Sithole-moord: Vier verdagtes in hof

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met foto's van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto's is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met foto’s van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto’s is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

Die verhoor van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Mosambieker Emmanuel Sithole vermoor het, is Maandag in die Johannesburgse streekhof uitgestel.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel om die verdediging se nuwe regsverteenwoordiger, Tshege Ntake, kans te gee om sy kliënte te raadpleeg.

Mthinto Bhengu, Sizwe Mngomezulu, Sifundi Mzimela en ʼn 17-jarige seun word aangekla van moord nadat hulle Sithole glo in April op ʼn sypaadjie in Alexandra doodgesteek het.

Maroela Media het vroeër berig grafiese foto’s van Sithole wat aangeval word het op die Sunday Times-koerant se voorblad verskyn en kort daarna soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei. Sithole se moord het in die tydperk gebeur toe ʼn vlaag xenofobiese-voorvalle reg oor die land gebeur het.

Mngomezulu en Mzimela is op 18 Mei borgtog in die Alexandra-landdroshof geweier. Bhengu en die minderjarige het nie om borgtog aansoek gedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.