleutel by die tegnikus gegryp om homself te verdedig.”

Gomez het net sy kop geskud. “Ek het nie die gebeure gesien soos wat die prokureur voorhou nie. Ek het gesien hoe die beskuldigde die skroefsleutel uit sy broek haal om Emmanuel aan te rand.”

Volgens Matshidza was Mngomezulu nie naby die toneel toe die bakleiery begin het nie.

Landdros Lucas van der Schyff het die saak tot 10 Julie uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Emmanuel Sithole op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit lyk vir my so al asof hul nie weet van die foto’s/video ?
Wat ‘n voorreg om prokureurS te hê. Ek kan nie eers EEN bekostig.

tina ·

Meeste prokureurs is daar om skuldiges los te lieg. Vir geen oomblik glo ek dat hierdie VIER hulle self moes verdedig teen EEN (Sithole wat nou dood is). “Die mes gebruik om hom (Sithole) bang te maak”. Ja…ne? Gaan vertel dit vir die man in die maan. Julle is baie dapper en kom in getalle, wanneer julle jul vieslike dade van roof, moord,aanranding, verkragting pleeg. Hy is nou dood en kan homself nie verdedig maar op die einde sal geregtigheid wel geskied (almal, inkluis die prokureurs wat moet lieg) al is dit nie hier op aarde maar eendag voor die troon van God waar hulle hul loon sal ontvang. Hoop die regter wat hieroor sit sal geregtigheid laat geskied.

Swanna ·

Eronies. Nooit is hulle die skuldiges nie. Dit is seker ook self verdediging wanneer daar plaasmoorde gepleeg word. Lafaards is hulle. Vier persone wat een man aanval, dan noem hulle dit selfverdediging. Die prokureurs wat hulle het is net so vals soos hulle self.

Riaan ·

Hulle weet hulle is skuldig nou lieg hulle om daar uit te kom.Die landdros ken al die stories en is nie n aap nie.Gaan hulle nog lekker vas lieg as die prokerower,hulle vas vat in die hof.

scalla ·

Lafaards, vier teen een, dis mos hoe hulle opereer, hulle gaan in elk geval hul vas lieg.

Berhalet Beukes ·

Net in SA sal ‘n prokureur aanvoer dat vier teen een selfverdediging is!

CHRISTA ·

Daardie prokureurs moet net onthou: hulle het ook familie en vriende en as soortgelyke kriminele HULLE eendag aanval of vermoor, moet hulle dit ook maar aanvaar as ‘selfverdediging’!!!

Winston ·

Kan net saamstem ja. Innocent until proven guilty werk nie meer in SA nie. Vierrrr teen een? Net soos Zuma uit selfbeskerming n plek soos Nkandla gebou met geld wat hy NIE VERDIEN NIE!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.