Sithole se moordenaar gevonnis

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met foto's van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto's is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

Die voorblad van die Sunday Times van 19 April 2015 met foto’s van die aanval op Emmanuel Sithole. Die foto’s is deur James Oatway geneem. Foto: http://www.thepaperboy.com/

Mthinta Bhengu, die man wat die Mosambiekse straatverkoper, Emmanuel Sithole, ten aanskoue van ooggetuies met ʼn mes doodgesteek het, is Maandag in die Johannesburg-landdroshof gevonnis.

Bhengu is tot 17 jaar tronkstraf gevonnis vir die opspraakwekkende moord wat deur James Oatway, ʼn Sunday Times fotograaf, op kamera vasgevang is.

Sithole (35) is op 18 April 2015 helder oordag in Alexandra doodgesteek te midde van die xenofobiese geweld wat in daardie tyd dwarsoor die land gewoed het.

Landdros Lucas van der Schyff het Maandag gesê Bhengu is ʼn gevaarlike man wat ʼn gevaar vir die samelewing inhou. Hy het die moord in sy uitspraak as “sinneloos, brutaal en onnodig bestempel”.

Sifundo Mzimela, Bhengu se medepligtige, is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord. ʼn Derde beskuldigde, wat ten tyde van die voorval ʼn minderjarige was, is vrygelaat en sal vir die volgende drie jaar deur ʼn maatskaplike werker gemonitor word.

Lees alle vorige berigte oor Emmanuel Sithole op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Klaas ·

Wat n belaglike vonnis. Dit se moor maar jy sal ni lank tronk toe gaan ni!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.