Sithole-moordenaars hoor dalk vandag hul lot

Argieffoto

Argieffoto

Die vonnis van die twee mans wat verantwoordelik is vir die dood van Emmanuel Sithole sal na verwagting Maandag in die Johannesburg-landdroshof gevel word.

Sithole is op 18 April 2015 in Alexandra, Johannesburg, aangeval en met ʼn mes doodgesteek. Die aanval het plaasgevind in ʼn tyd toe xenofobiese aanvalle aan die orde van die dag was. Sithole was ʼn Mosambiekse burger.

In November is Mthinta Bhengu en Sifundi Mzimela skuldig bevind op aanklagte van moord en diefstal, terwyl ʼn minderjarige skuldig bevind is aan diefstal.

Landdros Lucas van der Schyff het Vrydag die skuldiges se karakterverslae ontvang wat deur maatskaplike werkers saamgestel is.

In die verslag word Bhengu as iemand met ʼn “kort humeur” beskryf. “Daar is ʼn moontlikheid dat hy gerehabiliteer kan word. Hy toon ook tekens van onvoorwaardelike berou en is gewillig om werk te soek,” lui die verslag.

Mzimela word in die verslag beskryf as iemand wat hom wangedra en alkohol en dagga gebruik. “Hy toon tekens van berou oor Sithole se dood.”

Lees alle vorige berigte oor Emmanuel Sithole op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gatvol ·

En hier kom hulle alweer weg met moord. Sulke mense rehabiliteer nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.